10,75 x 68 Oberndorf Mauser
-
JoevR
- Full Member

- Posts: 218
- Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm
10,75 x 68 Oberndorf Mauser
Hier is 'n paar foto's van my A tipe Oberndorf Mauser, vervaardig in 1932.
Die geweer:
[img width=560 height=117]http://i285.photobucket.com/albums/ll49 ... G_6147.jpg[/img]
BUGN Proefmerk en Reeksnommer:
[img width=560 height=373]http://i285.photobucket.com/albums/ll49 ... G_6150.jpg[/img]
Klein Mauser Banner:
[img width=560 height=373]http://i285.photobucket.com/albums/ll49 ... G_6151.jpg[/img]
Klappiesvisiere:
[img width=560 height=373]http://i285.photobucket.com/albums/ll49 ... G_6152.jpg[/img]
Die geweer groepeer heel skaflik.
3 Skoot 25 mm groep:
[img width=560 height=326]http://i285.photobucket.com/albums/ll49 ... 0006-2.jpg[/img]
3 Skoot 13 mm groep:
[img width=560 height=320]http://i285.photobucket.com/albums/ll49 ... an0007.jpg[/img]
3 Skoot 10 mm groep:
[img width=560 height=435]http://i285.photobucket.com/albums/ll49 ... an0008.jpg[/img]
Groete
Joe

6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 10,75 x 68 Oberndorf Mauser
Het nog altyd gehoor hoe swak kaliber dit is/was. As mens na die ballistiek kyk is dit perfekte buffelkos en met (ordentlike) soliede koeel genoeg vir enige olifant.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
JoevR
- Full Member

- Posts: 218
- Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm
Re: 10,75 x 68 Oberndorf Mauser
Tripodmvr, ek stem. Die volgende foto's kom uit George Michael se boek "African Fury", Maart 1954. George Michael het 'n wapenwinkel besit in Pretoria. Miskien sal die ouer garde hom onthou. Sy keuse was die 10,75 x 68 Oberndorf Mauser.
[img width=560 height=398]http://i285.photobucket.com/albums/ll49 ... 0009-2.jpg[/img]
[img width=560 height=467]http://i285.photobucket.com/albums/ll49 ... 0010-2.jpg[/img]
Groete
Joe
[img width=560 height=398]http://i285.photobucket.com/albums/ll49 ... 0009-2.jpg[/img]
[img width=560 height=467]http://i285.photobucket.com/albums/ll49 ... 0010-2.jpg[/img]
Groete
Joe
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
-
JoevR
- Full Member

- Posts: 218
- Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm
Re: 10,75 x 68 Oberndorf Mauser
Dankie Willem. Ek het die afgelope seisoen 'n blouwillebees geklop met die geweer. Plankdwars, op die blad, die 350 gr Woodleigh was regdeur.
Die geweer se blou afwerking is 95 % weg, en daar is maar pitmerke hier en daar. Moet ek die geweer herblou of nie?
Groete
Joe
Die geweer se blou afwerking is 95 % weg, en daar is maar pitmerke hier en daar. Moet ek die geweer herblou of nie?
Groete
Joe
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
-
blaser
- Hero Member

- Posts: 1609
- Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm
Re: 10,75 x 68 Oberndorf Mauser
wat sal so geweer werd wees
- axe942
- Full Member

- Posts: 152
- Joined: Mon Sep 12, 2011 6:11 pm
Re: 10,75 x 68 Oberndorf Mauser
Sjoe, dis baie mooi Joe !
Hannes
9mm Vektor SP1, 12Br Beretta A300, .22 Anschutz, .243 Tikka, .308 Israeli Mauser, 8x57 Mauser
9mm Vektor SP1, 12Br Beretta A300, .22 Anschutz, .243 Tikka, .308 Israeli Mauser, 8x57 Mauser
- Geno
- Administrator

- Posts: 13644
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: 10,75 x 68 Oberndorf Mauser
Oom Joe,
Dis 'n verskriklike mooi geweer! Ek sou hom gladnie laat her-blou nie, hy't baie mooi karakter!
Dis 'n verskriklike mooi geweer! Ek sou hom gladnie laat her-blou nie, hy't baie mooi karakter!
Goed, beter, 6millimeter!
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: 10,75 x 68 Oberndorf Mauser
Joe
Mooi loop
Francois
Ek sal ook graag wil weet.wat sal so geweer werd wees
Mooi loop
Francois
-
JoevR
- Full Member

- Posts: 218
- Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm
Re: 10,75 x 68 Oberndorf Mauser
Remington, die versamelwaarde van Oberndorf Mausers hang van die volgende faktore af:remington wrote: wat sal so geweer werd wees
1. Toestand van die wapen: % oorblywende blou op staal, oorspronklike afwerking op kolf.
2. Oorspronklikheid: stem die nommers op al die parte ooreen, is slot geboor en getap vir teleskoopmontering, grendelhandvatsel aangepas, loop korter gemaak, ens. Enige verandering aan die geweer doen afbreuk aan versamelwaarde.
3. Tipe aksie: Standaard aksie is volopste. Intermedieere aksie is skaarser. Kort intermedieere aksie (Gregor Woods se "Reduced" aksie) is seldsaam. Kurz en Magnum aksies is baie skaars. Hoe skaarser hoe meer waardevol. Vierkantbrug aksies kom teen 'n premie. Dubbel vierkantbrugaksies teen 'n premie x 2.
4. Model: A, B, C, S en M (volkolf modelle), Afrika Model. B Model is die volopste. S en M is seldsaam in Suid-Afrika. Ek het nog nie 'n C gesien nie.
5. "One of a kind" Die enigste opgetekende Afrika Model op 'n Kurz aksie, kaliber in 8 x 51, is in Suid-Afrika. Daar is moontlik ander, of dalk nie!
6. "Special features": enige nie-standaard, spesiale bestelling spesifikasies soos halfrond, half agtkantige loop, vol agtkantige loop, fabriek teleskoop basisse en ringe, Zeiss of ander "period" teleskoop, spesiale "safety", gravering, hoer graad hout ens. dra by tot waarde.
Oberndorf Mausers is slegs op bestelling gebou, hetsy van indiwidue of handelaars. Ongeveer 127 000 is gebou van 1898 tot 1946. Die fabriek is toe vernietig.
Ek vroeer vanjaar na 'n B Model in 10,75 x 68 kaliber, met spesiale "Tang sight", in goeie toestand, gaan kyk by African Rifles.
Die prys was R 58 000. Bo my vuurmaakplek.
Groete
Joe
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
-
blaser
- Hero Member

- Posts: 1609
- Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm
Re: 10,75 x 68 Oberndorf Mauser
dankie maat die goed is ook my belangstelling
wat dink jy van die ander mausers wat ook daar in suhl gebou is
wat dink jy van die ander mausers wat ook daar in suhl gebou is
- Nuweseun
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm
Re: 10,75 x 68 Oberndorf Mauser
Joe, daai is voorwaar 'n stunning roer!!
Ek sal hom net so los, stem saam met Geno en nie weer blou nie. Baie baie mooi!
Groete
Ek sal hom net so los, stem saam met Geno en nie weer blou nie. Baie baie mooi!
Groete
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
-
immelmanw
Re: 10,75 x 68 Oberndorf Mauser
Ek sou nie herblou nie, deel van die geweer se mooi is sy looks, n mens kan sien hy het al gewerk!JoevR wrote: Dankie Willem. Ek het die afgelope seisoen 'n blouwillebees geklop met die geweer. Plankdwars, op die blad, die 350 gr Woodleigh was regdeur.
Die geweer se blou afwerking is 95 % weg, en daar is maar pitmerke hier en daar. Moet ek die geweer herblou of nie?
Groete
Joe
-
JoevR
- Full Member

- Posts: 218
- Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm
Re: 10,75 x 68 Oberndorf Mauser
Remington, daar is verskeie boeke oor Oberndorf Mausers. Die een wat ek eerste sal koop is "Mauser Original Oberndorf Sporting Rifles" deur Speed, Schmid & Herrmann, 1997. Wees egter gewaarsku, nadat ek hierdie boek gelees het, het ek Mauser mal geword!remington wrote: dankie maat die goed is ook my belangstelling
wat dink jy van die ander mausers wat ook daar in suhl gebou is
Die volgende aanhaling kom uit "Mauser Bolt Rifles", Ludwig Olson, Third edtion, 1988:
"Mauser Sporters by other makers: Sporters produced in Suhl
Many Mauser sporters were produced by firms other than the Mauser Co. Some of these rifles were of high quality and compared favorably with Oberndorf Mauser sporters. Others varied from excellent to only fair. Among the better ones were those produced by J.P. Sauer & Sohn, C.G. Haenel, Heinrich Krieghoff and Merkel Brothers. These firms were located in Suhl, the famous German gunmaking city."
Die name van sekere van die Suhl vervaardigers is vandag steeds met ons. Ek het al verskeie Suhl Mausers gesien. Gewoonlik is die vervaardiger se naam iewers op die geweer, meestal op die loop en ook die woord Suhl. Interessante gewere, ek het self nog nie een besit nie. Sal graag wil as ek 'n mooi een kan kry.
Groete
Joe
Last edited by JoevR on Sun Oct 30, 2011 1:45 pm, edited 1 time in total.
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7558
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: 10,75 x 68 Oberndorf Mauser
Hallo Joe
Hierdie is n pragtige geweer en n bitter interessante kaliber. Ek het al heelwat oor die kaliber gelees en stem saam dat Taylor die pot heeltemal misgesit het met swak redenasie wat aan die dag gele was deur hom.
So bye the way wat dink jy van die nuwe Mausers van vandag?
Groetnis
Wout
PS Ek sal bietjie werk aan jou herlaaitegniek, ek dink daar is plek vir verbetering!

Last edited by Wouter Roets on Sun Oct 30, 2011 9:12 am, edited 1 time in total.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
JoevR
- Full Member

- Posts: 218
- Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm
Re: 10,75 x 68 Oberndorf Mauser
Hallo Wouter, dankie vir die kompliment.
Die herlaai van die hierdie geweer was heel interessant. Die cannelure op die 350 gr Woodleigh sagte punt koeel is 'n volle 3,5 mm vlakker as op die 347 gr Stewart. Die Stewart se cannelure stem ooreen met die van RWS fabrieksammo. Ek krimp maar altyd die kalibers van 9,3 en op met die Lee Factory Crimp Die. Ek het die RWS fabrieks ammo geskiet teen 2200 vt/sek trompsnelheid, met so rapsie oor 'n duim groep op 50 meter met oop visier.
Die 350 gr Woodleigh (eintlik bedoel vir die 404) het ek geskiet teen 2400 vt/sek, 3 skote sny mekaar op 50 meter met oop visier! Daardie ekstra dopkapasiteit doen die ding, en in my 10,75 x 68 sonder tekens van druk! Dit is wanneer 'n ou die onbekende betree met herlaai eksperimente, dat jy regtig waardering kry vir Paul Mauser se geniale ontwerp van die sterk 98 aksie! Die lekker van self laai is dat die werkverrigting van sogenaamde kontroversieele kalibers soos die 458 Win Mag en 10,75 x 68 verbeter kan word.
Die nuwe M03 Mausers is indrukwekkende gewere. Die enigste moderne Mauser wat ek het is 'n Model 96 met "straight pull bolt" in 30-06 kaliber. Akkurate geweer met 165 greiners. Die "straight pull bolt" se werking is kompleks en blykbaar 'n nagmerrie om te herstel as iets fout gaan. Die gewere word ook nie meer gemaak nie.

Last edited by JoevR on Sun Oct 30, 2011 4:18 pm, edited 1 time in total.
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag