25-06 Lisensie GOEDGEKEUR!!!

Post Reply
User avatar
Heinds
Hero Member
Hero Member
Posts: 786
Joined: Thu Aug 18, 2011 2:33 pm

25-06 Lisensie GOEDGEKEUR!!!

Post by Heinds »

Geliefdes, ek wil net van hierdie geleentheid gebruik maak om die SAPD te bedank vir die 8 maande se hartseer wat nou gevier kan word met die nuus dat my lisensie UITEINDELIK goedgekeur is!  :D  :D  :D  :D

Kannie wag om lood deur die outjie te sit en kyk hoe hy perform nie!

Aanhouer wen manne, hulle lees 'n mens se emails tog!
Sako 85 6XC
Howa 22-250 Rem
Blaser R8 6.5x55
Tikka .260AI Rem
Tikka 223
Glock 9MMP
Baretta SP1 O/U
JoevR
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm

Re: 25-06 Lisensie GOEDGEKEUR!!!

Post by JoevR »

Hein, baie geluk! Watse geweer is diit? My Ruger 25-06 het van dag 1 mooi gemaak met 100 gr Sierra Matcking, 52 gr S365, CCI BR primer en Winchester doppe. Ek het die "laai resep" by 'n vriend gekry.

As jy weer geweer koop en nie kan wag nie, oorweeg 'n Artikel 21 Tydelike Magtiging volgende keer. My vinnigste goedkeuring op hierdie aansoeke was 1 week, langste 4 weke.

'n Kollega het in die afgelope week 'n nuwe lisensie in 8 weke gekry, van inhandig tot wit lisensie in die hand. Wat sal mens se, die lisensie storie is maar "luck of the draw"! As ek groot geld op 'n geweer spandeer, sal ek steeds maar die Artikel 21 Tydelike Magtiging roete ook volg.

Groete
Joe

N.S. Is jy 'n dominee? :D Of dalk Hoof Ouderling? :D
Last edited by JoevR on Sun Oct 23, 2011 5:39 am, edited 1 time in total.
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: 25-06 Lisensie GOEDGEKEUR!!!

Post by .::Alwyn-U::. »

Hi Joe

Gee asb bietjie raad oor hierdie artikel 21 storie.. My lisensie is goed gekeur maar ek wag nog vir my lisensie kaartjie. Toe probeer ek die tydelike magtiging kry vir hom maar hulle wil dit nie doen nie. Ek het n jag uitnodigings brief gestuur en so kort motiveringtjie. Nogsteeds niks.

Al wat hulle se hulle kan doen is om my naam op 'n prioriteits lys te plaas dat hy bietjie die "Que" jump en vinniger geprint word.

Ek is maar rustig oor die saak, wil hom net he teen volgende jaar se winter.

Enige raad of commentaar sal waardeur word.

Groete
Alwyn
JoevR
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm

Re: 25-06 Lisensie GOEDGEKEUR!!!

Post by JoevR »

Alwyn die Artikel 21 Tydelike Magtiging is 'n aansoek wat jy loods op SAPS 518 vorm, kyk op die SAPS se website onder Firearms. R140.00 aansoekfooi, 2 kleurfoto's + motivering omdat jy die wapen onmiddelik benodig. Sportskiet doel werk maklik.

As jou lisensie al goedgekeur is, sal ek maar wag as ek jy is. 'n "Tydelike Liksens" is 'n print-out van die goedkeuring wat jy by jou plaaslike SAPS kan kry. Vra die SAPS om die print-out te stempel. Party wapenwinkels sal jou die wapen gee met die "tydelike liksens", ander nie. Probeer is maar die beste geweer.

Groete
Joe
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: 25-06 Lisensie GOEDGEKEUR!!!

Post by .::Alwyn-U::. »

Joe

Ok ek verstaan die saak ook so! Sal maar liewer moet wag vir my kaartjie dan.

Die storie loop eintlik so, ek is van die Oos-kaap maar die roer is in die wes kaap gekoop by S&O en dit is hulle beleid dat hulle slegs n wapen sal vrylaat met die amptelike lisensie kaartjie en nie net die print out nie.

Maar ja, wat ken mens nou doen, ek sal maar moet wag vir my kaartjie.

Groete
Alwyn
User avatar
Musgrave
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 253
Joined: Tue Mar 01, 2011 12:28 pm

Re: 25-06 Lisensie GOEDGEKEUR!!!

Post by Musgrave »

Baie geluk - het self lank gewag vir my Ruger .25-06... wat `n lekker gevoel om daai meisie te gaan haal en die eerste keer skietbaan toe te neem! Geniet dit!
.22 - Brno Mod 2
.25-06 - Ruger M77 MKII VT
.30-06 - Musgrave Mod 80
.303 - Lee Enfield No.4 MK II
.375 H&H - CZ 550
12 Br - Investarm Model 200LM O/U
12 Br - Browning BPS pompaksie
9mmP - Glock 17
.38 Spl - Ruger Police Service Six
Post Reply