Mauser sneller

Post Reply
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Mauser sneller

Post by grumpy »

Ek het n 30-06 FN Mauser met K98 aksie. Ek wil weet of dit moontlik is om die sneller te kan fyner stel en hoe.

Dankie manne.
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Mauser sneller

Post by Frikkie Coetzee »

Grumpy

Jy moet bietjie meer spesifiek wees. Watter sneller het jou geweer? Timney, Thor, die ou militere een?

Die eerste twee kan stel.

Frikkie
Cradock
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Mauser sneller

Post by grumpy »

Nog die standaard sneller. Niks verander behalwe nuwe loop scope en kolf
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Mauser sneller

Post by 243Songdaug »

Grumpy - die oorspronklike snellers op mauser aksies is nie verstelbaar nie - bel? liewer in 'n Thor of verkieslik in 'n Timney sneller.

Die verskil tussen die Thor en die Timney is dat die Timney gladder aftrek as die Thor, maar as jou wapensmid vir jou die vlakke op die Thor kan poleer gaan jy nie op gevoel die verskil agterkom nie.

Groete.
Songdaug
Dont tell me, show me......
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Mauser sneller

Post by grumpy »

Dankie. Na watter tipe prys kyk ek. Ek wi nie my onderbroek en my pay betaal vir n deposit nie. :laugh:
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Mauser sneller

Post by Beyers »

Thor +- R750
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Mauser sneller

Post by Geno »

Gromps,
Timney is R1500 by S&O
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Mauser sneller

Post by spekieries »

Grumphy

Laas jaar my mauser se sneller vervang met 'n Thor sneller. Dit het my om en by R700 - R750 gekos by LA arms. Dit was 'n groot verbetering op die milit?re sneller. Ek dink dit was die moeite werd.
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Mauser sneller

Post by grumpy »

Is dit n projek wat jy self kan doen of is dit beter dat n wapensmid dit doen? Waar is die Thor teen daai prys asb en is dit net by LA Arms beskikbaar? Ek is in die Oos Rand.

Dankie
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Mauser sneller

Post by JPS »

Grumpy,

Oom Vic van HiTec Arms het so paar maande terugin die jag seisoen nog Thor snellers gehad. Hy is by Hi Tec Arms in Benoni. Dink hulle was so R650. Dis wat ek vir myne betaal het in elk geval. Werk baie mooi die snellers baie beter in alle geval as die ou .303 se militere snellers.

Groete
JP
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Mauser sneller

Post by grumpy »

Dankie. Ek ken oom Vic baie goed. Ek stuur al my nuwe skuts na hom om hulle gewere by hom te koop. Ek rig die skyfskiet af by Brandwag skool. Sal bietjie met hom gaan gesels.
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Mauser sneller

Post by Beyers »

Die uithaal van die ou en insit van die nuwe sneller is nie rocket science nie.

Die verstelling van die thor sneller moet met omsigtigheid benader word.
Post Reply