Ek het gister so geluk geslaan met n laat middag en weer vroeg oggend roep. Hierdie stel is een van daai wat lag lag koers kies net as jy begin roep of lig. Ek het hulle gate vroegmiddag gekry met die vorige aand se GPS lesings. Sommer klomp aardvark gate oor n gebied van so 2 hektaar. Ek was reg met al my dagroep kit en het teen n rand so 100m van die gate stelling in geneem. Die roeper uitgesit op 50m tussen ek en die gate. Stil gesit vir so uur en net voor skemer sien ek jakkie ronsnuffel op my spoor daar tussen die gate maar by die verste gate so 300m van waar ek gesit het. Kleinjak distress een keer stil gespeel om haar nader te kry maar sy kyk, gee net een blaf en hardloop terug na die verste gate. Ek besluit toe maar om uit my skuiling te skuif en agter die rand nader aan haar te beweeg. Daar gekom sit jakkie reg onder my voor een van die gate. Kry toe lekker leplek en skiet. Afstand so 160m. Jakkie val agter oor binne in die gat. Ek hou aan lig met die xlr250 lig tot dit donker is maar niks. Gan soek to vir jakkie kry bloed maar gat is diep. Ek pak toe maar op en gaan huis to.
Volgende oggend 4 o clock is ek weer op die selfde plek. Dis nog donker en ek gebruik maar die 250. Niks. Speel eenkeer kleinjak distress en eerste gedeelte van mooihuil halfuur later . Niks. Scan toe maar met die verkuiker soos dit lig word. Sien jakkie oor die vlaktes aangetrippel kom. Hy kom reguit na die gat waar ek die ander een geskiet het. Gee hom toe lood. Lekker doep en hy le. wag nog so halfuur en beweeg af om hom te gaan haal en gisteraand se jak te soek. Ek buk om jakkie op te tel toe lig hy sy kop en grom vir my! Ek skrik my dinges af en soek n klip, my geweer le bo op die rand! Skoot was bietjie hoog. Ek kry toe nie die aand se jak net bloed wat in die gat af gaan. Die oggend se jakkie is ouerige tefie maar sy het niks melk . Die aand se jakkals het geluik vir my soos n tefie as ek die gedrag reggelees het. Daar is definetiek kleintjies in die gate want ek het hulle gehoor en ook spore gekry. Vraag is kan n helper n ouer teef wees. Ek het altyd aangeneem dit sal een van laas jaar se kleintjies wees. Gellukig is die gate nie te ver nie so ek sal weer gaan en sien of daar nog n jakkie reun/teef is. Aangeheg is foto van oggend tefie se tande.
Groete
Alan D
Dagroep sukses
-
Alan D
- Jr. Member

- Posts: 53
- Joined: Tue Nov 09, 2010 6:23 pm
Dagroep sukses
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Dagroep sukses
Mooi Alan,
Jy werk hulle sake...
Ek het maar altyd my pistool by my.
Jakkals kry weer lood as ek daar kom en hy lewe nog.
Het n paar keer gehaad dat jakkals op vlieg en weg hardloop as ek daar kom. Dan is dit n gesukkel met die pistool en kop lamp in die donker.
Nou gaan die Mossberg met LED Lensor Flits op gemonteer en AAA's saam...
Jy werk hulle sake...
Ek het maar altyd my pistool by my.
Jakkals kry weer lood as ek daar kom en hy lewe nog.
Het n paar keer gehaad dat jakkals op vlieg en weg hardloop as ek daar kom. Dan is dit n gesukkel met die pistool en kop lamp in die donker.
Nou gaan die Mossberg met LED Lensor Flits op gemonteer en AAA's saam...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- Vosman
- Sr. Member

- Posts: 356
- Joined: Thu Aug 11, 2011 7:58 am
Re: Dagroep sukses
Mooi man Alan!
Gerhard, as jy so bewapen naderstap sal ek maar stil le as ek jak se kind is! Daai AAA laat 'n gat brand!
Gerhard, as jy so bewapen naderstap sal ek maar stil le as ek jak se kind is! Daai AAA laat 'n gat brand!
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Dagroep sukses
Ja jong,Vosman wrote: Mooi man Alan!
Gerhard, as jy so bewapen naderstap sal ek maar stil le as ek jak se kind is! Daai AAA laat 'n gat brand!
Ek is nie lus vir sukkel in die nag nie.
Moet nie n jakkals wat gekwes is onder skat nie.
Hy sal vir jou byt dat jy bid vir pouse...
Weet van een of twee manne wat moes ry vir steke...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- Biker
- Hero Member

- Posts: 812
- Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm
Re: Dagroep sukses
Hallo
Mooi Allen . Groei die vis
Groete Biker
Mooi Allen . Groei die vis
Groete Biker
-
Alan D
- Jr. Member

- Posts: 53
- Joined: Tue Nov 09, 2010 6:23 pm
Re: Dagroep sukses
Dankie Manne
Biker ons het al die vis by Luke in sy portapool. As hulle so ses duim is gaan hulle damme toe.
Groete
Alan D
Biker ons het al die vis by Luke in sy portapool. As hulle so ses duim is gaan hulle damme toe.
Groete
Alan D