.308 GMX 165gr vs GMX 150gr

Post Reply
User avatar
Benman
Full Member
Full Member
Posts: 126
Joined: Thu Aug 13, 2009 8:49 am

.308 GMX 165gr vs GMX 150gr

Post by Benman »

Middag manne

Ek wil julle mening he oor die volgende vraag wat ek het. Ek skiet tans 165gr wat is my voordeel wees om 150gr toe te gaan met die GMX van Hornady?

Groete
Bennie
Skiet raak en praat die waarheid...
User avatar
Vosman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Thu Aug 11, 2011 7:58 am

Re: .308 GMX 165gr vs GMX 150gr

Post by Vosman »

Bennie.
Jy gaan jou kooelbaan platter kry, a.g.v. die hoer spoed wat jy gaan kry. Dit is maar dit as ek so vinnig dink.
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: .308 GMX 165gr vs GMX 150gr

Post by Lourens »

Benman 'n effens platter trajek en ho?r spoed is wat jy sal behaal, in terminale prestasie behoort hulle baie dieselfe doen. Die GMX is 'n monometaal koe?l wat gemaak is om om te funksioneer teen 'n ho? snelheid en die effense ho?r snelheid wat jy met die 150gr vs die 165gr gaan behaal behoort ook vir jou goeie koe?lprestasie te lewer.

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: .308 GMX 165gr vs GMX 150gr

Post by Arnold »

Benmann

Watter kaliber gebruik jy, 308, 30-06 of 300WM? Die verskil is dalk min en dit is dalk beter om by die 165gr te bly.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: .308 GMX 165gr vs GMX 150gr

Post by Arnold »

Langloop wrote: In 'n gegewe kaliber sal identiese dryfladings 'n ligter punt vinniger lanseer as 'n swaarder punt. 
Hierdie is nie noodwendig waar nie. Jy kan wel 'n groter lading met die ligter koeel gebruik om 'n ho?r spoed te behaal.
Die kans is dat jy met dieselfde lading dieselfde spoed gaan behaal met ligter koeels en jou geweer gaan opblaas met swarder koeels  :o
langloop

Re: .308 GMX 165gr vs GMX 150gr

Post by langloop »

Dit klink reg Ludwig.  Somchem tabelle vir S365 op 'n 300WM gee die boonste grens van die spoed as 3229ft/s.  Ek self skiet met 'n 300WM en het reeds die waarde van premium punte begin waardeer.  Dit maak dat ons wat met haastige kalibers skiet voordele van 'n platter trajek met minder vleisskade kan geniet. :)
User avatar
Benman
Full Member
Full Member
Posts: 126
Joined: Thu Aug 13, 2009 8:49 am

Re: .308 GMX 165gr vs GMX 150gr

Post by Benman »

Manne

Ek skiet a frame 180gr in my 300wm. Die gmx is vir my 308 kaliber.

Ek lees verder.
Groete

Benman
Skiet raak en praat die waarheid...
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: .308 GMX 165gr vs GMX 150gr

Post by Arnold »

Langloop wrote: Somchem tabelle gee die volgende inligting vir 'n 30-06 gelaai met S365.  

150gr punt ladings vanaf 51,3gr tot 57gr. Spoed tussen 2425 en 2979ft/s.
168gr punt ladings vanaf 50,3gr tot 55,9gr.  Spoed tussen 2467 en 2845ft/s.

As die druk effek van "compressed" ladings in aggeneem word, of die feit dat sommige patrone "reduced" ladings het, sonder om die geweer op te blaas, is die inligting in onderstaande post voldoende om die beginsel te illustreer.
skuus, het ek iets gemis? Jou plasing bevestig presies die punt wat ek gemaak het???
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: .308 GMX 165gr vs GMX 150gr

Post by Arnold »

Ek sou die 150gr gebruik in die 308W. Jy gaan meer wen as met die 165gr.

Jy kan natuurlik hierdie in jou 300 ook skiet soos Ludwig en so op een koel "standariseer" (as daai n woord is)
Post Reply