Kruishaar dikte vraag

Post Reply
muishond
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Mon Jan 11, 2010 9:25 pm

Kruishaar dikte vraag

Post by muishond »

Goeie more

Kan iemand my dalk se^ of die MEOPTA MEOSTAR 4-16X44 Z- PLEX se kruishaar dunner is as die BUSHNELL ELITE 6500 2.5-16X50 FINE DUPLEX .

Watter een sal julle aanbeveel vir algemene jag, bietie skyfskiet en veral nagskiet ?
Ek sien die field of veiw is baie dieselfde, maar oor die helderheid weet ek nie.

Mooi bly
Muishond
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: Kruishaar dikte vraag

Post by klipspringer »

Hello Muishond

Jy het moontlik reeds 'n antwoord gekry, maar ek sal in elk geval my mening gee.

In beginsel is die groter objektief (50 mm teenoor 44 mm) die beter een vir nagskiet. 

Wat kruishare aanbetref is dit vir jou gebruik waarskynlik wys om van 'n Fine Plex weg te bly en miskien na 'n gewone Plex, #4 of Mil-Dot te kyk.

Albei is goeie teleskope, maar vir jou toepassing sou ek uit hierdie twee die Bushnell Elite met Multi-X of Mil-Dot kruishare kies.

Indien jy konstant gedurende die nag skiet kan jy die Meopta Meostar R1 3-12x56 met #4, 4B of Z-Plex oorweeg.

Groete

Jan
muishond
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Mon Jan 11, 2010 9:25 pm

Re: Kruishaar dikte vraag

Post by muishond »

Jan

Baie dankie , ek nog geen antwoorde gekry nie.
Is die fine plex te dun ?

Groete
Muishond
klipspringer
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Thu Dec 02, 2010 10:26 pm

Re: Kruishaar dikte vraag

Post by klipspringer »

Hello Muishond

Die Fine Plex is minder sigbaar gedurende die nag as sommige ander kruishare soos reeds genoem. Dit beteken nie dat dit onbruikbaar gedurende die nag is nie, maar slegs dat dit nie die ideaal is nie.

Dit is vir my verder voordelig om die kruishaar gedurende die nag op die eerste fokale vlak te he. 

Groete

Jan
muishond
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Mon Jan 11, 2010 9:25 pm

Re: Kruishaar dikte vraag

Post by muishond »

Jan

Ek verstaan, baie dankie.

Muishond
User avatar
Machann
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm

Re: Kruishaar dikte vraag

Post by Machann »

Hi manne. Kan ongelukkig nie baie kommentaar lewer oor watse kruishaar finer ens is.

Ek skiet nie elke jaar uit nie maar het al meer as een keer nag skiete gedoen en al alle scopes gebruik van tasco 4x40, Lynx 8x56 tot Burris 6.5-20x50 met fine duplex sovel as my my heidige Leupold VX-L 4.5-14x50 met varmint wat baie dun is. Nog nooit probleme gehad met die sigbaarheid van n kruishaar solank die lig voor die geweer bly soos dit moet. Dun kruishare dalk nie beste maar as jy dit nie weet sal jy dit nie agterkom nie. Lekker as j kruishaar nie daai twee liggies toe maak nie.

My raad is ook om van scopes wegbly met parralax vir nag skiet of skiet op maks x12 as j groot scope het want afstand skat in die nag is "nag". Klein teiken as cull so probeer soveel as moontlik sulke goed uitskakel.

Is daar rede hoekom net na die twee scopes kyk?

Groete
375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
Post Reply