KD opinie

User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

KD opinie

Post by grumpy »

Ek het by die algemeen dieselfde vraag gevra maar ek dink nie baie lees daar nie.

Ek wil weet hoe word n KD sagter gemaak.

Ek het n 30-06 met n THOR KD. Klink soos n 243 as ek skiet. Ek wil net weet of dit moontlik is om dit nog sagter te maak.

KD wat oor die loop pas en miskien bietjie dikker.

Loop wat korter gemaak word met n langer KD.

KD met meer baffles wat miskien oor die loop kan pas.

Ek vra opinies van die manne met ervaring of dit moontlik is. Ek is nie n groot ou nie en wil my dus ook nie dood dra voor ek wil skiet nie.

Ek wag en is seker daar is nog manne wat dit wil vra maar dink dit is n dom vraag so ek is dom en vra nou!  8)
User avatar
Vosman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Thu Aug 11, 2011 7:58 am

Re: KD opinie

Post by Vosman »

Hi Grumpy.
Ek is nie een van die kenners nie, maar my kd het 5-6 baffles in. Sal seker maak en laat weet.
Die skoot uit my 308 klink soos 'n hornet en ek voel hy is baie effektief.
Ek weet meeste manne op die forum gebruik Clarence se kd's, waar myne by ARMS gebou is.
Dit lyk vir my of my kd 'n kleiner deursnee het as meeste ander kd's maar hy is 'n bietjie swaarder a.g.v. die meer baffles.
Oom Grumpy, vir die gewig is my advies om jouself maar sterker te kry, by die gym of so iets dergliks!! ;D en nie die loop korter te maak nie.
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: KD opinie

Post by grumpy »

Vosman, in die weermag het ek geleer ou man push-ups doen. Jy le op jou rug en doen push-ups in die lug!  :laugh:

Ek wil weet of dit moontlik is om die 30-06 nog stiller te maak as wat hy is en as dit moontlik is wil ek weet hoe? Mens wil nie jou hele pay en jou onderbroek gee vir n deposit nie.

Ek het reeds n nuwe onderbroek gekry en gebruik nou die oue as n waslap!!  :laugh: :laugh: :laugh:
User avatar
Vosman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Thu Aug 11, 2011 7:58 am

Re: KD opinie

Post by Vosman »

Dalk moet jy vir Clarence 'n lui gee? nul agt drie 2  8  6 sewe 1 6 2
As die 30-06 klink soos 'n 243 sal jy hom verseker stiller kan maak.

Groetnis
User avatar
Nuweseun
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm

Re: KD opinie

Post by Nuweseun »

Kerels, net 'n vragie op die Terminator kd is hulle van die reflex tipe?

Dankie dankie
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: KD opinie

Post by grumpy »

Vosman, ek het hom n pm gestuur. Hy is seker baie besig want hy het my nog nie terug geantwoord nie.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: KD opinie

Post by Hein M. »

Grumpy

Hier is 'n bietjie info oor die Terminator KD's

http://www.techfund.co.za/GSCSoundSuppr ... erForm.asp

en kommentaar

http://www.techfund.co.za/GSCTheysay.asp

Baie pelle van my het hierdie kd's en is vol lof daarvoor

Mooiloop!

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: KD opinie

Post by grumpy »

Hein, ek weet Wouter het n KD van Clarence. Hy het eers die Thor gehad wat ek nou het. Ek wil weet of dit nog sater gemaak kan word of nie< Soos ek se, ek wil nie n plaas koop nie!

Dink miskien om my Thor te smous en dan die Terminator te kry.

Dankie
Johann
armour1@live.co.za
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: KD opinie

Post by Hein M. »

Johann

SJ het noudiedag sy Terminator saamgebring en ek het dit mooi bekyk.  Die kwaliteit van die afwerking en die gewig spreek boekdele.  Ek sal beslis in die afsienbare toekoms vir my 243 ook een laat opsit. 

Ek het 'n reflex KD vir my .22 wat, saam met die regte patrone, baie goed werk.  Hy klink dan soos 'n windbuks.  Ek weet dat die skroefdraad-tipe baie stiller is op die .22's (maak net 'n blaasgeluid)!

Is die reflex-tipe knaldempers vir groter kalibers beskikbaar?  En is dit doeltreffend?

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: KD opinie

Post by grumpy »

Hein, ek is maar n dom ou en vra vrae. Dink netdt meer baffles sal dit sagter wees.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: KD opinie

Post by Wouter Roets »

Grompie

Soos ek al voorheen vir jou gese het en hier is n paar ouens op die forum wat dit sal beaam is daar nie veel van n verskil as dit kom tussen die Terminator en die Thor in die klankdemping en recoil vermindering departement nie. Omdat die Thor groter volume het agv sy groter deursnee verkry hy dieselfde resutate as die kleiner deursnee Terminator al het die terminator sewe meer kamers(dit is hie Clarence dit reg kry om dieselfde klankdemping te kry uit n keiner silencer). Daar is wel n verskil in die geluid van die twee silensers met die Thor wat meer van n "ping" klank gee teenoor die Terminator se "thoeeep". Maar die hardheid van die twee is dieselfde.

Ek glo daai Thor van jou is n bietjie harder as wat hy moet wees want ek het die gaaitjies bietjie groter laat sny want hy het aan die begin geraak op my geweer. Dit is maar marginaal harder.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: KD opinie

Post by grumpy »

Dankie Wouter. Hoop dit goed daar want ons het laank laas gesels. Ek is baie, baie gelukkig met die THOR. Ek wou net weet of dit moontlik is om dit nog sagter te kry. Dit sal seker n kanon se loop wees om te gebruik as n KD!  :laugh:
Ek wou net weet of dit moontlik is om dit te kan doen. Die ouens is jaloers op my KD by die skietbaan. Die een ou vertel my daar is geen verskil maar ek dink hy is doof!
Daar was n ou wat so ent van my gele en skiet het en later toe kom vra hy my watter kaliber ek skiet. Ek het hom gese 30-06 toe se hy dit klink baie mooi. So, dit se vir my die ouens is jaloers op my KD!!!  8)
User avatar
worshond
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Thu Sep 10, 2009 3:56 pm

Re: KD opinie

Post by worshond »

Nuwe Terminator het meer baffels as die ouer boetie so hy is nog sagter as die Voriges. Clarence verbaas mens elke dag met nuwe tegnieke en idees. wonder of die man ooit kaans kry omte slaap.
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: KD opinie

Post by grumpy »

Het met Clarence gekomunikeer. Die man hoef vir niemand terug te staan nie.
Groot respek vir Clarence emm TERMINATOR!
Last edited by grumpy on Fri Oct 14, 2011 4:26 pm, edited 1 time in total.
User avatar
worshond
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Thu Sep 10, 2009 3:56 pm

Re: KD opinie

Post by worshond »

Sy nuwes het 10 Kamers.  ;D
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: KD opinie

Post by grumpy »

Ek weet ek vra baie vrae. Maar kan iemand my verwys na n foto of waar ek kan gaan kyk hoe lyk n KD. Ek wil sien hoe lyk dit, hoe werk dit en wat gebruik hulle.

Ek is te dom om dit te kan bou maar dit is altyd interresant om te sien hoe n ding werk en hoe dit gemaak word.

NB: Wie het die eerste KD gebou en hoekom? Waar het hulle met die idee vandaan gekom? Dis altyd lekker om n storie te weet van goed wat werk!
User avatar
JJVR
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 50
Joined: Thu Jan 05, 2012 4:48 pm

Re: KD opinie

Post by JJVR »

grumpy wrote: Ek weet ek vra baie vrae. Maar kan iemand my verwys na n foto of waar ek kan gaan kyk hoe lyk n KD. Ek wil sien hoe lyk dit, hoe werk dit en wat gebruik hulle.

Ek is te dom om dit te kan bou maar dit is altyd interresant om te sien hoe n ding werk en hoe dit gemaak word.

NB: Wie het die eerste KD gebou en hoekom? Waar het hulle met die idee vandaan gekom? Dis altyd lekker om n storie te weet van goed wat werk!
Grumpy.
Teen die tyd het jy al seker lankal gaan loer op die www.....maar hier is 'n link wat ek baie interressant gevind het    http://en.m.wikipedia.org/wiki/Suppressor

My eerste suppressor wat ek gemaak het vir my .22 was uit 'n kartonrolletjie soos 'n toiletrolletjie maar net dikker en langer wat oor die loop geskuif het. Briljant gewerk met sy chokes(baffles) uit hardboard en wassers...alles aanmekaar gesit met silicon.

Vir groter kalibers sal ek maar eerder laat maak as om self te probeer maak....baie meer kompressie gasse ens. Ander dag gehoor van 'n man wat se "silencer" ontplof het (243)....selfvervaardig.

Groete
JJ
.303 No5MK1 aka Jungle Carbine
.22 Remington Sportmaster.....die stil een ;-)
.177 Gamo CFX 1000 fps
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: KD opinie

Post by Jagtersdok »

NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
JJVR
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 50
Joined: Thu Jan 05, 2012 4:48 pm

Re: KD opinie

Post by JJVR »

Jagtersdaok.
Ek het gaan loer op die link en net so vinnig gelees....klink asof die ouens een of ander rekenaar speletjie speel..

Met van die punte wat hulle bespreek 1) Loop lengte, gewig 2) stelling wat gemaak word van slegs die ontploffing wat gedemp word 3) Tipe ronde wat geskiet word, kan ek saamstem.

Ek ondervind tans met die suppressor wat ek op my .22 het dat standaard rondtes baie sagter as sub-sonic is. Die klank van die projektiel kan niks aan gedoen word nie maar die ontploffing/gas wat die loop verlaat wel. Daarom dat ek verkies dat my 1ste of voorste kamer groter is as ander kamers.

Baie selfgemaakte suppressors en selfs gekoopdes het nog die "ping" omrede dit van staal gemaak word wat nie klank baie goed breek nie en die chokes/baffles ook van staal is....eksperimenteer met teflon en die noise level val aansienlik :-)
.303 No5MK1 aka Jungle Carbine
.22 Remington Sportmaster.....die stil een ;-)
.177 Gamo CFX 1000 fps
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: KD opinie

Post by Jagtersdok »

Nee ek stem

Van die designs is baie beter as ander. Ek het maar net die link daar gesit om vir Grumpy 'n idee te gee van hoe dit binne lyk

Neels
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: KD opinie

Post by grumpy »

Dankie Neels. Ek sien nou hoe lyk die ding binne.

Stuur my n pm en gee jou opinie oor watter kd is vir jou die beste en sagste. Baboonstalker maak ook nou en ek sal graag jou opinie wil hoor. Ek wil dit nie hier bespreek nie en onenigheid veroorsaak.

Ek hoor graag en sommer van Wouter ook.

Ek hoor daar is n man in ek dink Klerksdorp waat ook bou wat baie, baie sag is.

Ek hoor wat se jy daar.

Dankie vir die link.
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: KD opinie

Post by Jagtersdok »

Ek sal jou sommer nou hier s?

Op die stadium is die Terminator die goue standaard. Beter as Arms sin, Thor sin en enige van die ander wat ek al onder hande gehad het.

Ek ken vir Baboon se vakmanskap en ek dink daar kom groot surprise met uitmuntende produk, maar ek moet hom nog toets. Sal hom behoorlik deur sy passies sit

Neels
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: KD opinie

Post by grumpy »

Ek wag vir daai bobbejanspinnekop se kd opinies. My baard is al so lank soos Moses sin.~!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
User avatar
WillemS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm

Re: KD opinie

Post by WillemS »

Oom Grumpy

Wag maar so 'n bietjie, dit sal die moeite werd wees! Het vanoggend met Baboon gepraat, alle goeie goed vat tyd, maar die rook draai!!

Willem
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: KD opinie

Post by grumpy »

Willem, my g-t jeuk om die uitslae te hoor en te sien hoe dit lyk. Miskien kan Baboonstalker my n foto stuur vir n preview!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D 8)

Dankie Baboonstalker, ek dink die preview sal werk, so nie moet jy maar een die kant toe pos dat ek hom kan toets en dan die geld pos!! :angel:
Post Reply