Toffie appel

Hou dit skoon en onsuggestief, dit is 'n openbare forum en enige iets wat nie pas nie sal verwyder word.
Post Reply
Avibus

Toffie appel

Post by Avibus »

'n Man is eenkeer genooi na 'n "fancy dress party". Die probleem is omdat hy bles is en 'n houtbeen het was hy 'n bietjie onseker oor die tema en wat om aan te trek na die partyjie.

Om idees te oorweeg skryf hy toe aan 'n onderneming wat sulke kostuums uit verhuur om voorstelle. Op hulle beurt beveel hulle toe aan dat hy as 'n "pirate" aantrek en stuur vir hom 'n swaard, 'n oogklap en 'n "bandena". Hulle verduidelik toe aan hom dat hy die "bandena" oor sy bles kan trek en die feit dat hy 'n houtbeen het dit ideaal by die "pirate" image sal in pas.

Woedend skryf hy toe aan hulle terug dat hy dit nie waardeer dat hulle sy houtbeen so prominent deel van kostuum maak nie en versoek 'n alternatiewe voorstel.

Op hulle beurt stuur hulle toe aan hom 'n priester japon en verduidelik dat sy bles amper soos die van die pous lyk en die japon is so lank dat dit sy houtbeen sou toemaak.

Weereens woedend laat weet hy die instansie dat hy dit nie, waardeer dat hulle die kerk betrek by die partyjie nie en versoek to 'n ander alternatief.

Op hulle beurt stuur die onderneming toe vir hom toe 'n klein houertjie met 'n klein potjie rooi stroop en 'n sosatie stokkie,  met die volgende instruksies: " Jammer vir al die ongerief, maar neem die potjie rooi stroop en smeer dit op jou kop en veral op jou bles. Steek dan die stokkie in jou g*t en gaan na die partytjie as 'n "toffee apple"  :D
Post Reply