Kampvuur besprekings.

Post Reply
User avatar
Antonie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 96
Joined: Tue Aug 23, 2011 9:40 am

Kampvuur besprekings.

Post by Antonie »

Het al baie keer gehoor mense jag net vir biltong of vleis wat hulle kan gebruik van die bok.

My vraag is, as jy ?n bok kan dood maak/jag, hoekom is dit dan verkeer as iemand ?n leeu, luiperd of olifant skiet?

Let wel hierdie is net ?n lekker besrpeking dis nie my opinie nie.

Sal daarvan hou om te hoor wat julle ouens hiervan te s? het?

Ek gaan nog so paar ander besprekings hier sit na die een.

Cheers.
300Winmag

Re: Kampvuur besprekings.

Post by 300Winmag »

Wie s? dis verkeerd? Ek het geen behoefte om een van die 3 skiet nie, maar dankie aan die manne
wat wel doen. Hulle het die diere waarde gegee en dit maak dat daar nog van hulle is.

6 Maande terug sou ek nie eers oor weeg het om 'n jakkels te skiet - tot ek daai klein swart
lammetjie met die af bekkie gesien het. As ons pad kruis gaan die jakkels poef maak!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Kampvuur besprekings.

Post by James Wilson »

Antonie wrote: Het al baie keer gehoor mense jag net vir biltong of vleis wat hulle kan gebruik van die bok.

My vraag is, as jy ?n bok kan dood maak/jag, hoekom is dit dan verkeer as iemand ?n leeu, luiperd of olifant skiet?
wie se dis verkeerd? as dit wettig is om n dier te skiet en jy heg n waarde aan die soort jag, doen dit.  ek het geen behoefte om n olifant leeu kameelperd of renoster te skiet. maar ek het geen probleem as iemand ander so n jag geniet nie.  ek self wil weer graag n krokidil en n seekoei skiet en natuurlik n buffel.  

die gebruik van vleis is nie die enigste barometer oor wat gejag kan word nie. as ek n olifant skiet dan kan die ph vir hom met die jag se geld vleis koop en sy arbeiders kan vir hul gesinne sorg.  

die verantwoordelike volhoubare jag van diere is vir my een van die mees natuurlike dinge wat n mens kan doen.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Antonie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 96
Joined: Tue Aug 23, 2011 9:40 am

Re: Kampvuur besprekings.

Post by Antonie »

Dis presies my opinie ook.

As jy ?n bok kan dood maak vir sy vleis, hoe kan jy vir iemand anders s? hy mag nie ?n olifant dood maak vir kom ons s? ?n trofee teen sy muur nie?

Wat regverdig jou dood maak en syne nie?

Hoor wat julle te s? het.
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Kampvuur besprekings.

Post by spekieries »

Antonie

Die argument kan verder gevoer word na mak diere. Wat maak 'n wilde dier se lewe meer waardevol as die van 'n bees,skaap,of hoender. Ek stem 100% saam met jou. Vir my gaan dit ook net oor die volhoubaarheid van die benutting. Ek dink ons as mens wil meer waarde heg aan een tipe dier bo 'n ander. Volgens my is alle diere in die skepping gelyk. 
User avatar
Antonie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 96
Joined: Tue Aug 23, 2011 9:40 am

Re: Kampvuur besprekings.

Post by Antonie »

Ek dink net die kan nogals ?n lekker kampvuur gesprek raak as jy iemand wat nie jag nie maar wel vleis eet moet probeer oortuig hoekom jag van enige dier nodig of aanvaarbaar is.

Of jy nou sy vleis kan gebruik of nie.

Vat nou maar die logieka agter jakkals skiet.

Jy sal ?n persoon kry wat mal is oor ?n skaaptjoppie, maar moet nie vir hom vertel jy moet jakkalse doodskiet om jou lammers te beskerm nie.
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Kampvuur besprekings.

Post by theedge »

Nou wonder ek en as ek hond en perk ens wil eet ;D ;D
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Kampvuur besprekings.

Post by douw »

Ek dink persoonlik die grootste probleem is die volgende:

Diere aktiviste, Bunny huggers, Greenpeace (of wat ookal jy hulle wil noem), heg te veel waarde aan gevoelens van diere. Gevoelens by diere het begin met al die diere flieks soos "Free Willy" ens. Dan nog erger animasie flieks soos "Lion King" ens. In al die flieks word diere uitgebeeld as wesens met menslike emosies, soos om te verlang, om iemand of iets te haat ens.

Die beeld wat daarmee geskets word is dat as jy 'n dier skiet, die arme dier wat agter bly na sy oupa gaan verlang wat nou nie meer vir hom kan stories uit toeka se dae vertel nie.

Ek stem 100% saam met die volhoubare benutting van ons bronne. Indien jagters 'n spesifieke dier wil jag en dit dan tot uitbouing van die spesie is, is dit mos wonderlik.

Groetnis
Douw
LIFE IS TRUELY GENEROUS TO THOSE WHO PURSUE THEIR DESTINY
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Kampvuur besprekings.

Post by Christo »

My dilema met die goed.

Lees die naweek in SA Jagter die brandpunt brief. Die man wil die probleem met die te veel olifante aanspreek deur te adverteer en jagters te kry wat dan eers opleiding kry in skootplasing en 'n klomp ander goed. Dan dun hulle die olifante in die wildtyn uit en hy kry sy tande, vel ens en die vleis gaan vir die gemeenskap ens. Die storie in kort.

Die probleem wat ek sien. Olifante het baie definitiewe herargiese strukture binne in 'n trop en is families waar die "kinders" streng gedissiplineer word. As jy net enkeles uitskiet in so trop/familie bevark jy die strukture in daardie trop en dan is daar wesies en jong bulle wat afbreek en "gangs" vorm, soos mense. Hulle verwoes alles wat voorkom en het geen dissipline nie.

Ek was bevoorreg om te sien toe EFAF jong  olifante afgelaai het by hulle boma en Rory het my gewys dat die eerstes baie gaan raas en alles wil breek maar dat die laaste 3 of so rustig sal instap en self in hulle onderskeie hokke sal ingaan. Die ou koeie gaan hulle letterlik bedaar en dit het ook so gebeur. Ek was verstom. Van die kleinere olifantte was so lank soos 10 jaar verwyder van die oues en hulle het mekaar herken.

Die enigste ( en vir baie 'n wrede ) uitweg om getalle van olifante te beheer is om die hele trop/familie uit te skiet en dit kan nie deur trofeejagters ens gedoen word nie. dit moet behoorlik georganiseerd wees en dit is nie iets wat later as trofee aan 'n muur kan hang nie. Watse storie vertel so "trofee jagter".

Hierdie is vir my 'n werklike brandpunt. Ek was so tyd terug deur die Mapunbugwe reserfaat en daar is letterlik hektare Koorsboom woude vernietig deur olifante. Hulle probleem blykbaar is dat die spasie te klein geword het en die families te groot en dat dit uit stres gedoen word. Ek sal graag wil sien dat die "greenies" hulle self aan daardie bome vasketting om die verwoesting te probeer red.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Antonie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 96
Joined: Tue Aug 23, 2011 9:40 am

Re: Kampvuur besprekings.

Post by Antonie »

Goeie verduidelikking Christo.

Soos ek s? die is ?n lekker bespreking om die kampvuur en ek dink ons moet asseblief elkeen se redenasie en opinie respekteer.
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Kampvuur besprekings.

Post by spekieries »

Christo ek hoor wat jy s? en ek stem saam. Olifante het 'n unieke probleem met wat jy verduidelik het. Ons het ook gesien in die Pilansberg toe hulle 'n klomp ou bulle moes inbring om die jong bulletjies maniere te leer. Maar ek dink enige ou ( nes jy tereg opgemerk het) wat twee breinselle het sal saamstem dat olifant getalle in ons reservate buite beheer is en dat daar daadwerklik aandag aan geskenk moet word.
User avatar
Antonie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 96
Joined: Tue Aug 23, 2011 9:40 am

Re: Kampvuur besprekings.

Post by Antonie »

Ok, kom ons vat die gesprek verder?

Wat sal gebeur as daar nie gejag word nie?

Weet nie of julle so 2 jaar terug die dokument?r op 50/50 oor Marloth park gesien het oor die komitee/groenes wat geweier het dat die wild daar gejag of gevang mag word nie?

Die wild het by die doesyne gevrek.

Hoe dring jy deur tot so ?n persoon dat jag/vang van wild nodig is?

Hoor graag wat julle redenasies is.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Kampvuur besprekings.

Post by Gerhard »

Olifante getalle moet in beheer gehou word deur die Nasionale Parke Raad.

Dit is nie n jag nie.

Die manne klim in die helikopter.

Kies die regte trop en dart hulle uit die chopper totdat almal le.

Probleem is M99 is giftig vir die mens en karkasse kan nie gebruik word nie.

Anders word die chopper gebruik om n trop aan te jaag na gekwalifiseerde parke raad manne wat dan die hele trop uit skiet.

Ek weet van groot manne wat in trane uit bars wat daar betrokke is en daar oor begin praat.

Dis meer soos moord.

Maar om die ekologie te beskerm is dit dringend nodig.

Die selfde geld vir buffels in die parke...

As dit nie gedoen word nie gaan kyk hoe lyk gedeeltes in Botswane reeds.

Van lower groen revier woude na woestyn in kort rukkie...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Kampvuur besprekings.

Post by Skolla »

300Winmag wrote: 6 Maande terug sou ek nie eers oor weeg het om 'n jakkels te skiet - tot ek daai klein swart
lammetjie met die af bekkie gesien het. As ons pad kruis gaan die jakkels poef maak!
300winmag
Ek wil graag by jou hoor oor bogenoemde stelling.
Ek is gewoond om jakkalse te beheer vandat ek my verstand gekry het, omdat dit nodig was.
Ek neem aan dat dit nooit vir jou nodig was nie, om watter rede ook al.
Wat ek eintlik wil weet is of die foto van die verminkte lam jou denke verander het en as ons sulke fotos vir ander mense wys wat ook nie nodig het om ongediertes te beheer nie, sal dit help dat hulle sal verstaan hoekom ons dit doen?
Skolla
Post Reply