Gaans jag 2026

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
BenJacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 881
Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm

Gaans jag 2026

Post by BenJacobs »

Ek was hierdie jaar bevoorreg om voël jag ten volle te beleef. In RSA het ek baie makoue, kolganse en tarentale geskiet, maar meestal met n geweer en die kere wat dit wel met haelgeweer was, was dit met geleentheid waar hulle oor vlieg.

Kanadese en Amerikaners is ERG oor voël jag! Die area in Saskatchewan waar ek is, is wêreld bekend vir ganse. Die jaar het ek besluit om saam te gaan. Ons het 'n buitengewone nat jaar en oestyd word nog so bietjie uitgestel. Ons vat nou die kanse wat ons kry in die oggende om te jag. Staan 3:30 op ry na die veld, waar ons die vorige dag voëls gesien het. Sit decoys en blinds uit en dan wag ons.

Jy lê plat in 'n canvas'"slaapsak" wat bedek is met strooi, wanneer die voëls begin sirkel, roep twee jagters terug. As hulle dan vlerke oopmaak om te land roep een en dan skiet ons.

Die laaste 3 oggende was baie suksesvol en ons het oor die 3 dae het ons 71 voëls geskiet. Meestal Canada geese, maar baie eende ook. Ek was baie gelukkig om 'n wood duck te skiet wat baie skaars en baie mooi is. En ook 'n sandhill crane, meat eater se "ribey of the sky", dit is werklik baie naby aan steak.

Ek kan verstaan hoe mens verslaaf aan hierdie tiepe jag kan raak. Die afwagting en adrenalien wanneer die voëls inkom is iets wat ek nog nie baie ervaar het nie.

Groete Ben
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
pietskiet
Full Member
Full Member
Posts: 143
Joined: Fri Jun 26, 2009 10:28 am

Re: Gaans jag 2026

Post by pietskiet »

Nice Ben! Altyd lekker om jagstories in Afrikaans maar uit ander lande te lees. Dit klink regtig opwindend.

is die ander voel wat julle jag ook eetbaar?
partner
Hero Member
Hero Member
Posts: 988
Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm

Re: Gaans jag 2026

Post by partner »

Baie Dankie Ben. Dit Lyk en Klink baie Lekker.
Krobb
Full Member
Full Member
Posts: 179
Joined: Sat Mar 01, 2014 4:57 pm

Re: Gaans jag 2026

Post by Krobb »

Mooi Ben!
Skiet julle met die 3" magnum 12 boor of met die korter een wat ons hire in SA ken en gewoond is?
Wat se haelgrote gebruik julle?
Post Reply