Goeie naand
Ek het die internet plat gesoek maar kan nêrens sien waar quickload te koop is in SA nie.
Dis oorsee beskikbaar per cd maar nie iets wat jy kan aflaai nie.
Enige raad waar mens dit kan koop in SA?
Baie dankie
QuickLoad
- Stukkies
- Newbie

- Posts: 46
- Joined: Thu Feb 29, 2024 11:30 am
Re: QuickLoad
Die is die Amerikaanse verspreider van QL en hulle stuur dit na SA toe. Maar die koste is baie hoog. Persoonlik sal ek eerder GRT aanbeveel, dit is verniet aanlyn beskikbaar. Jy kan Cassie Nienaber of Riaan Schutte kontak vir opleiding met die GRT sagteware, die opleiding is in twee gedeel en is so R900 vir altwee dele.
https://www.neconos.com/quickload-balli ... -software/
https://www.neconos.com/quickload-balli ... -software/
_____________________
Howa 300 PRC
303 British 1917 Original
Glock 27 40 S&W
Star M40 9mm par
Howa 300 PRC
303 British 1917 Original
Glock 27 40 S&W
Star M40 9mm par
-
Branderplank
- Newbie

- Posts: 34
- Joined: Fri Jun 06, 2025 8:20 pm
Re: QuickLoad
Baie dankie vir die link - dit is nogal 'n paar rand met die risiko vir verlore aflewering.
Het met GRT gespeel en QL resultate op grond van spesifieke insette probeer herhaal maar GRT nogal heelwat meer FPS voorspel.
GRT is 2020 laas aangepas, is die dryfmiddel data steeds verteenwordigend van hoe die dryfmiddel nou optree?
Dankie

JDEls
- Full Member

- Posts: 215
- Joined: Wed Apr 20, 2016 1:37 pm
Re: QuickLoad
Beide QL en GRT moet jy die kruit se waardes kalibreer sodat die spoed op die program en die spoed in praktyk ooreenstem. So dit maak nie regtig saak watter program jy gebruik nie. Ek het vir baie jare QL gebruik maar die laaste 4 jaar is ek maar hoofsaaklik op GRT.Branderplank wrote:Baie dankie vir die link - dit is nogal 'n paar rand met die risiko vir verlore aflewering.
Het met GRT gespeel en QL resultate op grond van spesifieke insette probeer herhaal maar GRT nogal heelwat meer FPS voorspel.
GRT is 2020 laas aangepas, is die dryfmiddel data steeds verteenwordigend van hoe die dryfmiddel nou optree?
Dankie
Sent from my SM-S926B using Tapatalk
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13530
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: QuickLoad
Ek het ook jare met al 2 gewerk en daar is nie n groot verskil nie. Ek gebruik die laaste tyd ook maar net GRT
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.