Oom Marius Tripod- oorlede
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2139
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Oom Marius Tripod- oorlede
Kan ons n kollekte insamel om darem vir sy vrou & gesin n ruiker te stuur vir die begrafnis?
Is hier iemand wat naby aan hulle was wat dit kan afgee/organiseer?
Is hier iemand wat naby aan hulle was wat dit kan afgee/organiseer?
- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1516
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: Oom Marius Tripod- oorlede
RIV Marius. Innige simpatie aan sy familie.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Oom Marius Tripod- oorlede
More mede Jaracallers
Hierdie is n uiterse hartseer dag vir ons almal hier. Ons het die hartjie van Jarracal verloor met iemand wat onbaatsigtig soveel van sy tyd hier ingesit het. Min mense weet wat hy agter die skerms gedoen het vir die gladde verloop van die platvorm. Die tyd wat hy ingesit het met sy hulp met ladingontwikkeling en raad. Honderde as dit nie duidende mense is wat hy hier oor die jare gehelp het kan daarvan getuig.
As mens was hy altyd die kalmte van self en het hy hom altyd tweede geplaas, nooit het ek hom in al die tyd n skewe woord oor iemand hoor se nie. Werklikwaar n mens waarna jy kon opkyk en strewe om te wees.
Ons groet jou Oom Maruis en kan net dankie se vir wat jy vir ons almal beteken het. Oom gaan verskriklik gemis word en die leemte sal nie sommer gevul word nie. Baie sterkte aan almal wat hiermee geraak word, sy familie en vriende kan net die troos en berusting toegewens word wat ons Hemelse Vader kan bied.
Groete en rus sag my liewe vriend...

Jaap dit is n baie goeie idiee. Dalk kan ons vir Cobus vra of hy bereidwillig sal wees om hierdie vir ons te doen.Ds J wrote: Tue Jul 14, 2026 10:30 am Kan ons n kollekte insamel om darem vir sy vrou & gesin n ruiker te stuur vir die begrafnis?
Is hier iemand wat naby aan hulle was wat dit kan afgee/organiseer?
-
Zuku
- Sr. Member

- Posts: 299
- Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm
Re: Oom Marius Tripod- oorlede
RIV Oom Tripod. Medelye en meegevoel aan familie en vriende met die afsterwe van n geliefde.
-
Dawie Malan
- Hero Member

- Posts: 841
- Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am
Re: Oom Marius Tripod- oorlede
Baie jammer om te hoor. RIV Oom Driepoot.
-
Leon Crous
- Sr. Member

- Posts: 429
- Joined: Wed Jun 18, 2014 12:08 am
Re: Oom Marius Tripod- oorlede
Baie hartseer nuus!
Oom Marius het my so baie gehelp deur die jare.
Ons bid sterkte en vertroosting aan die familie en vriende toe.
Rus sag my oom.
Oom Marius het my so baie gehelp deur die jare.
Ons bid sterkte en vertroosting aan die familie en vriende toe.
Rus sag my oom.
- Stukkies
- Newbie

- Posts: 45
- Joined: Thu Feb 29, 2024 11:30 am
Re: Oom Marius Tripod- oorlede
Dit is regtig baie hartverskeurende nuus. Oom Marius was 'n oneindige bron van kennis.
_____________________
Howa 300 PRC
303 British 1917 Original
Glock 27 40 S&W
Star M40 9mm par
Howa 300 PRC
303 British 1917 Original
Glock 27 40 S&W
Star M40 9mm par
- finch
- Sr. Member

- Posts: 458
- Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm
Re: Oom Marius Tripod- oorlede
RIV oom Tripod, mag jou gees en erfenis nog lank voortleef hier op die forum. Ek was al ten minste met 4 gewere se lading ontwikkeling gehelp deur oom se vinnige QL berekeninge. En dan was oom maar heel tevrede met n lee dankie van kant. Oom gaan definitief gemis word.
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Oom Marius Tripod- oorlede
Ek sal hoor wanneer die dienste en goed is, ons kan nader aan die tyd ietsie doen ja, ek sal sorg sy vrou kry dit, sy kinders is juis nou hier uit Dubai uit en hulle sal seker eers weer terug gaan na die dienste. Dalk n groot ruiker of iets, ouens wat wil bydrae kan seker maar in my rek oorgooi, of laat weet my as daar n ander manier is...sit asb net Jaracal as die ref, jy kan incognito bly as jy wil.Wouter Roets wrote: Tue Jul 14, 2026 10:55 amJaap dit is n baie goeie idiee. Dalk kan ons vir Cobus vra of hy bereidwillig sal wees om hierdie vir ons te doen.Ds J wrote: Tue Jul 14, 2026 10:30 am Kan ons n kollekte insamel om darem vir sy vrou & gesin n ruiker te stuur vir die begrafnis?
Is hier iemand wat naby aan hulle was wat dit kan afgee/organiseer?
Watsapp my by 0827893581 dan stuur ek vir jou die bank details
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
-
pietskiet
- Full Member

- Posts: 139
- Joined: Fri Jun 26, 2009 10:28 am
Re: Oom Marius Tripod- oorlede
Watter hartseer nuus om te lees. Ek wonder hoeveel mense hy gehelp het oor die jare op die forum met ladings en QL sommetjies?
Sy bereidwilligheid om te help en kennis te deel spreek boekdele van die kaliber mens wat hy was.
Rus in vrede oom Marius
Sy bereidwilligheid om te help en kennis te deel spreek boekdele van die kaliber mens wat hy was.
Rus in vrede oom Marius
-
KalahariKlong
- Hero Member

- Posts: 887
- Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am
Re: Oom Marius Tripod- oorlede
Die is baie hartseer nuus. Oom sal verseker gemis word. Sterkte aan Familie en vriende in die moeilike tyd. Wat n legende op Jaracal.
-
partner
- Hero Member

- Posts: 982
- Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm
Re: Oom Marius Tripod- oorlede
Ai. Bitter slegte Nuus. Gaan Hom ook Baie Mis.
- zkk601
- Newbie

- Posts: 42
- Joined: Wed Feb 01, 2012 6:54 pm
Re: Oom Marius Tripod- oorlede
Baie jammer om te hoor, sterkte aan sy familie en vriende.
-
vlakvarkbeer
- Sr. Member

- Posts: 388
- Joined: Wed Feb 27, 2013 11:26 am
Re: Oom Marius Tripod- oorlede
Jammer om te hoor sterkte vir familie hyt my baie gehelp en hom al ontmoet gawe man gaan gemis word.
.22 Norinco
Howa 223 B/B
Howa 6.5x55 Swed
6mm Musgrave (P14)
Lee Enfield 303
308 RSA 30" loop (Plank)
Remington 700 6.5 creedmoor
Howa 223 B/B
Howa 6.5x55 Swed
6mm Musgrave (P14)
Lee Enfield 303
308 RSA 30" loop (Plank)
Remington 700 6.5 creedmoor
-
Hansieslim
- Hero Member

- Posts: 1373
- Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Re: Oom Marius Tripod- oorlede
Ai. Baie hartseer.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Oom Marius Tripod- oorlede
Rus sag Marius.
My hart is vannaand seer, maar ek jubel in die wete dat jy jou wedloop met volharding en ywer voltooi het. Tot ons eendag weer ontmoed.......
My hart is vannaand seer, maar ek jubel in die wete dat jy jou wedloop met volharding en ywer voltooi het. Tot ons eendag weer ontmoed.......
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
ZKK
- Hero Member

- Posts: 624
- Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm
Re: Oom Marius Tripod- oorlede
Baie hartseer toe ek vanoggend die forum oopmaak en dit is die eerste nuus wat ek lees.
Oom Marius was altyd bereid om te help. Hy het my ook al paar keer gehelp.
Ons gaan hom mis
Oom Marius was altyd bereid om te help. Hy het my ook al paar keer gehelp.
Ons gaan hom mis
-
Lapua
- Sr. Member

- Posts: 481
- Joined: Wed May 03, 2017 7:26 am
Re: Oom Marius Tripod- oorlede
Dit is hartseer nuus. Sterkte aan sy familie.
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3646
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Oom Marius Tripod- oorlede
Ai, RIV oom Driepoot. Simpatie vir sy naastes en vriende.
-
3kus
- Full Member

- Posts: 149
- Joined: Mon Mar 26, 2018 11:02 am
Re: Oom Marius Tripod- oorlede
Dit is baie hartseer. Hy het my 'n hele paar keer gehelp met QL en sy kennis gedeel sonder dat dit vir hom moeite was. Ek gaan sy insette mis. Sterkte aan sy vriende en familie. RIV
.22LR / 308 Win / 6.5x55 SE / 6.5CM / 7 RSAUM / 338WM / 375H&H / 9mm
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Oom Marius Tripod- oorlede
Ai, ai!!!! Ek lees dit nou eers. My innige simpatie aan die familie en vriende. Oom Marius was 'n JUWEEL!! Mag hy in vrede rus.
Hierdie forum sal hom baie, baie mis.
Hierdie forum sal hom baie, baie mis.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2139
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Oom Marius Tripod- oorlede
Begrafnis Donderdag om 12h ...
NG kerk Unitaspark
Japie Krugerstraat 28 Unitaspark Verg.
(Soos ontvang)
NG kerk Unitaspark
Japie Krugerstraat 28 Unitaspark Verg.
(Soos ontvang)
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Oom Marius Tripod- oorlede
Dis baie hartseer nuus, was lanklaas op die forum, rus sag oom.
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2465
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Oom Marius Tripod- oorlede
Shoe, dis hartseer en skokkende nuus
Ek's seker hy't a paar manne se lewens gered my sy raad en kundigheid.
Ek sal hom verseker mis !
Rus in vrede oom Driepoot
Ek's seker hy't a paar manne se lewens gered my sy raad en kundigheid.
Ek sal hom verseker mis !
Rus in vrede oom Driepoot
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan