Waarlik jag
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Waarlik jag
Naandsê
Ek het so 'n paar dae gelede gelees wat Toxxyc geskryf het oor waarlike jag. Ek stem saam met van die dinge wat hy sê en voel saam met hom oor sy verlange om soos in die ou dae te jag. Ondervinding het my egter geleer dat jy deesdae nie meer enige man op jou eiendom kan toelaat om op sy eie te jag nie. Daar is net te veel oneerlike mense. Vroeër het mense met vee geboer en ook laat jag en die jagtery het gesorg vir 'n handige sakgeldjie. Deesdae is baie plase suiwer net jagplase en dit bring die hoë pryse en alles wat daarmee saam gaan mee. Dit kan ongelukkig nie anders nie.
Ek het na my aftrede met my alie in die botter geval. Deesdae is ek 'n plaasopsigter in die Klein-Karoo en ek het 'n vriend naby Blombos wie se plaas ek enige tyd mag besoek en daar rondloop en ook sy skietbaan gebruik. Daar is ook 'n plaas naby Heidelberg, skaars 70km van my af waar ek makoue, kolganse en tarentale na hartelus kan skiet op my eie. Die lewe is goed. Dankie vir sulke vriende op wie se eiendomme ek waarlik kan jag!
Die plaas waar ek werk het tans te veel sebras en ons wil hulle minder maak maar dis 'n baie moeilike plaas om op te jag. Daar is verskeie groot vlaktes en baie bergterrein wat onbegaanbaar is. Die eienaars hou geen werkers aan nie. Ek en die jagters moet die bokke uitdra waar hulle geskiet word of jy moet slegs skiet waar jy met 'n 4x4 kan ry. Dit beperk jou nogal, maar ek het respek gekry vir die ou Nissan 4x4 wat ek op die plaas gebruik.
Vrydag ek het besluit om 'n draai in die veld te stap in 'n gedeelte waar ek die afgelope tyd baie koedoes en sebras opgemerk het. Ek het die bakkie parkeer en is te voet weswaarts teen die wind in. Na seker so 600m se stap merk ek 'n klein wit vlekkie teen 'n hoë heuwel, seker so 800m weg. Die verkyker wys dis 'n sebra. Vanwaar ek teen 'n heuwel staan was daar onder my 'n vlak kloof wat algaande dieper raak en vorentoe by 'n loop aansluit wat ons die Kangarivier noem. Die sebra was bokant die loop op 'n nekkie tussen twee heuwels. Ek het dus in die vlak kloof onder my, wat ook weswaarts loop begin afstap. Gelukkig was daar genoeg hoë bosse (pruimbome, karooboerboon en taaibos/koeniebos) sodat ek grootliks ongesiens kon nader gaan.
Later was die kloof diep genoeg dat die nekkie waar die sebra was, buite sig verdwyn het. Links van my, hoog op teen 'n berg en ook wes van die Kangarivier het ek 'n paar koedoes opgemerk. Twee bulle het die hele tyd in my rigting gekyk maar blykbaar veilig gevoel want ek was deurentyd meer as 400m van hulle af. Toe ek uiteindelik by die Kangarivier kom waar die kloof waarin ek was by die Kanga aansluit, het ek noord gedraai en toe die regterkantste heuwel begin klim en later weer suidwes gedraai halfpad teen die heuwel uit. Regs van my (noord) was nog 'n diep kloof en 'n berg. My idee was om half agter om die kop te klim en dan die sebra oor die kruin daarvan te verras. As my plan uitwerk, sou die sebra hopelik minder as 100m reg onder my wees in die nekkie.
Ek het baie versigtig beweeg en toe ek die sebra in die oog kry sien ek daar is twee, 'n jong hings en 'n merrie. Maar hulle het verder weg beweeg en was nog goed 200m van my af. Ek sou nader moes beweeg maar het uit dekking begin raak. Ek kon nie op daardie afstand skiet nie omdat ek my .375H&H met reduced lading gebruik het en soos julle kan sien het dit 'n red dot op wat geen vergroting het nie. Ek het slegs 50gr S335 voor 'n 300gr PMP-koeël gelaai. Die snelheid is seker so 1700 en 1800vps, ek sal dit nog meet. Terwyl ek nog staan en dink wat om te doen, stap daar skielik 'n pragtige koedoebul van agter 'n bos uit skuins onderkant my aan my regterkant. Hy was 182m weg en kort agter hom was nog 'n mooi bul. Ek gaan sit toe plat op my boude, bang dat hulle my sou sien en alarm maak. Die groot bul het tydsaam in my rigting gewei en was later 102m reg onder my. Ek het hom dopgehou tot hy uit sig onder my verdwyn het in die kloof. Ek neem aan hy het by die Kangarivier aangesluit en toe suid gestap. Ek het hom seker goed 20 minute sit en dophou.
Ek het versigtig orent gekom. Die ander bul het agter 'n groot bos gestaan en ek kon net sy horings sien. Hy was steeds sowat 200m van my af aan die anderkant van die kloof. Ek het dus die kans gevat en is gebukkend na die laaste groot bos toe wat seker so 15m voor my was. Daar aangekom het ek versigtig geloer na waar die sebras was en tot my vreugde gesien dat hulle intussen baie nader aan my posisie beweeg het. Die rangefinder het 122m gewys. Ek het hulle 'n hele ruk sit en dophou terwyl ek probeer uitwerk het of ek met die plaasbakkie tot op die nekkie sou kon ry. Indien wel sou ek 'n ompad moes neem en reg van die westekant af met 'n kloof moes afry. Die gedeelte van die kloof wat ek kon sien bokant die nekkie het rybaar gelyk maar ek kon nie mooi onthou of die pad verder boontoe begaanbaar was nie. Na 'n lang wik en weeg het ek besluit om die kans te waag.
Die sebramerrie het intussen nog nader beweeg en was nou minder as 100m reg onder my. Gelukkig het die hings, wat byna die heeltyd met sy boude na my kant toe staan en wei het omgedraai en haar gevolg. Ek het hom gevolg en besluit om te skiet as hy reg onder my is in 'n opening tussen twee bossies wat so 2m voor my gestaan het. Die merrie het aanhou stap en toe hings volg en in die opening kom, het ek gedemp na hom geroep. Toe hy vassteek het ek die sneller gedruk. Die 300gr-koeël het byna onhoorbaar getref (seker maar die lae spoed) en die sebra het weggespring en so 15m gedraf en vasgesteek. Hy het 'n oomblik lank rondgekyk en toe skielik gewaggel, omgeval, 'n paar maal geskop en toe stil gelê. Die skietafstand was 77m. Ek het gemik vir 'n hoë hartskoot en die koeël is dwarsdeur. Die uitgangswond het gewys dat die koeël wel oopgemaak het. Dit was net na halfvier. Ek moes gou foto's neem en die pens uitkry. Nie 'n lekker werk as jy alleen is nie.
Nadat ek die pens uitgehaal het, is ek terug na die bakkie toe wat so 1.8km weg was (ek kon op twee plekke lesings neem met die rangefinder na waar die sebra gelê het, na 'n rotsrif toe en vanaf die rotsrif na die bakkie toe wat toe weer in sig was). By die bakkie aangekom is ek met die enigste pad om die heuwels tot bo-op die berg bokant die sebra, Daar het ek eers uitgeklim en die sowat 700m afgestap na waar die streepdonkie gelê het. Alhoewel klipperig was dit gelyk genoeg dat ek tot by die hings kon ry. Die bakkie het gelukkig ook 'n winch, so die oplaai was nie moeilik nie. Dit het egter laat begin raak en ek is teen skemer eers terug gewees op die tweespoorpad en goed na donker by die ou opstal waar ek altyd oorbly. Ek sal nou-nou probeer foto opsit. Dit wil nou nie laai nie.

Last edited by Koos Barnard on Sun Jun 14, 2026 8:24 pm, edited 1 time in total.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Waarlik jag
UIteindelik! Hier is die jong hings wat ek geskiet het
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- toelie
- Hero Member

- Posts: 926
- Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm
Re: Waarlik jag
Bly darem maar lekker om so alleen te stap en jag my oom, lekker gelees aan die storie.
.22LR Voere
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
-
walkabout
- Newbie

- Posts: 18
- Joined: Tue Nov 18, 2025 4:17 pm
Re: Waarlik jag
Lekker gelees, dankie vir die deel, Koos Barnard.
Daai alleenlaai moet seker maar vat aan 'n man, veral 'n zebra en groter wild.

DaavG
- Newbie

- Posts: 17
- Joined: Mon Aug 21, 2017 4:35 pm
Re: Waarlik jag
Thanks Koos, great story! You are in a very fortunate position, enjoy it to the max!
Sidenote: how did you tell sex the zebras at that distance? I struggle immensely with them

- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Waarlik jag
Lekker storie oom Koos! Dis baie werk daai om sebra so man alleen aan te vat. En sonder n teleskoop ook nog!
Sent from my SM-G780F using Tapatalk
Sent from my SM-G780F using Tapatalk
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Waarlik jag
Ek wil nou nie voor oom Koos hier inspring nie en sal graag sy antwoord ook wil hoor.DaavG wrote:Sidenote: how did you tell sex the zebras at that distance? I struggle immensely with them
Ek het ook gesukkel, maar moes dit regkry want het op n plaas baie sebras geskiet waar slegs hingste toegelaat word.
Kombinasie van die volgende dan is dit heel waarskynlik n hings:
1. Heel agter in trop
2. Groot kop/nek
3. Plat rug en pens hang nie
As jy 100% moet seker maak, kyk van agter af as sy stert lig. As daar n breë swart streep van bo na onder loop is dit verseker n merrie. As daar n dun swart strepie is, amper soos n G string, dan is dit verseker n hings.
Boonste 3 punte is goed genoeg as mens geoefen is.
En dan net vir interessantheid, as hulle so rukkie na die skoot begin roep dan is een van hulle gewoonlik plat
Sent from my SM-G780F using Tapatalk
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Waarlik jag
DaavG
To sex a zebra you normally look at the body size and especially the head because the genitals are difficult to spot. The stallions have thicker necks and a bigger, more robust and "manly" looking head. The head appears to be bigger in relation to the overall body size. Sexing young males can be difficult though. Mares also have a more potbellied look about them, once they have foaled. When the animals are in a family group or herd a mare will usually lead the way when they are spooked. The stallion will always follow at the rear. I mostly use the head, if you observe zebras regularly it actually becomes easy to pick out the males.

Daar spring Eduard my nou voor. Ja, die hangpens van die merries is kenmerkend, veral as hulle al gevul het
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Waarlik jag
Ek het gevind die breË en dun swart strepie onder die stert is moeilik om te gebruik. Ek kyk die kop, lyf en die gedrag van die sebra (voor of agter in trop/groep)
-
Dash431
- Full Member

- Posts: 196
- Joined: Sat Nov 22, 2014 8:09 pm
Re: Waarlik jag
Dankie Koos. Lekker gelees, en sommer saam gejag terwyl ek gelees het.
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1349
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Waarlik jag
Eendag as ek groot is sal ek 'n heeltemal alleen-jag gaan jag. Net ek. Dit klink ongelooflik. Niemand anders om oor te bekommer of om na te kyk of te probeer verduidelik hulle moet nou stilsit of wag of saamstap of watookal nie.
Mooi storie, dankie Oom Koos!
Mooi storie, dankie Oom Koos!
-
partner
- Hero Member

- Posts: 982
- Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm
Re: Waarlik jag
Baie Dankie Koos vir n Lekker Storie. Ek het dit Baie Geniet.
-
Sako308
- Newbie

- Posts: 31
- Joined: Sun Apr 15, 2012 11:18 pm
Re: Waarlik jag
Dankie Koos! Hou asb aan om te skryf, ek voel ek stap saam met jou in die veld!