Klein vleis meul,, watter 1??

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Klein vleis meul,, watter 1??

Post by Pvdw »

Dag dag manne.

Ek oorweeg om my eie mince te maak vir huis gebruik. Dit sal klein batches wees van rondom 10-15kg op 'n slag. Wat koop mens vir so iets?? kan mens wegkom met die klein hand modelle of moet mens elektries gaan??

Ek sien hulle praat van #10 en #8 meuletjies op die advertensies, wat betekrn dit.

Enige raad sal welkom wees.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Klein vleis meul,, watter 1??

Post by Christo »

Koop niks minder as 'n #20. Al dink jy klein is OK, dit is nie. Veral as jy handmodel gaan gebruik. Hulle maak ewe lank skoon maar die galery vat verewig met klein meule. Ek weet.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Klein vleis meul,, watter 1??

Post by Eduard Venter »


Pvdw wrote:Ek sien hulle praat van #10 en #8 meuletjies op die advertensies, wat betekrn dit.
Hoe groter die nommer hoe groter die mincer en plaatjies. Ek het n nommer 32 elektries en hy handel sommer gou gou n mooi klomp vleis af. 10-15kg in n paar minute

Ek het nog nooit met die hand model gewerk nie maar kan nie dink dis pret nie

Sent from my SM-G780F using Tapatalk

J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1111
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Klein vleis meul,, watter 1??

Post by J le Roux »

Ek maak so 30-40 kg wors op 'n slag en kom reg met 'n nr22 Reber reen so 2 kg per minuut. Hulle kos so R9-10k. Reber en Trespade is Italiaans en goeie kwaliteit.

Jy kan na die Chinese goed kyk maar ek wou nie.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
User avatar
finch
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 459
Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm

Re: Klein vleis meul,, watter 1??

Post by finch »

Raad van iemand wat reeds skool geld betaal het:

1) het begin met n handmaler, is lekker die eerste 5min daarna is dit n pyn, dit vat lank, kos ten minste 4 hande (maar meer is beter) en die geld wat jy spaar moet jy maar eenkant hou vir die physio rekening om daai arm weer normaal te kry. Bonus is mens spaar op sout in speserye van al die sweet sout wat in jou maalvleis eindig.

2) Koop toe die klein Sjinese elektriese malertjie. Dit het baie vinniger gegaan as die hand maler en sou seker kon werk vir huishoudelike gebruik, mits die ding gehou het. maar sy ratkas het plastiek ratte en toe die motorjie verby n seker drywing punt gedruk was het die plastiek ratjie gebreek. Kan seker soek vir n plastiek ratjie maar dit gaan net weer gebeur. Plus moes elke paar min (dink 10min) eers laat afkoel vir 5min om nie die motortjie uit te brand nie. Ek het dit nogal toevallig raak gelees in die produk borsjure en was op pad om seker die masjientjie te breek op sy eerste uitstappie indien dit nie my oog gevang het nie.

3) Laastens kry toe maar sommer die springbok saag met die maler op die kant. Nog nooit weer terug gekyk nie behalwe vir die lawaai wat dit maak. Sit maar oorfone in en speel n paar liedjies terwyl jy maal.

Wens ek kon net direk by stap 3 begin het.
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Klein vleis meul,, watter 1??

Post by Methos »

Het nou lekker gelag vir Finch se sweet sout in die maalvleis. Hy praat die waarheid

Ek gaan die Reber en Trespade een ook aanbeveel. Ek het ook begin met maalers van China - gesê in die Trump manier. Hulle het my elke keer €40 gekos. Maar hulle breek vinnig en is nie regtig geskik vir iets oor die 2kg op 'n slag nie. Het deur 3 gegaan voor ek my les geleer het. €120 in die drein af. Toe betaal ek maar die €300 of so iets vir 'n Reber No12. As ek vleis maal gaan dit tjop tjop en die ding word gewas. Hardloop deur 30 kg wilde vark in 20min.

Ek het egter weer onlangs "n cheap ene gekry van China - vir wanneer ek selgs 'n kilo of 2 wil maal vir burgers of tacos etc en nie lus is om die groot kontrapsie uit die agterkamers te gaan kry nie.

Selfde met die worsstoppers. Ek het gedink ek kry een van €60 en gaan dinge loop. Gekoop. 2 keer gebruik to pop die rivets etc, veral as jy dun wors maak. Toe koop ek maar die een van €150 - ook Reber en nou loop hy. 8kg wors vat 10 min om te stop.

Huil maar een keer en kry iets ordentlik. Die Reber een het ook 'n aanhegging wat ek binnekort wil aanskaf. Dit is 'n tamatie verpulper. Omdat ons die plasie het en die tamaties amper almal dieselfde tyd ryp raak, maak ons tamatie pasata sous wat gebottel word. Dis perfek vir dit.

Huil een keer en koop iets wat langer as jy gaan leef.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Klein vleis meul,, watter 1??

Post by Pvdw »

Dankie manne, het goeie insette gekry. Ek weet darm nou rofweg waar om te begin.
Post Reply