Loop skonnmaak of nie
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Loop skonnmaak of nie
Dagsê
Sommer net weer iets interessants tov loop skoonmaak. Ek weet dis al vantevore hier bespreek. Ek praat vanoggend met iemand wat nooit sy geweer se loop skoonmaak nie. Hy skiet 'n .270 Win en hy hou telling van sy skote. Sy geweer se loop is nou al vir 1500 skote nie skoongemaak nie en dit groepeer nog net so goed soos toe die loop die laaste keer skoongemaak is. Toe was sy groepe so 14mm op 100m. Hy skiet nog gereeld bokke en is lief om kop- of nekskote te neem. Ek ken die man goed, hy het nog verlede jaar 'n volstruis (lyfskoot) op 605m laat kantel op die plaas waar ek opsigter speel.
Deesdae raak baie dinge vir my 'n schlep... nou wonder ek of ek nie maar ook so 'n bietjie meer moet skiet voor ek die loop skoonmaak nie.
Mooi loop

jager
- Newbie

- Posts: 24
- Joined: Tue Sep 21, 2021 3:58 pm
Re: Loop skonnmaak of nie
Ek kan nie komentaar lewer oor die loop skoonmaak of nie, maar sou sê jy moet defnitief die kamer,kroon en bolt-face skoonmaak. Het al opgelet 'n vuil boltface gooi drasties my groepe uit , en carbon ring skep chaos met jou spoed.
-
toxicsox
- Sr. Member

- Posts: 350
- Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am
Re: Loop skonnmaak of nie
Wonder of ‘n vuil loop jou loop se leeftyd beinvloed? As dit jou leeftyd beinvloed dan het jy mos rede genoeg om hom skoon te maak.
-
JF123
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm
Re: Loop skonnmaak of nie
Loop skoonmaak definiesies verander met wie jy praat. Ek ken ʼn skut wat na elke skiet sessie 4 tot 5 keer olie lappies deur die loop stoot, slot en kamer skoonmaak en dan bêre. Volgende keer stoot hy weer ʼn paar skoon lappies deur voor hy skiet. Volgens hom is dit nie skoonmaak nie.
Hoe dit ook al sy, maak seker dat jy of die loop olie of die geweer stoor in baie laë humiditeit anders kry jy loopwurms. My werkende teorie op die oomblik is dat vog in die koolstof vergader onder die koper neerslae en dan oksidasie veroorsaak, selfs in vlekvrye lope.

Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1349
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Loop skonnmaak of nie
Ek trek 'n boresnake deur die loop (so elke derde keer 'n boresnake wat ek so bietjie cleaner op gedrup het, en dan skoon lappies en 'n olielappie), en dan bere ek hom. So elke jaar of drie sal ek die geweer kop tot tone skoonmaak - skrop die boor, alles. Blykbaar maar hy dan nes 'n kind wat jy deur die bad druk, gooi hy dan eers so bietjie trantrums en doen nie wat ek vir hom sê nie, maar dan kom hy weer reg.
Dit bring my nou by die volgende vraag - hoe maak ek 'n geseelde knaldepmer skoon? Nie vlekvrye staal of sulke goete nie, net 'n gewone Hunt Buddy Reflex knaldemper?
Dit bring my nou by die volgende vraag - hoe maak ek 'n geseelde knaldepmer skoon? Nie vlekvrye staal of sulke goete nie, net 'n gewone Hunt Buddy Reflex knaldemper?
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1876
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Loop skonnmaak of nie
Ek maak elke keer wat ek van die baan af kom loop skoon. Dit gebeur deesade maar min om verskeie redes.
Ek jag geeeld bobbejane en maak nie na elke keer se skiet my loop skoon nie. Wat ek wel doen is om die suppressor af te haal weens die ammoniak vorming. Iets wat vir my werk is om so nou en dan 'n olie lappie deur al my roere se lope te trek. Dan het ek ook onlangs bele in 'n behoorlike dehumidifyer. Ek kon nie glo dat alhoewel my herlaai kamer waar my kluise en kruit is se deur altyd toe staan, ek ten minste een keer 'n week die dehumidifyer se tenk leegmaak en dit hou 2 liter water. Nou verstaan ek beter hoekom gewere selfs in die kluis vog trek.
Ek het maar bele in A-Tec se suppressors met die stainless steel baffles wat ek kan was. Hulle loop soos 'n kerkmuis met slippers.

Maak 'n verskil
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13524
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Loop skonnmaak of nie
Ek kan dit nie oor my hart kry om n vuil geweer in n kluis te sit nie, SIESA
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
JF123
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm
Re: Loop skonnmaak of nie
Volgens ASE met hulle staal dempers, gee dit na elke skiet sessie ʼn spuit by die gat in van ʼn geweer olie. En dan wanneer die demper oor so paar jaar bietjie swaar raak, sit dit in ʼn sonic cleaner.
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1349
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Loop skonnmaak of nie
Ek sal maar bang wees om olie in my demper te spuit wat daar gaan sit as ek weer skiet. Ek weet nie teen watter druk en hitte olie besluit om poef te maak soos in my kar se enjin nie, maar ek wil ook nie uitvind met 'n blommetjie voor op my geweer nie.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Loop skonnmaak of nie
Toxxy, vat spookpiepie en spuit heelwat olie in die knaldemper. Los dit oornag en was die demper in warm seepwater. Gooi dan kookwater deur hom en die hitte laat die water verdamp en dit sal nie roes nie. Moontlik het jy heelwat los drek daarin wat jou wye skote kan verduidelik.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Spanner
- Hero Member

- Posts: 1083
- Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm
Re: Loop skonnmaak of nie
Ek het nog 'n paar bottels van M98 Copper and Carbon Cleaner, (van Gerhard Schultz) wat ek jare terug gekoop het. Ek weet nie eers meer of dit beskikbaar is nie, maar ek het gevind dit doen nogal 'n goeie job om die aanpaksel te begin los maak in my Silent Hunter.
En om die demper silwerskoon te maak, het ek 'n teflon fitting laat sny op 'n draaibank, wat by die knaldemper inskroef en die gat mooi met 'n O-ring seel. Die ander kant pas op my battery boor. Dan gooi ek water, seep en stainless tumbling media in die demper, sit die teflon fitting se agterkant in my boor en lig die hele affere so 30 - 35° in die lug, en laat hardloop die boor vir 'n klompie minute. Jy sal nie glo hoe baie gemors daai tumbling media los maak en verwyder nie. Herhaal dit so paar keer tot hy blinkskoon is. Ek spuit maar altyd windbuks-olie in die demper na die tyd om roes te verhoed. Die oile ontbrand/ontplof nie onder druk nie.

Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1349
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Loop skonnmaak of nie
Ek sal bietjie probeer, dankie manne. Ek het so bietjie gelees en blykbaar werk selfs warm seepwater alleen ook mooi. Ek het nie R1,000 of wat om op 'n bottel knaldemper-skoonmaakgoete te spandeer nie. Die hele toetie kos skaars soveel.
-
jager
- Newbie

- Posts: 24
- Joined: Tue Sep 21, 2021 3:58 pm
Re: Loop skonnmaak of nie
Ek spuit die knaldemper uit met carb cleaner of brake cleaner. Dis baie effektief om aangepakte koolstof te verwyder.
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5124
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Loop skonnmaak of nie
Ek maak my 6.5x 55 en 223 so elke 250-300 skote skoon. met die 223 is dit so elke 2 jaar en met die 6.5 veel langer. Sodra ek hulle skoon gemaak het vat ek hulle baan toe en skiet so klompie skote en dan glo dan hulle is weer reg vir die volgende rondte.