.223 Rem Reduced loads

Post Reply
Johann Marais
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Thu Jan 10, 2013 9:44 pm

.223 Rem Reduced loads

Post by Johann Marais »

Goeie naand,

Ek wil graag Peregrine se 70gr Bushmaster Punte in my 223 Rem skiet met "Reduced" ladings. Dit is vir die uitdun van rooi bokke tot op so 80m.

Is daar enige iemand wat al so iets gedoen het?

Groete

Johann
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2139
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: .223 Rem Reduced loads

Post by Ds J »

Ek sal ook graag wil weet van so iets. Vir my sou dit wees om met 'n 223 op 'n handwapenbaan te kan skiet.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2150
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: .223 Rem Reduced loads

Post by Koos Barnard »

Dagsê
Ek het in 1992 met sewe verskillende kalibers gespeel om reduced loads uit te werk. Ek het ook met hulle gejag. Die .223 was een van die kalibers maar ek het net met 40gr, 50gr en 52gr-koeëls gespeel. Vir sulke ladings gebruik jy 'n vinnige kruit soos MP 200 of iets wat soortgelyke brandspoed het.
Met die 40gr-koeëls het 8gr MP 200 'n spoed van 2020vps gegee en 10gr, 2 127vps.

Met die 50gr Nosler het 8gr 'n spoed van 1994vps gegee en die 52gr Nosler met 8gr het 1906vps gegee. Ek het ook 6gr voor die 52gr Nosler gelaai en 1740vps gekry.

Ek het 'n ou springbokram in digte vaalbosveld met die .223 geskiet met die 40gr koeël teen 2020vps. Die skietafstand was 48 treë en die bok het 65 treë ver gehardloop voordat hy dood neergeslaan het (Dit was in die dae voor rangefinders, so ek het alles nog afgetree met lang staptreë). Die bok is op die blad geskiet, die koeël is deur die bokant van die hart en is ook deur 'n ribbeen voordat dit uit is (volle penetrasie dus). Teen laer snelhede waar die koeëls bymekaar hou en gekontroleerd omklink is penetrasie baie goed. Vleisskade was minimaal.

Ek het glad nie subsonies probeer laai nie. Subsonies is moeilik want jy kan dalk te laag laai en die koeël in die loop laat vassit. Ek het so 'n geval gehad waar iemand 'n .270 subsonies wou laai. Ek het om aanbeveel om dit nie te doen nie maar hy het op sy eie geëksperimenteer en toe 'n koeël gekry wat in die loop vassit. Hy het my vertel dit was een helse gespook om die koeël uit te kry. Hulle kon die nie uitdruk nie en iemand het uiteindelik die koeël uitgeboor. Ek weet nie of die loop binne beskadig is agv daarvan nie.
Mooi loop
Last edited by Koos Barnard on Mon Mar 09, 2026 11:56 am, edited 1 time in total.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2139
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: .223 Rem Reduced loads

Post by Ds J »

Oom Koos, gebruik Oom dopvuller (toiletpapier, dacron ens) om die ladinkie kruit teen die slagdop te hou?
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2150
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: .223 Rem Reduced loads

Post by Koos Barnard »

DS J
Ja, ek gebruik dopvuller met alle reduced ladings om die kruit teen die slagdop te hou. My ondervinding met sommige gewere is dat dit dan ook 'n bietjie beter akkuraatheid gee.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2150
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: .223 Rem Reduced loads

Post by Koos Barnard »

Terloops, ek gebruik min dopvuller, net sowat 0.5gr dacron (of wat 'n mens ook al die materiaal noem waarmee hulle kussings stop). Die dopvuller moet net genoeg wees om die kruit vas te hou sodat dit nie rond beweeg in die dop nie.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2139
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: .223 Rem Reduced loads

Post by Ds J »

Dankie Oom!
Johann Marais
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Thu Jan 10, 2013 9:44 pm

Re: .223 Rem Reduced loads

Post by Johann Marais »

Baie dankie Koos, ek onthou daardie artikel maar kon hom nie opspoor tussen my ou Magnums nie.

Die ladings met die 52gr klink vir my of ek daarmee kan werk. Ek is heeltemal tevrede as ek onder 2000fps inkom.

Ek verstaan reg dat jy die volgende gelaai het:
Punt 52gr Nosler
Lading: 8gr +/- 1906 vps
Lading: 6gr +/- 1740 vps

Ek gaan dit verseker probeer.

Baie dankie vir jou insette hierso. Ek waardeer dit baie.

Mooi aand vir jou!
Post Reply