Boog ponde

Post Reply
BenJacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 880
Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm

Boog ponde

Post by BenJacobs »

Dag sê almal.
Ek hoor graag bietjie by die slimmer mense hier op die forum. Ek kyk daarna om 'n boog aanteskaf. Kanada se wetgewing laat sommige spesies toe slegs met 'n boog, of 'n "lotto draw".

My WMZ (wildlife management zone) is bekend vir baie mooi Mule deer. En hier is verskriklik baie! Ek heg 'n paar fotos aan van ramme wat ons hier afgeneem het. Ek mag in ons zoon 'n ram skiet slegs met 'n boog.

Ek kan 'n baie mooi opgepas te boog nou koop vir 'n goeie prys. Die boog is egter maximum 65lbs. My "draw length" is 30 duim. Ek het baie boog tyken geskiet in Suid Afrika en is baie gemaklik met die gewig trek, wonder maar net of die slimmer mense vir my kan sê of dit genoeg sal wees vir groter wild, dalk eland grote (moose).

Groete Ben
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Boog ponde

Post by tripodmvr »

Kyk of jy 'n antwoord kry uit die skakel onder. Pragtige bokke.

https://www.tradgang.com/tgsmf/index.php?topic=166389.0
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13508
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Boog ponde

Post by Capt. Yoda »

65lb boog met die regte pyl behoort meer as genoeg te wees vir daak size bok
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Zuku
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 299
Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm

Re: Boog ponde

Post by Zuku »

Daar is baie info oor KE. ((Kinetic Energy) is KE = ½mv², where KE is kinetic energy (in Joules), m is the object's mass (in kilograms) Arrow weight) and v is its velocity (in meters per second) (Arrow speed).

Jou "Setup" behoort meer as genoeg te wees. DIe groot faktor is om akkuraat te skiet en wanneer "vitals" oop is en bok wegkyk met trek krag wat jy maklik kan beheer. Daar is al te veel stellings en beweeringe gemaak oor wat effektief is of nie. Maw die "bow setup" is baie laer as die voorgestelde regulasies. Die meeste jagters met 50, 60 of 70# boë skiet in elk gaval so tusen 5 en 10# onder maksimum kapasiteit. Dieselfde soos wapen kalibers. Baie kan meer doen en die kleiner kaibers laat ook die groot bokke val.

Vandag se boë is baie meer modern en kan beter KE lewer met laer ponde as ouer boë met hoëer ponde. Ek weet van jagters wat toetse gedoen het en wild geskiet het met "Under powered bows" om dit presies te bewys wat jy vra te bepaal. Al die wild het geval. Die ideaal is om die "vitals" te penetreer sodat die pyl uitval aan die anderkant of diep genoeg sodat bloeding kan plaasvind.

Maak seker die boog kan stel om by jou liggamsbou aan te pas. DIt is makliker om met n pasmaak geweer van iemand anders te skiet as om met n "custom fit bow" van n ander skut te probeer skiet.
BenJacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 880
Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm

Re: Boog ponde

Post by BenJacobs »

Dankie baie vir di inligting.
Die spesifieke boog is 'n nuwe boog wat as ou vooraand deur 'n winkel verkoop word. Dit is 'n ouer boog, maar nog nuut. Dit is 'n Prime Centergy hybrid wat goed kan verstel tot wat ek nodig het. Al bekommernis wat ek gehad het was dat 65lbs dalk net bietjie lig sal wees as daar dalk die kans is vir 'n moose of elk of so, maar die kans daarvan is maar min.
Groete Ben
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2133
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Boog ponde

Post by Ds J »

n Vriens van my het n kameelperd met n 65 of 70 pond boog geskiet.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Boog ponde

Post by Eduard Venter »

Dagsê Ben. Maak maar net seker oor die regulasie daaikant, maar ek kan nie dink daar is enige iets in Kanada wat nie met 65 pond doodgeskiet kan word nie

Sent from my SM-G780F using Tapatalk

BenJacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 880
Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm

Re: Boog ponde

Post by BenJacobs »

Dankie Eduard.
Ek het vandag gesien ons regulasies, vereis slegs 40lbs vir alle wild, moose en beer ingesluit.
Groete Ben
Post Reply