Rondloperhonde.... wat sê die wet?

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Rondloperhonde.... wat sê die wet?

Post by Alwin »

Dit is maklik om 'n emosionele opinie te lug, as jy nog nie self skade gely het van rondloper honde nie.

Die beginsel is: Jy moet jou hond onder beheer hou. Vir die eienaar beteken dit 'n omheining of leiband. L.W. nie halsband nie, 'n leiband, vasgehou deur die eienaar.

As die eienaar dan nie sy honde onder beheer kan hou nie, en hulle bevind hulle op my eiendom en bedreig my mense of diere, dan is dit my plig om hulle onder beheer te bring. Ek hoef nie eers weer skade te ly nie, dit het al die vorige keer gebeur. 'n Redelik effektiewe en veilige metode om hulle onder beheer te bring, is 'n loodinspuiting agter die oor.

Daar was al verskeie hoggeregshofsake oor sulke aangeleenthede gewees, dus is daar 'n regspresident ook. Een van die meer bekende sake was toe 'n klompie rugbyspelers in die tronk beland het weens moord. Hulle was ook aangekla vir die skiet van honde. Die hof het 'n baie duidelike uitspraak oor die saak gemaak. Lees gerus self op...

In my omgewing is rondloperhonde en ook stropers (eng: "poachers") met honde 'n voortdurende probleem. Daarom het ek gereeld besprekings met die plaaslike polisie oor die tipe saak. In kort, hulle het nie tyd om agterlosige mense of skelms (die skeidslyn is soms maar baie dun) se honde op te pas nie. Hier is genoeg ernstige misdaad om hulle lank mee besig te hou.

Ek weet ons is almal lief vir ons diere en veral ons honde. Dit is elke honde-eienaar se plig om sy eie honde te beheer en te versorg. Pas dus asb jou honde so op, dat hulle nie ander mense se honde, skape, bokke, werknemers of familie begin jaag of byt nie? Dis JOU job. Ek pas my eie honde op.

Die man gaan waarskynlik 'n vet eis teen verskeie betrokkenes kan instel, honde eienaar en polisie ingesluit.

Bg. is my persoonlike opinie. Vergewis jouself maar met jou plaaslike polisie se beleid en gesindheid, asook die jongste wetsbepalings, voordat jy jou hond laat los rondloop of teen so 'n hond optree...
Post Reply