Trofee Zebra

Post Reply
User avatar
Vantheman
Full Member
Full Member
Posts: 222
Joined: Wed Aug 24, 2011 8:06 am

Trofee Zebra

Post by Vantheman »

Dags? Manne

Ek wil net by al die slim manne iets uitvind. Ons het hierdie jaar heelwat zebras geskiet... Op al die plase het ons net een prys gekry vir die zebras, maak nie saak die grote of geslag nie.

Daar was egter een plaas waar daar 2 pryse was, die standaard prys en dan trofee prys. Die trofee prys was amper dubbel die gewone ene. 

Nou my vraag, hoe bepaal jy wat is 'n trofee zebra? Gaan dit net oor die kwaliteit van die vel of gaan dit oor die grote ook? Die mannetjie wat saam ons uitgegaan het, help die plaaseienaar met jagters. Nou hier is die snaakse deel van alles, hy kon my nie 'n reguit antwoord gee nie. Dit s? vir my hy het ook nie geweet nie.

Ek wag in spanning om te hoor wat julle manne s?...
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Trofee Zebra

Post by Gerhard »

Daar is nie so iets nie...

Dit hang van persoon tot persoon af.

Die hingste se velle is normaal weg slegter af omdat hulle so baklei.

Die merries se velle is dan meer werd as jy die vel wil verkoop.

Sou graag die boer se redenasie wou hoor oor hoe hy n trofee Zebra uitken...  ;D
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Vantheman
Full Member
Full Member
Posts: 222
Joined: Wed Aug 24, 2011 8:06 am

Re: Trofee Zebra

Post by Vantheman »

Dit was ons redenasie ook.

Dink hierdie boer wag vir iemand om in gat te trap...

Party van die manne hou meer van 'n hings se vel, s? hy het meer karakter... Ons het die velle almal verkoop en het baie beter gedoen met die merries se velle.

Dankie Gerhard, sal weer bietjie met die man gesels.
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Trofee Zebra

Post by Flip Nel »

dit is dalk as die Zebra snaakse patroone op se vel het of iets wat hom uniek maak.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Trofee Zebra

Post by Cobus(Cobb) »

Weet nie of dit waar is nie:
Die wild boer het heelweek die jagters(oorseese) gewaarsku om nie Likkewaan te skiet nie omdat dit so "raar" en "beskerm" is.
Op die laaste dag laat hy dit maar toe en vra toe astronomiese pryse daarvoor..

Klink my maar na selfde trick as die zebra troffee....
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Trofee Zebra

Post by Flip Nel »

Party mense sal ook hulle siel verkoop, dalk vertel hy die buitelanders ook stories van raar Zebras
Christo J
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Sun Sep 11, 2011 7:04 pm

Re: Trofee Zebra

Post by Christo J »

Daars n maklike antwoord... As hy swart is met wit strepe is hy heelwat goedkoper as waneer hy wit is met swart strepe.... julle moet fokus manne.. 8)
User avatar
Berg-Bewer
Full Member
Full Member
Posts: 110
Joined: Tue Mar 23, 2010 9:48 am

Re: Trofee Zebra

Post by Berg-Bewer »

Daar bestaan nie so iets soos 'n trofee Zebra nie, maar is slegs 'n interpretasie en hang af van persoon tot persoon. Ja die kwaliteit van die vel, merke, groote, ens gaan dit bepaal. Maw wat ek wil s? is die volgende. Indien 'n jagter 'n Zebra wil laat opstop, maw "cape" ens raak dit 'n trofee.

Ons oes redelik baie Zebra (Burchel) en het dit nog nooit op enige plaas teegekom nie, alhoewel al gehoor daarvan.

Diere word geklasifiseer in die volgende kategori?:

Sub Adults / Woollers (149.9kg en ligter), Adults (150 - 199.9kg) en Supers (200kg en swaarder) Verskoon die engelse terme.
Verder word die velle gegradeer volgens die merke, ens as 1 ste-, 2 de- en 3 de graad.

Hoop dit gee 'n bietjie duidelikheid.

Groetnis Berg-Bewer
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Trofee Zebra

Post by Stefan764 »

Wat slag n monster (Trofee  ;D ) Zebra hings uit? Karkas gewig
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Berg-Bewer
Full Member
Full Member
Posts: 110
Joined: Tue Mar 23, 2010 9:48 am

Re: Trofee Zebra

Post by Berg-Bewer »

Hallo Stefan764

'n Zebra yield so plus minus 82 - 83%, dit is bene ingesluit en die vel is plus minus 17.1%. Ons het onlangs 'n klompie gedoen wat plus minus 15 - 17 jaar oud was, almal was supers en het gemiddeld so 220kg geweeg. Dit is nou die totale karkas, kop, vel, ens sonder die pens, hartslag, ens.
Maw hulle moes so om en by  182.38 kg uitgeslag het, en vleis gewys so plus minus 148.8+ kg

Groetnis Ber-Bewer
Post Reply