Inloop kluis - Humiditeit

Post Reply
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Inloop kluis - Humiditeit

Post by Apie »

Middag Manne!!

Ek het uiteindelik my inloop kluis kon bou.

Het vir my ‘n demuhidifier aangeskaf wat baie goed werk.

As ek hom stel op 40% humiditeit onttrek hy omtrent 900ml water per dag.

Ek glo dit sal minder word met tyd soos die sement droog woord.(kluis is so 3 maande oud)

Nou is die vraag

Teen watse humiditeit roes wapens?

Ek kan hom stel op 15% maar dan sal hy nooit afskakel met die elektrisiteit verbruik wat daarmee saamgaan.

Ek hou hom tans op 40% maar weet nie wat ‘n veilige nommer is nie.

Wat is julle ervaring?


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Inloop kluis - Humiditeit

Post by Capt. Yoda »

40% teen so 20grade behoort reg te wees, te laag en jou kolwe kan begin kraak ok..dis nou as da nog mense met hout geweer kolwe is
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Inloop kluis - Humiditeit

Post by Apie »

Capt. Yoda wrote:40% teen so 20grade behoort reg te wees, te laag en jou kolwe kan begin kraak ok..dis nou as da nog mense met hout geweer kolwe is
My jaggewere het almal hout kolwe op! Ek dink die temperatuur met die masjien in is bietjie hoër(skat so 25Celsius) sal meet en terugvoer gee


Sent from my iPhone using Tapatalk
Martiens Bekker
Full Member
Full Member
Posts: 198
Joined: Wed Aug 10, 2022 4:37 pm

Re: Inloop kluis - Humiditeit

Post by Martiens Bekker »

Ek het 'n gat deur die muur geboor met 'n pyp gekoppel aan die dehuminfier. Hier in George is dit verskriklik klam in die lug so die eerste week of twee het ek twee keer per dag hom leeg gemaak tot ek sien mens kan 'n pyp koppel. Nou hou my vrou se bedding baie van die water.

My masjien is op 40% en 'n eksterne meter wys 37% en om en by 22'C.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Inloop kluis - Humiditeit

Post by Apie »

Dankie Martiens

Myne het ook ‘n pyp. Moet net nog die gat boor in die muur.

Ek laat hom tans dreineer in ‘n 10liter waterkan met ‘n klein gaatjie by die prop


Sent from my iPhone using Tapatalk
Forester
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am

Re: Inloop kluis - Humiditeit

Post by Forester »

Sover ek kan onthou moet dit verkieslik tussen 40% en 60% wees, myne is op 50% gestel.
Wynand

470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2943
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Inloop kluis - Humiditeit

Post by Lategan1 »

Forester wrote: Mon Oct 27, 2025 8:38 am Sover ek kan onthou moet dit verkieslik tussen 40% en 60% wees, myne is op 50% gestel.
Ek het nie self een nie. Wel gaan oplees hieroor na aanleiding van die vraag, veral verskil tussen kus en binnelands. Ek het grootgeraak met ‘n kelder en kluis, weet ook van meer as 1 waar nie sorg gemaak word nie. Dit is om die minste te sê, roes chaos - die klammigheid is orals tasbaar en veral aanvoelbaar.

Dit stem ooreen wat Forrester hier sê.

Die vraag dus is, manne met instapkluise en ervaring hieroor, wat is optimaal wat oor tyd werk? Die tipiese binnelandse seisonale min. humiditeit blyk 47% te wees, maks. 59%. Dit is van belang vir houtkolwe - ek sou dink jy wil binne redelike perke nie uiterstes hê nie. Dit is o.a. die rede hoekom ons Kapenaars ongeag lugdruk, seisonaal moet houtkolf gewere se zero kontroleer.

Weet nie hoe groot die kluis is nie, maar 900ml/dag klink baie.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2139
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Inloop kluis - Humiditeit

Post by Ds J »

As die kluis met suur skoongemaak is na die bouwerk kan dit ekstra probleme veroorsaak. Sommige bouers doen dit en dan sit n mens met voortdurende roes aan alle metaal.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Inloop kluis - Humiditeit

Post by Apie »

Ds J wrote:As die kluis met suur skoongemaak is na die bouwerk kan dit ekstra probleme veroorsaak. Sommige bouers doen dit en dan sit n mens met voortdurende roes aan alle metaal.
Darem nie Ds!


Sent from my iPhone using Tapatalk
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Inloop kluis - Humiditeit

Post by Apie »

Lategan1 wrote:
Forester wrote: Mon Oct 27, 2025 8:38 am Sover ek kan onthou moet dit verkieslik tussen 40% en 60% wees, myne is op 50% gestel.
Ek het nie self een nie. Wel gaan oplees hieroor na aanleiding van die vraag, veral verskil tussen kus en binnelands. Ek het grootgeraak met ‘n kelder en kluis, weet ook van meer as 1 waar nie sorg gemaak word nie. Dit is om die minste te sê, roes chaos - die klammigheid is orals tasbaar en veral aanvoelbaar.

Dit stem ooreen wat Forrester hier sê.

Die vraag dus is, manne met instapkluise en ervaring hieroor, wat is optimaal wat oor tyd werk? Die tipiese binnelandse seisonale min. humiditeit blyk 47% te wees, maks. 59%. Dit is van belang vir houtkolwe - ek sou dink jy wil binne redelike perke nie uiterstes hê nie. Dit is o.a. die rede hoekom ons Kapenaars ongeag lugdruk, seisonaal moet houtkolf gewere se zero kontroleer.

Weet nie hoe groot die kluis is nie, maar 900ml/dag klink baie.

Beste.
Dit is baie!

Maar ons het baie meer reen as normaal gehad en ek dink die hoeveelheid vog wat uit die sement kom word onderskat.

Vandat ek hierdie gepos het is ek op 850ml

Kluis is LxBxH 2400x1400x2350


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2943
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Inloop kluis - Humiditeit

Post by Lategan1 »

@Apie, nuwe beton se RH stabiliseer tipies rondom 90dae en ook langer. Jy is nou daar. Duimreël is vir elke 25/30mm betondikte neem dit 30 dae. [30mm/30dae] Onderhewig aan eksterne faktore natuurlik. Aangeheg datasheet uittreksel vanuit ‘n Australiese navorsingstuk ter stawing.

Na afloop van nabehandeling en droging handhaaf beton ‘n RH van ongeveer 70-75%. Die teenwoordigheid van vog aan die buitekant van die beton, (kluis is binnekant) het ‘n reuse impak hierop. Dit sê vir ons dat die konstruksietegniek (bv. afseël van buitekant van beton vir vog indringing) en geo area grootliks bepaal wat die tipiese vereiste is van ‘n “de humidifier”.

Interessante onderwerp en ter info.

Beste.
IMG_4894.jpeg
IMG_4893.jpeg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Lategan1 on Tue Oct 28, 2025 9:26 am, edited 4 times in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2943
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Inloop kluis - Humiditeit

Post by Lategan1 »

Martiens Bekker wrote: Sun Oct 26, 2025 7:43 pm Ek het 'n gat deur die muur geboor met 'n pyp gekoppel aan die dehuminfier. Hier in George is dit verskriklik klam in die lug so die eerste week of twee het ek twee keer per dag hom leeg gemaak tot ek sien mens kan 'n pyp koppel. Nou hou my vrou se bedding baie van die water.

My masjien is op 40% en 'n eksterne meter wys 37% en om en by 22'C.
@Martiens

Sal graag wil weet of jy jou stelsel al op 50% stelling gedoen en getoets het en wat is die resultaat?

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Inloop kluis - Humiditeit

Post by Malan123 »

Apie, ek kan ongelukkig nie jou oorspronklike vraag antwoord nie, maar ek hardloop my dehumidifier permanent al vir langer as 2 jaar en op gemiddeld haal ek 1.5l na 2l water daar uit elke dag. Ek hou natuurlik ook al die ligte permanent aan. my kluis is 3mx2.15m
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Inloop kluis - Humiditeit

Post by Wouter Roets »

More Manne

Ek is bang om iets hier te se aangesien ek werklik in die agt jaar nog nie n enkele probleem met humiditeit in my kluis gehad het nie. Ek het ook nog nooit n de-humidifier gebruik nie. Al wat my kluis in het is n gewone dak extractor fan wat werk saam met die hoofligte. Wat my kluis wel het is dat hy geseel is met n tiepe dakseeler en dan is daaroor geverf. Beide die mure en die vloer. Ek weet eerlikwaar nie van vog nie.

Groetnis
Wouter
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Inloop kluis - Humiditeit

Post by Apie »

Wouter, hoe oud is jou kluis?


Sent from my iPhone using Tapatalk
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Inloop kluis - Humiditeit

Post by Alwin »

Daar is hoofsaaklik 2 bronne van vog (waterdamp) in 'n kluis:

1. Beton mure wat eerstens met nat sement mengsels gebou word. Die water is nodig om die sement te laat set en hard word, dus wil mens die beton so lank as moontlik nat hou. 3 weke is 'n goeie tyd vir volle set en hardheid. Mettertyd verdamp die water en dit verhoog die RH in die kluis. Die beton is ook effens porieus, m.a.w. dit laat 'n klein bietjie lug en vog deur. Na behoorlike afdroging, sal 'n seëllaag help om vog uit te hou.

2. Die atmosfeer bevat vog. Soggens is die RH gewoonlik redelik hoog, selfs in baie droeë gebiede. Soos die son bak en die lug warm word, verlaag die RH deur die dag. Sodra die son sak, klim dit weer. As jy dou op jou grasperk sien, beteken dit dat die RH 100% bereik het en dat die surplus vog op die gras gaan kondenseer het. Dieselfde ding kan in jou kluis gebeur, as die temperatuur daal en die RH klim. Dis hoekom 'n koel, donker plek (instapkluis, kelder ens.) so bedompig raak. Sodra die kluis se temperatuur daal, krimp die lug en suig hy lug van buite af in. Daardie lug bevat ook vog. As die kluis nou bedags warm word en snags afkoel, "haal hy asem" en trek elke dag 'n klompie vogtige lug in. Dit geld natuurlik vir gewone staal kluise ook.

Dit is dus goed om 'n "dehumidifier" te gebruik om die vog in die kluis te vang. As jy die temperatuur redelik stabiel kan hou, help dit dat daar nie vogtige lug ingesuig word nie. 'n Hoër temperatuur help ook om die RH laag te hou. Alles natuurlik binne perke, ons wil nie 'n droogoond bou nie...
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Inloop kluis - Humiditeit

Post by Wouter Roets »

Apie wrote: Tue Oct 28, 2025 7:45 pm Wouter, hoe oud is jou kluis?


Sent from my iPhone using Tapatalk
Luan soos ek verstaan is hy seker al by die 40 jaar as dit nie meer is nie.
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2319
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Inloop kluis - Humiditeit

Post by JAGTERSREG-JRM »

Ek hardloop my kluis op 45 vir die afgelope 11 jaar, sommige tye sal hy baie vog onttrek maar meeste van die tyd hardloop hy droog. Somermaande met baie reen haal hy klomp vog uit maar moet ook byse my kluis staan nie toe vir lang periodes nie. Deur is gereeld oop en toe dus sal daar vog inkom van tyd tot tyd. Nog geensins enige probleme met roes of houtkolwe gekry nie.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Post Reply