Arsenaal oor begin
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Arsenaal oor begin
Dag sê almal.
Eerste keer in 'n ruk wat ek plaas. Ek, my vrou en ons seuntjie het so 4 maande terug Kanada toe verhuis. So ek sit en wonder in die - 31 dag.
Ek gaan my kluis oor begin hier en het so bietjie kos vir dink nodig.
Vir my eerste geweer wil ek iets kry wat ek solank kan gebruik om meeste wild mee te kan skiet. Ek het besluit op 'n Tikka t3x, hier is hulle so $150 goedkoper as die Howa 1500. Ek probeer nog op kalieber besluit, sover dink ek 7mm08.
Die volgende is belangrik om in gedagte te hou:
1. Die spesies wat ek mees algemeen sal skiet is, whitetail, cyotes en blackbear en dan Moose en elk met geleentheid.
2. Knaldempers is verbode
3. Ammunisie en herlaai komponente is nie 'n probleem nie.
4. Hier in Saskatchewan is dit plat en oop, so skote sal gemiddeld 250m en meer wees.
Watter kalieber sal julle kies en hoekom?
Groete Ben

- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Arsenaal oor begin
Ben, nou hoekom het julle verhuis soontoe, as ek mag vra? Skuus, ek kaap nou jou gesprek . . . maar vertel ons hoekom jy die groot besluit geneem het asb.
Jou vraag hierbo . . . praat met die "locals" daar, nie noodwendig die geweerwinkels nie, maar die plaaslike jagters, boere, ens. Op die manier kry jy advies so uit die perd se bek uit. Vra natuurlik ook heeltyd HOEKOM . . . na 'n klompie gesprekke gaan jy baie beter advies kry as manne hier in die suidpunt van Afrika wat nie noodwendig al die faktore en omstandighede in Kanada in ag neem as hulle jou probeer adviseer nie.
Hou asb kontak met ons hier in SA . . . en asb tog, moet nou nie 'n ander aksent ontwikkel of skaam word oor jou werklike identiteit nie. Ek sê dit so bietjie tong-in-die-kies, maar tog verwys ek na vele gevalle waar mense vanuit SA later in die buiteland heeltemal hul kultuur, moedertaal, ens opsy skuif.
Ons sien daarna uit om te lees van al jou jagervaringe daar!! Sterkte en voorspoed met al die aanpassings wat julle as gesin moet deurmaak.

Ds J
- Hero Member

- Posts: 2140
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Arsenaal oor begin
Goeiedag Ben, ek stem saam met Win270 - kyk wat werk daardie kant. Daar sal 'n rede wees waarom die jagters op n sekere manier te werk gaan.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13527
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Arsenaal oor begin
300wsm
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3073
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Arsenaal oor begin
Met ‘n 165 of 180gr bonded en 200m zero as jy sonder rangefinder te werk sou gaan!Capt. Yoda wrote:300wsm
Sent from my iPhone using Tapatalk
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Arsenaal oor begin
Daardie 7-08 sal 'n baie goeie begin wees. Lig op die skouer en met behoorlike koeëls sal hy aanvanklik die ding doen. Jy praat van 'n arsenaal, so die 223, 243 en groter .30 kalibers kan later bykom.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Arsenaal oor begin
Dag sê oom.win270 wrote: Sat Jan 04, 2025 6:36 am Ben, nou hoekom het julle verhuis soontoe, as ek mag vra? Skuus, ek kaap nou jou gesprek . . . maar vertel ons hoekom jy die groot besluit geneem het asb.
Jou vraag hierbo . . . praat met die "locals" daar, nie noodwendig die geweerwinkels nie, maar die plaaslike jagters, boere, ens. Op die manier kry jy advies so uit die perd se bek uit. Vra natuurlik ook heeltyd HOEKOM . . . na 'n klompie gesprekke gaan jy baie beter advies kry as manne hier in die suidpunt van Afrika wat nie noodwendig al die faktore en omstandighede in Kanada in ag neem as hulle jou probeer adviseer nie.
Hou asb kontak met ons hier in SA . . . en asb tog, moet nou nie 'n ander aksent ontwikkel of skaam word oor jou werklike identiteit nie. Ek sê dit so bietjie tong-in-die-kies, maar tog verwys ek na vele gevalle waar mense vanuit SA later in die buiteland heeltemal hul kultuur, moedertaal, ens opsy skuif.
Ons sien daarna uit om te lees van al jou jagervaringe daar!! Sterkte en voorspoed met al die aanpassings wat julle as gesin moet deurmaak.
Ek het 'n baie goeie werks aanbod gekry, wat ek nie voor kon nee sê nie. Ons het ook gevoel ons is nog jonk genoeg of dit aan te pak. Op hierdie stadium sien ons dit as 'n absolute avontuur en 'n geleentheid om ons horisone te verbreed. Ek het laasjaar seisoen werk in die VSA gedoen en rerig baie geleer en geniet. My gesin is nou net saam my so dis nog beter.
Die area wat ons in woon het ook so baie Suid Afrikaners dat mense al ons aksent leer ken het. En hulle vra so dan en wan vir biltong en droëwors. Almal hier huis ook vlae en ons Suid-Afrikanse vlag wapper trots in die sneeu.
Wat die jagters rondom ons aan betref, baie jag met kleiner kaliebers omdat ons elke jaar net verseker is van 'n whitetail die ander spesies moet jy "draw" voor, dit werk soos 'n lotto sesteem. Verder mag ons heeljaar cyotes skiet wat nogal 'n pieperige dier is, in die sin dat baie hulle sommer skiet met die 17HMR. My aanvanklike trek na die 7mm08 was dat hy darem groot genoeg is om Moose en elk mee te skiet maar ook klein en ekonomies genoeg is vir aldag in die trekker vir cyotes. Ek het ook opgelet dat die mense wat hier jag, het die naastenby die passie wat suid Afrikaanse jagters het nie. As hy iets skiet dan is dit so indien nie dan is dit ook okay.
Groete Ben
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Arsenaal oor begin
Net so oomtripodmvr wrote: Sat Jan 04, 2025 7:26 pm Daardie 7-08 sal 'n baie goeie begin wees. Lig op die skouer en met behoorlike koeëls sal hy aanvanklik die ding doen. Jy praat van 'n arsenaal, so die 223, 243 en groter .30 kalibers kan later bykom.
My oog is volgende op 'n 22-250 of 243 en dan 17hmr vir speel en kraai om die huis skiet. Ek ken glad nie die 7mm08 nie, maar hou baie van alles wat ek lees en sien.
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Arsenaal oor begin
Ben vir white tail het jy niks meer nodig as 'n 30 nul ses nie, vir lekker plat skote 6.5 PRC en vir speel 22 creedmoor. Sit daai nul ses 'n lekker muzzle brake op. Lekker koud daar waar jy is.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2140
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Arsenaal oor begin
Ben, as ek nou mooi tussen die lyne lees soek jy 'n "bakkiegeweer" - iets waarmee 'n boer in SA jakkalse, honde, bobbejane en ander lastige gediertes kan skiet. Dit sluit natuurlik ook 'n bok vir die pot in.
Sou dit dan nie eerder raadsaam wees om na die ligte en kleiner kalibers te kyk wat die mense daar gebruik nie? 'n Moose of elk gaan nie ver loop met 'n kopskoot nie, maar as dit in elk geval diere is wat jy op 'n trekking gaan skiet is die kans daarvoor uit die staanspoor al skraal.
Miskien 'n 243 of 6.5mm?
Sou dit dan nie eerder raadsaam wees om na die ligte en kleiner kalibers te kyk wat die mense daar gebruik nie? 'n Moose of elk gaan nie ver loop met 'n kopskoot nie, maar as dit in elk geval diere is wat jy op 'n trekking gaan skiet is die kans daarvoor uit die staanspoor al skraal.
Miskien 'n 243 of 6.5mm?
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Arsenaal oor begin
. . . of dan selfs 'n .223 n.a.v. Ds J se skrywe?
Koue en nat weer daar sal natuurlik sintetiese kolf verg.
Afstande wat geskiet word? Nou gaan ons ook weer gesels oor teleskope, ens.
Koue en nat weer daar sal natuurlik sintetiese kolf verg.
Afstande wat geskiet word? Nou gaan ons ook weer gesels oor teleskope, ens.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2140
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Arsenaal oor begin
Nee, dit moet oop visier wees. My grootjies het met n 303 oop visier op 300m ...win270 wrote: Sun Jan 05, 2025 6:26 am . . . of dan selfs 'n .223 n.a.v. Ds J se skrywe?
Koue en nat weer daar sal natuurlik sintetiese kolf verg.
Afstande wat geskiet word? Nou gaan ons ook weer gesels oor teleskope, ens.![]()
Ernstig: ek wou 'n 222/223/22-250 voorstel, maar hy noem 250m. Dit is waarom ek 'n bietjie swaarder kaliber voorgestel het.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Arsenaal oor begin
Ja, ek en my seun het klompie jare gelede met paar gewere gaan skiet op die skietbaan hier by Durban Deep, was o.a. ook besig met ladingontwikkeling. Toe is daar 'n jongerige man met sy pa wat langs ons skiet. Lateraan kyk hulle vir my en die jongman vra my: "Oom, wat het julle teen 'n teleskoop?" Al die gewere was oopvisier. Ek is ook nog van die garde wat ekstra respek het vir 'n jagter wat oopvisier en uit die vuis uit 'n netjiese doodskoot kan skiet. Gereelde oefening met 'n windbuks (op spreeus) kan nogal baie help om dit reg te kry.
-
Leon Crous
- Sr. Member

- Posts: 429
- Joined: Wed Jun 18, 2014 12:08 am
Re: Arsenaal oor begin
6.5 PRC all the way - vir jou aanwendings.
Kan hom aflaai en 150's skiet.... of 120gr teen spoed van wit lig vir klein goedjies...
Kan hom aflaai en 150's skiet.... of 120gr teen spoed van wit lig vir klein goedjies...
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1540
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Arsenaal oor begin
Tong in die kies, die Kanadese hou nogal van hulle 303's, ook die Epps. Maar dit kan dalk al skaars raak.
6.5PRC of 270Win dink ek sal die meeste van die werk goed kan doen. Dalk ook kyk na 'n 300PRC waarmee jy gemaklik moose ook kan huistoe bring. Jy sê arsenaal, so meer as een geweer? 22-250 met 'n 300 later selfs 375 as jy groot wil gaan? Maar dit is 'n lekker, maar ook frustrerende pad om te loop. Decisions, decisions.

'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 956
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Arsenaal oor begin
Vir 'n begin sou ek 'n .243 en .308 aanskaf vir jagdoeleindes. Jy sal daarmee enigiets kan doen wat jy wil. Ammunisie en herlaai komponente is geredelik beskikbaar.
Daarna kan jy kyk vir spesifieke kalibers soos wat jy verskonings kan uitdink om dit aan te skaf.
Daarna kan jy kyk vir spesifieke kalibers soos wat jy verskonings kan uitdink om dit aan te skaf.
-
ZKK
- Hero Member

- Posts: 624
- Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm
Re: Arsenaal oor begin
Ek dink nogal iets soos n .243 Ackley sal ook baie sin maak.
As jy n moose trek in die draw dan leen mens maar n geweer
As jy n moose trek in die draw dan leen mens maar n geweer
-
Klein Chris
- Hero Member

- Posts: 612
- Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 880
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Arsenaal oor begin
Bietjie terugvoer.
My PAL (Purchase and Acquisition License) is intussen goed gekeur. Hier kry jy eenkeer jou lisensie en dan kan jy koop soveel jy wil en selfde dag huistoe vat.
Ons het bietjie baie oortyd die laste ruk gewerk en ek het 'n juk ontwikkel. Ek het toe besluit op 'n tikka T3X 7mm-08. Hy staan tans nog sonder 'n skoop net so.
Ekt ook 'n CZ 457 American gekoop (naaste aan my Brno wat ek gehad het) hy het Hawke 3-9x40 op. Hy ry elke dag saam in die bakkie /trekker ens. Ek het darem 'n paar kraaie, eedkorings en 'n cyote met hom geskiet.
En laastens het ek 'n Rev-Arms M12 haelgeweer gekoop vir ganse en kleie.
Nou is dit skoop vir 7mm-08 en dan herlaai goed voor jag seisoen in November.