Sien hierdie advertensie in ons NLU-nuusbrief:
? Klein Karas/Grunau 9 Hondjies (gebore 5 November 2010) @ N$ 350 - Ma ?n Bloodhound en pa ?n Irish Terrier. Baie goeie kombinasie vir ongedierte beheer. Kontak Johan de Klerk by Tel: 063 ? 266 006 of Cel: 081 ? 247 4469 of epos: arbeid@mtcmobile.com.na
Dog toe ek moet dalk by Oom Johan aanklop (sommer hier naby my), want hier is 'n "ander hond & roeper"-kombinasie (weet ook nie aldag hoe goed hulle is nie) op my plaas wat tans nog verantwoordelik is vir die ongedierte beheer ...
Hond vir Ongedierte Beheer?
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Hond vir Ongedierte Beheer?
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
jakkie 735
Re: Hond vir Ongedierte Beheer?
Louis,
Ek jag so tyd gelede by 'n klient. Jakkals jaghonde kom ook ter sprake. Vertel die klient vir my as jy op 'n plaas kom stop en die windhonde( wat as jakkals jaghonde gebruik word) so skaam opstaan uit hulle leplekke. Kan mens verseker wees dat daai jakkals het. Ek weet nie of die klient praat uit ondervinding nie, maar hy is oortuig van sy stelling. As jy die R350 per hond oorweeg, lees weer die stukkie of sal dit net van toepassing wees op windhonde!!
Mooi Loop
Jakkie 735

- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Hond vir Ongedierte Beheer?
Jakkie375
Ja, die honne is ook nie altyd mans genoeg vir ou vlekkie nie. Jag laat verlede jaar by man, net die honde in die veld toe gehad(ek verpes dit om in die stof van honde te jag). Vertel my toe dat hy voorsit met honne op die spoor en toe die honde deur is kom die jakkalse agterna, hou net so 3-400meter agter die honde!
Seker gedink dat as die honde se bekke vorentoe wys, kan hulle maar kattermaai agterlangs.

Mooiloop en Geseende Kersfees!
-
AWB
Re: Hond vir Ongedierte Beheer?
Hello daar almal.
Ek jag al 11 jaar ongediertes in die Oos Kaap Area met honde, spesifiek met Blue Ticks en Jakkalshond/Bloedhondkruisings en
niks is lekkerder as die honde praat nie.

- MEERKAT
- Hero Member

- Posts: 737
- Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm
Re: Hond vir Ongedierte Beheer?
Hallo
In die Ooskaap is 'n jagter met 'n pak honde wat 'n jakkals spoor 27km ver gevat het en doodgemaak het, wil gedoen word.
Honde het verseker hul plek in die beheer van die goete, maar honde in verkeerde hande kan net so baie skade doen. Hier by ons in die meent gronde word daagliks gejag met honde, natuurlik heel onwettig, permit vir honde word net soos helikopter permit glad nie in Weskaap uitgereik nie, omrede dit nie selektief is, onmenslik en volgens wetgewing van 1974 nog nooit in Weskaap toegelaat word nie.
Bel bietjie vir Cape Nature in Weskaap en kyk wat se die manne oor honde wat in meentgronde jag, beskermde wild soos steenbokkies word gevang.
Mooi loop
MEERKAT

gertjcoffee
Re: Hond vir Ongedierte Beheer?
Is opsoek na iemand wat uitjag met 'n pak honde,Boer in Prieska(noord Kaap) omgewing.My plaas so 85% geelektrifiseer en haat gif.So ek het die vrymoedigheid om te vra.Watse honde kan jul ook aanbevel om aan te hou.Jul kan my email by gert.nicoline@gmail.com.