Help so bietjie met keuse
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7558
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Help so bietjie met keuse
Hallo Kerels
Hoop dit gaan goed met julle almal. Ek sit die vakansie en top oor n paar dinge en een van hulle is my huidige situasie met my pistole. Ek dink dit het tyd geraak om ontslae te raak van die meeste en te standariseer op een model en maak.
Nou en ek is een wat nog bitter min so n tiepe vraag hier gevra het, met bleddie goeie rede, op wat en hoekom? Nou toe laat dit gons!
Groetnis
Wouter

- Geno
- Administrator

- Posts: 13644
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Help so bietjie met keuse
In 'n wereld sonder bekommernisse van wat iets kos, sou ek 'n SVI Infinity baie baie like!
Die nuwe War Power 9mm is meer as kompak genoeg vir 'n man om versteek te dra.
Hy en die Wilson COmbat EDC X9 2.0 is darm maar net iets om oor te kwyl.

Maar, ek is nie skatryk nie, en gewere is duur. So as jy jy was, sou ek kyk na iets soos Glock 43x, CZ P09 Nocturne, S&W M&P9C etc...
Met dit het jy alles wat man nodig het in 'n handwapen vir elke dag dra.

Goed, beter, 6millimeter!
-
savage(P Coetzer)
- Hero Member

- Posts: 973
- Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm
Re: Help so bietjie met keuse
Die sig p365 druk ook al die regte knoppies vir edc.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5023
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Help so bietjie met keuse
Wouter,
Wat soek jy uit die pistool uit dink dit moet jou eerste vraag wees?
Daar is lekker geoed wat daar buite is jy kan die compact model dra vir self defense en die groter model boetie gebruik vir huis defence en dan natuurlik sportskiet.
Selfde mags tussen die twee een dalk net korter as die ander jy sal die groter boetie se mags in die Compact gebruik maar nie anders om.

Supacow
- Hero Member

- Posts: 2111
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: Help so bietjie met keuse
1911 en Ruger
Maklik
Maklik
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1879
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Help so bietjie met keuse
As dit uitsluitelik vir SD is sou ek dit kompak en eenvoudig hou en iets koop waarvoor daar parte is. Iets soos CZ of Glock. As dit vir sportskiet is sou ek beslis kyk na die CZ shadow 2. My 5c
Dis n moeike vraag en almal gaan se wat hulle gunsteling wapen is. Wouter bring jou kredietkaart dan help die jaracallers jou koop.

Last edited by Ratel on Tue Apr 08, 2025 8:43 pm, edited 1 time in total.
Maak 'n verskil
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8009
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Help so bietjie met keuse
Iets soos die Atlas Gunworks Ares 4.25" ported .... net so R185k hier in SA

-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2156
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Help so bietjie met keuse
In eiendomme is daar drie belangrike vereistes: ligging, ligging, ligging.
Vuurwapens is byna dieselfde: doel, doel, begroting.

Krobb
- Full Member

- Posts: 179
- Joined: Sat Mar 01, 2014 4:57 pm
Re: Help so bietjie met keuse
Wat is fout met n SR9c.
Wat doen die ander wat hy nie kan doen nie spesifiek vir EDC.
Wat doen die ander wat hy nie kan doen nie spesifiek vir EDC.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7558
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Help so bietjie met keuse
More Manne
Dankie vir die gedagtes deel sover. Ja ek het fout gemaak om nie my vraag meer doelgerug te stel nie. Huidig het ek 2 x Ruger SR9 Compact's, 1x Ruger SR1911, 1 Taurus PT92 Compact(my eerste pistool) en n TZ99 wat my oorlede Pa s'n was. O-ja en my vrou het n Taurus PT Millennium.
Ek dra bitter min my pistool by my vir die eenvoudige rede dat dit nog altyd ongemaklik is. Glo n mens gaan hierdie moet aanspreek in die toekoms.
Ek kan nie fout vind met die 2 SR9's nie, maar in SA is goed soos bybehore n uitdaging met Rugers asook parte sou iets verkeerd gaan.
My droom pistool is nog altyd die 1911 platvorm en Kobus van der Berg het vir my n baie nice opsie gegee met die nuwe Ermox Xpower. Daar is baie wat vir die pistool tel soos Glock magesyne en spasie vir modifikasie, maar die groot vraag is wat as iets verkeerd gaan? Die 2011 pistole is seker die naaste aan my idiaal as dit kom by looks, hantering en werking.
Van die make wat hierdie bekommernis aanspreek is die twee bo seker Glock en CZ. Nie een van die twee praat werklik met my hart nie, maar die CZ P07 kom seker die naaste. Nou ek moet bieg ek is nie n groot pistool man nie en alhoewel ek nie n leuk is nie kan ek nie vir jou se wat die verskille tussen die magdom Glock's bv is nie. Ja ek ken die verskil tussen n SA, DASA, Stikerfire ens is maar daar is baie goed wat ek nou eers van werklik uitvind. Ek kyk die videos op Youtube en soos altyd is jy meer deurmekaar na die tyd as voor die tyd.
In kort kyk ek om so drie of vier van dieselfde pistole te koop hoofsaaklik vir selfverdediging. Hulle moet eerstens betroubaar wees. Hulle moet n redelike track record he met parte en naverkope diens, moet opsies he as jy iets soos n red dot sight of flits wil opsit en natuurlik vrylik beskikbare holster opsies asook magesyne.
So ek vra vir die manne wat werklik uitmaak oor die goed wat jou voorstel sal wees en hoekom?

- saswart
- Sr. Member

- Posts: 485
- Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm
Re: Help so bietjie met keuse
Wouter - as jy se jy hou van die PO7, mag ek dalk 'n opsie he wat jy kan oorweeg.
Gaan loer gerus na die CZ PO1 omega of selfs, bietjie duurder, 'n CZ Shadow compact. Beide is die P07 grootte min of meer, maar ietwat beter (en duurder). Beide se magasyne werk vir mekaar. Die P01 kan ook lekker verander word met ander straps ens. Dan as die gogga jou eendag byt, kan jy een van die magdom CZ shadow 2's kry vir kompetisie of net 'n lekker skiet pistool. Dit (Shadow) word wyd bestempel as die beste pistool...

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by saswart on Wed Apr 09, 2025 9:46 am, edited 1 time in total.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8009
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Help so bietjie met keuse
Wat van die nuwe Ruger RXM?
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13582
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Help so bietjie met keuse
Ek is seker n Transito revor sal daai Taurus PT92 by jou oor koop.
Iemand het vroer ook genoem die Sig P365XL, parte is seker nie so beskikbaar soos Glock en CZ nie maar hulle is nie regtig skaars nie en dis n bitter lekker skiet yster maar vir ons met groter hande voel hy vir my dalk net bq smal maar aan die ander kant voel hy baie gemaklik as jy hom dra, daar is darem wel grip upgrades beskikbaar.
Die CZ P01 is seker selfde size as die Sig en ook n baie lekker pistool maar as ek so na jou behoeftes kyk is Glock seker die maklike call

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7558
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Help so bietjie met keuse
Sassaswart wrote: Wed Apr 09, 2025 9:31 am Wouter - as jy se jy hou van die PO7, mag ek dalk 'n opsie he wat jy kan oorweeg.
Gaan loer gerus na die CZ PO1 omega of selfs, bietjie duurder, 'n CZ Shadow compact. Beide is die P07 grootte min of meer, maar ietwat beter (en duurder). Beide se magasyne werk vir mekaar. Die P01 kan ook lekker verander word met ander straps ens. Dan as die gogga jou eendag byt, kan jy een van die magdom CZ shadow 2's kry vir kompetisie of net 'n lekker skiet pistool. Dit (Shadow) word wyd bestempel as die beste pistool...
Van wat ek kan wysword het die Shadow2 Compact nie n decocker nie asook nie n firingpin block nie. Goed wat ek voel vir daai prys daar moet wees. Die P01 het weer nie die standaard opsies vir Red dot plate nie, ook nie n safety nie. Hy bly wel ongelooflik gewild onder baie mense. Gaan dalk net sukkel om 3 of 4 nuwes van hulle te kry?
Groetnis
Wouter
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7558
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Help so bietjie met keuse
Arnold, daai is n opsie. Lyk na n wenner op heelwat gebiede.
Cappy Glock is seker die beste opsie. Daar is so baie goed wat vir hom tel en om alle te kroon is hy uitstekend geprys. As iemand net vir my eendag die verskil tussen die modelle kan verduidelik!

- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1489
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Help so bietjie met keuse
Wouter Roets wrote: Glock is seker die beste opsie. Daar is so baie goed wat vir hom tel en om alle te kroon is hy uitstekend geprys. As iemand net vir my eendag die verskil tussen die modelle kan verduidelik!

Sent from my SM-G973F using Tapatalk
- saswart
- Sr. Member

- Posts: 485
- Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm
Re: Help so bietjie met keuse
Dagse Wouter,Wouter Roets wrote: Wed Apr 09, 2025 11:15 am Sas
Van wat ek kan wysword het die Shadow2 Compact nie n decocker nie asook nie n firingpin block nie. Goed wat ek voel vir daai prys daar moet wees. Die P01 het weer nie die standaard opsies vir Red dot plate nie, ook nie n safety nie. Hy bly wel ongelooflik gewild onder baie mense. Gaan dalk net sukkel om 3 of 4 nuwes van hulle te kry?
Groetnis
Wouter
Ja dit is so met die shadow en shadow compact. Mense argumenteer weer oor geen safety met die Glocks ens.
Die PO1 kan jy die decocker uitruil vir 'n safety. Dan kan jy verskeie plekke nader om vir jou slide cut te maak vir die optics - dit is redelik algemeen onder pistole wat nie "optics ready" is. Maar dit sit ook mense af, wat verstane is.
Dan op die Glocks
In 9mm... Kleinste is die 43 (6+1) en dan 43X (10+1) (deesdae baie gewild)(van kant af amper presies dieselfde as 19, net korter loop en ietwat dunner). Die 43X het effens groter/langer grip. Dan kom die 26 (selfde lengte as die 43, net dikker en vat 10+1; dan 19 (15+1) - so groot soos 'n p07/p10C ens. (mees gewildste Glock); dan kom die 17, grootste van die klomp (17+1). Jy kry ook kom ons noem hul hybrids, iets soos 'n 19X/45 ens.
Die 43 en 43X gebruik elk hul eie magesyne en met niemand compatible. Die ander (26/19/17 ens), werk die groter magesyne altyd in die kleiner pistole, maar nie andersom nie. MAW, jy kan 'n 26 he, met 'n 17 se magesyn
Sterkte met die soek - dit is mos eintlik die lekkerste...
Groete
Stephen
Last edited by saswart on Wed Apr 09, 2025 12:03 pm, edited 1 time in total.
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1489
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Help so bietjie met keuse
Glock is soos 'n hilux. Eenvoudig, betroubaar, parte beskikbaar en werk net eenvoudig baie goed. Baie plastiek maar daai plastiek werk mooi! Dis basies die enigste pistool wat mens kan koop sonder om regtig huiswerk te doen.
Vir die res is dit maar oplees, vat, voel en iets kry wat jou hart begeer. Ek wou nooit 'n glock gehad het nie omdat dit so vrek lelik is. Maar daai lelik maak juis dat hy nooit tyd in die kluis spandeer nie omdat daar niks skerp hoekies is nie
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Vir die res is dit maar oplees, vat, voel en iets kry wat jou hart begeer. Ek wou nooit 'n glock gehad het nie omdat dit so vrek lelik is. Maar daai lelik maak juis dat hy nooit tyd in die kluis spandeer nie omdat daar niks skerp hoekies is nie
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2156
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Help so bietjie met keuse
Om 'n vuurwapen aan te skaf is baie soos om 'n voertuig aan te skaf, en die argumente kan in baie gevalle net so oorgedra word.
"Wat is die beste voertuig?" tel net as jy die doel kan byvoeg.
Selfverdediging beteken in kar-taal "Ek soek iets waarmee ek enige tyd kan veg, of vlug, of jaag vir die dokter". (Inkopies ens tel nie.) Jy soek dus daardie een voertuig wat 100% betroubaar is, sonder probleem oor enige van jou gewone paaie kan ry, en genoeg spoed het vir 'n noodgeval.
Dit beteken verder dat die doel baie ander fieterjasies uitsny - blink spieëls, "facelifts", mooi wiele en sulke goed maak nie saak as jou lewe op die spel is nie. Hy moet net kan werk. In terme van handwapens is sake soos "striker vs hamer" of "veiligheidsknip/nie" ens geheel en al 'n mors van tyd. As jy genoeg oefen verval daardie argumente.
Vir die gemiddelde SA persoon staan enkele sake uit:
- betroubaarheid
- drabaarheid en versteekbaarheid, dus 'n kleinerige iets
- verkieslik genoeg skote
My raad is standaard om verskillende modelle te identifiseer, en hulle verskeie kere te probeer dra en skiet. Dan kies jy op grond van kennis en ervaring, en nie op grond van teorie en opinies nie.

Glocked
- Sr. Member

- Posts: 386
- Joined: Wed May 16, 2018 4:51 pm
Re: Help so bietjie met keuse
Ek is saam Eduard hier. Ek het lank CZ's geskiet, en toe oorgegaan na die Glock platform toe. Alhoewel nie baie mooi nie, kry hulle die werk gedoen. Die Glock's het my beter gepas, en my skiet styl beter gepas, en ek kon baie beter presteer met bv 'n G17 as CZ Shadow, teen almal se op en aanmerkings en kommentaar. Het steeds die G19 as dra pistool, en 'n G17 kompetisie pistool. Party en toebehore, magasyne ens is om elke hoek en draai beskikbaar, en met half oraait ammo, en 'n nuwe spring kit elke 10k rondtes sal die Glocks jou vêr vat, en terug bring.Eduard Venter wrote: Wed Apr 09, 2025 12:03 pm Glock is soos 'n hilux. Eenvoudig, betroubaar, parte beskikbaar en werk net eenvoudig baie goed. Baie plastiek maar daai plastiek werk mooi! Dis basies die enigste pistool wat mens kan koop sonder om regtig huiswerk te doen.
Vir die res is dit maar oplees, vat, voel en iets kry wat jou hart begeer. Ek wou nooit 'n glock gehad het nie omdat dit so vrek lelik is. Maar daai lelik maak juis dat hy nooit tyd in die kluis spandeer nie omdat daar niks skerp hoekies is nie
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Howa 6.5PRC
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
Schultz & Larsen .30-06 Sprg
Winchester Mod 70 375H&H
Maverick 12G Pomp
Glock 17
Glock 19
-
HeinM
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Re: Help so bietjie met keuse
Stem heeltemal saam. Ek het al vir 25 jaar 'n G19 Tot ek met my vrou se Beretta APX geskiet het. Feitlik in alle departemente beter... Ek moet dalk 'n Gen. 5 kryGlocked wrote: Wed Apr 09, 2025 8:09 pmEk is saam Eduard hier. Ek het lank CZ's geskiet, en toe oorgegaan na die Glock platform toe. Alhoewel nie baie mooi nie, kry hulle die werk gedoen. Die Glock's het my beter gepas, en my skiet styl beter gepas, en ek kon baie beter presteer met bv 'n G17 as CZ Shadow, teen almal se op en aanmerkings en kommentaar. Het steeds die G19 as dra pistool, en 'n G17 kompetisie pistool. Party en toebehore, magasyne ens is om elke hoek en draai beskikbaar, en met half oraait ammo, en 'n nuwe spring kit elke 10k rondtes sal die Glocks jou vêr vat, en terug bring.Eduard Venter wrote: Wed Apr 09, 2025 12:03 pm Glock is soos 'n hilux. Eenvoudig, betroubaar, parte beskikbaar en werk net eenvoudig baie goed. Baie plastiek maar daai plastiek werk mooi! Dis basies die enigste pistool wat mens kan koop sonder om regtig huiswerk te doen.
Vir die res is dit maar oplees, vat, voel en iets kry wat jou hart begeer. Ek wou nooit 'n glock gehad het nie omdat dit so vrek lelik is. Maar daai lelik maak juis dat hy nooit tyd in die kluis spandeer nie omdat daar niks skerp hoekies is nie
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Last edited by HeinM on Thu Apr 10, 2025 5:54 pm, edited 1 time in total.
-
HeinM
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Re: Help so bietjie met keuse
Op forums gaan jy baie wye raad kry wat jou bitter deurmekaar gaan maak. Elke ou se gun is mos maar die beste...
Die beste is om saam met pelle na skietbane te gaan en 'n verskeidenheid wapens prakties te beproef. Vat jou tyd en kyk wat die beste in jou hand sit en waarmee jy gemaklik voel. Bepaal jou spesifieke doel met die wapen. Koop twee of drie. Onhou, horses for courses...
Sterkte!
Die beste is om saam met pelle na skietbane te gaan en 'n verskeidenheid wapens prakties te beproef. Vat jou tyd en kyk wat die beste in jou hand sit en waarmee jy gemaklik voel. Bepaal jou spesifieke doel met die wapen. Koop twee of drie. Onhou, horses for courses...
Sterkte!
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7558
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Help so bietjie met keuse
More Manne
Baie dankie vir almal se insette en raad.
Ek moet bieg ek het eintlik vooraf geweet wat die regte antwoord op die vraag van my was, maar dit is n antwoord wat ek nie eintlik wou gehoor het nie.
Die feit is dat daar net een pistool daar buite is wat huidiglik the test of time weerstaan. Jy kan die oorspronklike model se onderdele vandag nog in die nuutste weergawe gebruik. Modelle word vervang, maar die basiese bly presies dieselfde.
Dat hy nie beste in my hand sit nie, nie die mooiste is nie, nie die beste sneller het nie, dalk in my oe nie die idiale konfigurasie het vir my doel nie, is alles irrelavant. Koop hom, leer hom en leef met die verdomde Glock! FFS!

- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2955
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Help so bietjie met keuse
Ek het baie geleer deur die insette, ‘n onderwerp waarvan ek vir alle praktiese doeleindes niks van weet nie.
Beste.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7558
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Help so bietjie met keuse
Lategan
Ek was skaam om die vraag te vra, want dis presies my probleem. Ja ek weet dalk meer as die basiese man daar buite, maar ek moet bieg ek moet nog ver om te gaan om dit bv op die vlak te kry van bv my geweer kennis. Ek het baie geleer in my naforsing op die web die week en het werklik gehoop die boffins hier tussen ons kan ook hulle kennis met ons gedeel het. Daar is n magdom aspekte rondom die goed en dit sal bitter nice wees as die gesoutes op die gebied n bietjie daaroor wil praat. Dink regtig dit kan n klomp van ons daarmee kan baat.