by Giepie » 23 Mar 2025 12:43
Ek het die artikel gou gelees. Dit sê nie vir my as SA jagter veel nie ...
Daar word darem gesê dat verdere ondersoeke nodig is.
Stem heeltemal saam hiermee.
Wat my pla in hierdie artikel, is die onderstreepte gedeeltes in die aanhaling hierna -
Die studie dui daarop dat Suid-Afrika se jagtoerismemodel ʼn potensiële bloudruk bied om bewaring en landelike ontwikkeling in ewewig te bring, maar dit beklemtoon ook hoe min daar in werklikheid bekend is oor die uitwerking op grondvlak. Die stemme wat steeds ontbreek, is dié van plaaslike gemeenskappe self. Sien hulle dieselfde ekonomiese en maatskaplike voordele as jagters? Word hulle ook bevoordeel, of is dit net vir grondeienaars en toerisme-operateurs beskore?
Die studie verg verdere ondersoek, veral vanuit die perspektief van diegene wat die meeste geraak word. Tot dan sal die debat oor die plek van jagtoerisme in landelike Suid-Afrika onopgelos bly. Maar één ding is seker: vir die jagters wat jaar na jaar terugkeer, word hul impak nie net gemeet in die diere wat hulle jag nie, maar ook in die gemeenskappe wat volgens hulle in die proses opgehef word.
Wat meer verwag hierdie
"stemme van die plaaslike gemeenskappe self" wat reeds
"in die proses opgehef word", as die werksgeleenthede met die gepaardgaande vergoeding en opheffing daaraan verbonde?
Hulle is by verre nie die grondeienaars of toerisme-operateurs met al hulle insette, verpligtinge en risikos verbonde aan die hele jagopset nie, wat nog dan verwag hierdie stemme?