Middag,
My papierwerk vir aansoek vir n S15 handvuurwapenlisensie is uitgesorteer. Volgende stop is die DFO.
Gister die DFO geskakel. Wou uitvind die volgende stap. Moet ek n afspraak maak met hom of hoe. Dame vertel my dat die foonlyne iets mee fout is en sy kan my nie deur sit na die DFO nie. Ek vra wanneer gaan dit reg gemaak word en sy se dat dit n goeie vraag is. Ek los toe n boodskap dat hy my moet bel. Tot dusver nog niks nie.
Vroeer vandag het ek fisies na die polisiestasie gegaan. Die lyn van mense staan by die deur uit. Jy kan ook nie in gaan waar die kantore is by die stasie nie. Kom huis toe en skakel weer. Selle storie oor die fone.
Nou hoe nou gemaak?
Polisiestasie se foon skakelbord foutief en kan my nie deur sit na DFO
-
Reinhard
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Wed Aug 21, 2024 5:50 am