Lisensie aansoeke wagtydperk

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
RyC
Newbie
Newbie
Posts: 21
Joined: Wed Jan 08, 2025 1:17 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by RyC »

Submitted at Roodepoort 2024/12/05
Current Status: Updated 2025/02/04 SEND TO LICENSING SECTION

Die website update nie reg nie. Ek het laas week gaan loer en daar was geen update. Seker omdat hulle nie krag gehad het nie.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Capt. Yoda »

Wa is die website waar julle manne die updates sien
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
RyC
Newbie
Newbie
Posts: 21
Joined: Wed Jan 08, 2025 1:17 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by RyC »

User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Capt. Yoda »

Dankie nou kan ek ook teleurgesteld word
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
kudu375
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Wed Aug 26, 2015 2:23 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by kudu375 »

Ek het vandag n paar nuwe aansoeke gekry.
Volgens wheres my app , is hulle nog in prep for consideration.
132 calender days-95 Business days.
Court Schilbach
LouisR
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 274
Joined: Sun Feb 12, 2012 12:40 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by LouisR »

SMS gekry vandag 96 werksdae 136 dae vanaf indiening, nou moet ek wapen van Durban na PTA kry, baie lus en ry en gaan haal so juik my alie. My App wys dieselfde maar SMS ontvang, so App dalk bietjie agter
Lapua
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 481
Joined: Wed May 03, 2017 7:26 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Lapua »

Dagsê,
Waar kan ek kyk op die vordering van aansoeke? Die SAP website erken nie my verwysing nommer nie en dit lyk my dat die Wheresmyapp nie meer werk nie
User avatar
Hano243
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Wed Jan 21, 2015 3:56 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Hano243 »

Lapua wrote: Thu Feb 20, 2025 9:40 am Dagsê,
Waar kan ek kyk op die vordering van aansoeke? Die SAP website erken nie my verwysing nommer nie en dit lyk my dat die Wheresmyapp nie meer werk nie
https://www.saps.gov.za/services/firear...nquiry.php

Hierdie is die enigste plek wat jy kan kyk. Dit is ook waar die app sy info vandaan kry.

Die rede vir die app wat ook nie meer update nie is agv krag probleme by CFR
Hano
RyC
Newbie
Newbie
Posts: 21
Joined: Wed Jan 08, 2025 1:17 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by RyC »

Submitted at Roodepoort 2024/12/05
Current Status: Updated 2025/02/18 RECEIVED AT LICENCING SECTION

Again some movement :)
DeVilliers
Full Member
Full Member
Posts: 140
Joined: Mon Aug 28, 2017 9:01 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by DeVilliers »

Twee van my 3 aansoeke en uiteindelik vrydag geskuif na "in preparation for consideration" Albei op 90 werksdae.
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2106
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by vossie1 »

Myne vandag goedgekeur na 105 besigheids dae
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2319
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by JAGTERSREG-JRM »

DeVilliers wrote: Mon Feb 24, 2025 9:19 am Twee van my 3 aansoeke en uiteindelik vrydag geskuif na "in preparation for consideration" Albei op 90 werksdae.
Myne was direk goedgekeur van daar af. Wil voorkom of die stelsel se statusse verseker agter is
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
RyC
Newbie
Newbie
Posts: 21
Joined: Wed Jan 08, 2025 1:17 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by RyC »

En die site is weer af.....
User avatar
heywillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1184
Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by heywillie »

.22LR hernuwing ingedien by Lyttleton DFO op 22 Nov 2024.
SMS ontvang dat hernuwing goedgekeur is op 26 Feb 2025.
65 werksdae
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Frederik »

Frederik wrote: Wed Dec 11, 2024 7:19 am Laas Donderdag die 5de Desember weer twee aansoeke ingegee een nuwe en een hernuwing.
Nuwe lisensie 61 Dae Received at Licensing section CFR
Hernuwing In Process 51 dae - geen beweging
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 695
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Jaco vdW »

Vandag my G43X se aansoek ingegee by Somerset Wes.
DFO se diens is puik. Regtig 'n aangename kantoor om mee te werk. Nou wag ons...
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1111
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by J le Roux »

Hernuwing ingehandig 04 Maart Polokwane
Receiving attention at the DFO 11 Maart
Renewal Issued 24 Maart

Glad nie sleg nie!
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Apie »

My hernuwings ook binne 10 dae gedoen.

Nuwe aansoek ingegee maar hy lyk my vat die lang pad!


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Frederik »

[/quote]

Nuwe lisensie 61 Dae Received at Licensing section CFR
Hernuwing In Process 51 dae - geen beweging
[/quote]

Nuwe lisensie vandag sms gekry 86 dae nou 'n nuwe speelding om in te breek oor die naweek.
Hernuwing staan net stil. 76 dae.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Arnold »

Het vanoggend n paar goedkeurings gekry ... 93 werksdae

Sent from my SM-A528B using Tapatalk

RyC
Newbie
Newbie
Posts: 21
Joined: Wed Jan 08, 2025 1:17 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by RyC »

Submitted at Roodepoort 2024/12/05
Current Status: APPROVED 2025/03/02
DeVilliers
Full Member
Full Member
Posts: 140
Joined: Mon Aug 28, 2017 9:01 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by DeVilliers »

Lisensie kaartjies...........sug.........hoe lank vat kaartjies nou eintlik?
Dit voel of my DFO nooit kaartjies gaan haal nie. Ek het 2 hernuwings wat Desember afgehandel was en nog geen kaartjies nie.

Ek wou haelgeweer ammo koop, toe word ek vertel ek kan nie want my kaartjie het verval en die DFO wil nie vir my n printout doen nie, want hulle doen dit net met nuwe aansoeke, nie hernuwings.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1349
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by Toxxyc »

Koop ammo met die ou lisensie en die bewys dat jy aansoek gedoen het. Volgens wet is die ou lisensie geldig totdat die nuwe een afgehandel is.
DeVilliers
Full Member
Full Member
Posts: 140
Joined: Mon Aug 28, 2017 9:01 am

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by DeVilliers »

Toxxyc wrote: Tue Apr 15, 2025 10:48 am Koop ammo met die ou lisensie en die bewys dat jy aansoek gedoen het. Volgens wet is die ou lisensie geldig totdat die nuwe een afgehandel is.
Ek het tot vir die ou die approval SMS gewys, maar die oplossing is n ander shop, so dis maklik.

Ek wonder net wat doen die DFO omtrent kaartjies......of dit word nie gehaal nie, of die printer is alweer stukkend :)
User avatar
finch
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 458
Joined: Thu Jul 14, 2016 2:44 pm

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Post by finch »

Jislaaik Jaracallers, ek moet weereens n pluimpie vir Somerset-wes se DFOs gee. Het vanoggend n afspraak 10am vir n nuwe aansoek, ek daag toe op die kop 10am op en daar staan die DFO al by die hek en wag vir my. Ek het 2 ure uitgeboek in my kalender met die hoop dat ek darem na 1 uur klaar kan wees. 22min later stap ek daar uit met my papiertjie wat bewys my aansoek is ingedien en alles afgehandel (nadat hulle nog vinnig n fout op my aansoek vir my uitgewys het en ek dit kon reg maak het). Dis hartseer om te dink dit is eintlik net veronderstel on "Business as usual" te wees, maar ek is nogtans dankbaar dat ek met hierdie groepie mense werk elke keer as ek by Somerset Wes se geweer afdeling instap. Die mense daar staan nie rond nie, die sleutelborde se toetse klap en die papiere word spoedig deur gewerk. Vingerafdrukke is flink en optimaal. Die langste wag is gewoonlik by die betaal punt wat nie deel van die DFOs se verantwoordelikheid is nie.

Nou begin die lang wag vir die res van die proses om uit te speel.
Post Reply