Handwapen gesoek

Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2139
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Handwapen gesoek

Post by Ds J »

Laaste eiertjie:

Gaan skiet 'n slag met 'n klomp verskillende pistole en maak dan jou keuse.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Handwapen gesoek

Post by Arnold »

As ek so na die mark kyk en hoor dat jy bietjie iets anders soek moet jy dalk ook kyk na die CZ P-09 C/F NOCTURNE

Hierdie pistole lyk baie aanloklik met sy SA/DA sneller, hoe magesyn kapasiteit en reeds gesny om 'n optic op te sit as jy sou wil.
toxicsox
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 350
Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am

Re: Handwapen gesoek

Post by toxicsox »

HeinM
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm

Re: Handwapen gesoek

Post by HeinM »

Om terug te kom na jou oorspronklike behoefte: 1. Jy soek iets om soms by jou te hê as jy vuurwapens vervoer. 2. Jy wil dit in die toekoms gebruik vir IPSC...
My raad - kry twee handwapens. Een vir noodweer en een vir baanskiet.

Die wapen vir IPSC sal te groot / bulky wees vir dra, want jy soek die langer loop en groter kapasiteit magasyn en dalk later MOS opsie...

Vir noodweer is 'n klein G26 of selfs 38-Special beter om te dra... Vergeet maar daarvan om dit net saam te ry in die voertuig. Dis te riskant...

Net my 2c
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1349
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Handwapen gesoek

Post by Toxxyc »

HeinM wrote: Wed Feb 12, 2025 2:38 pmVir noodweer is 'n klein 38-Special beter om te dra...
Sonder om lelik te wees, maar hierdie is swak advies. Die volgende is nie spesifiek op jou gemik nie Hein, so ek vra om verskoning as dit so voorkom, maar 'n .38 Special het ongelukkig 'n amper afgods-beeld gekry in party mense se oe, al lang jare terug. Die .357 Magnum ook. Om 'n idee te gee, die offisiele nommers vanaf Hornady en Federal vir beide lyk maar so:

Hornady .38 Spl, 110gr FTX Criticial Defense - 1010FPS vanuit 'n 4" loop. In rewolwers verloor jy maklik 75FPS per duim, so kom ons werk op 'n standaard 2" loop op 'n snubbie (party is selfs korter), en ons trek nog 150FPS daarvan af. Dan sit ons by 860FPS.
Hornady .357 Mag, 125gr FTX Critical Defense - 1500 FPS vanuit 'n 8" loop. Dieselfde as bo, en ons sit by 1200FPS.
Federal .38 Spl, 129gr Hydra Shock +P, 950FPS vanuit 'n 4" loop. 150FPS af en ons is by 800FPS.
Federal .357 Mag, 158gr Hydra Shock, 1240FPS vanuit 'n 4" loop. 150FPS af en ons is by 1090FPS.

'n Standaard, non-+P 9mmP rondte lewer 1,000FPS op 'n 147gr bullet. Jy het meer in die magasyn en jy kan vinniger herlaai. Storings is oor die algemeen makliker om reg te maak op 'n pistool as 'n rewolwer ook, en akkuraatheid is meestal beter omdat visiere beter is.

Weereens, ek val niemand aan nie, maar rewolwers, veral snubbies in die flouer kalibers, is regtig maar bietjie swak. Was dalk groot en sterk gewees 100 tot 120 jaar terug, maar teen vandag se standaarde kom dit maar erg kort.
User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1382
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am

Re: Handwapen gesoek

Post by snakker »

Hier is by Savuti vir jou 'n mooi SP soos jy gesoek het
IMG-20250212-WA0031.jpg
Sent from my 23090RA98G using Tapatalk

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 956
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Handwapen gesoek

Post by OosKaapJagter »

Ek stem saam met die idee van minstens twee handwapens. Dit is geensins 'n probleem as jy sportstatus bekom nie.

Die redes is as volg:
Geen beperking op die hoeveelheid ammunisie nie.
Sou jy in die ongelukkige posisie wees dat jy 'n wapen tydens 'n noodsituasie moet gebruik, gaan die polisie dit neem vir ballistiese toetse en dan is jy vir 'n geruime tyd sonder 'n wapen.
As een van die wapens ondiensbaar is, het jy iets om op terug te val.

Rewolwers is lekker speelgoed, maar ek sien hoe sukkel die meeste mense daarmee by skietbane. Dit geld veral vir die .38 special "snubnose" rewolwers. In die laaste jaar het ek nie minder as drie rewolwers gesien met storings nie. Die is gewoonlik wanneer iets verhoed dat die rol draai en dan is jy slegter daaraan toe as met 'n pistool waarmee jy vertroud is.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Handwapen gesoek

Post by Arnold »

Ek het vir jou 'n PM gestuur ... hier is dalk iets ;)
G19.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Handwapen gesoek

Post by Capt. Yoda »

Safari het n lekker special op Glock 19
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Post Reply