.338 LM punt keuse voorstelle
-
Lapua
- Sr. Member

- Posts: 481
- Joined: Wed May 03, 2017 7:26 am
.338 LM punt keuse voorstelle
Ek het n paar jaar lank met die 285gr Hornady HPBT gejag en toe oor gegaan na die 250gr Scenars toe ek nie meer die Hornady's kon kry nie. Daar gebeur toe nou n baie snaakse ding met my, ek skiet n Blesbok wat plankdwars staan mooi agter die blad, hy vlieg weg en hardloop n paar honders meter voor hy gaan lê. Toe ons hom laai sie ons die uitgangs wond is net voor die oorkantste boud. Die Scenar het n skerp draai na links gemaak binne die bok. Die tweede Blesbok skiet ek mooi tussen sy oog en oor en ek sien deur die scope iets die lug in vlieg toe die koëel die bok tref. By die Blesbok aangekom sien ons sy horing aan die kant wat hy getref is,is reg teen sy kop af en daar is nie n uitgangs wond in sy kop nie. Behalwe vir die ingangs wond en weg horing was daar geen ander opmerkbare skade aan sy kop nie. Dit laat my toe onmiddelik dink aan die post van die swak penetrasie met Scenars op selfs Springbokke.
Nou wat nou, watter fabrikaat en gewig stel julle manne voor moet ek laai?
Ek luister graag na julle voorstelle.
Nou wat nou, watter fabrikaat en gewig stel julle manne voor moet ek laai?
Ek luister graag na julle voorstelle.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13524
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: .338 LM punt keuse voorstelle
250gr Elite Hunter van Berger
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2139
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: .338 LM punt keuse voorstelle
Kriek Bullets?
-
Drenalinjunkie
- Hero Member

- Posts: 830
- Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am
Re: .338 LM punt keuse voorstelle
Hornady 285gr ELD-M, ek het al baie koedoes, elande, zebras, wildebeeste ens met dit geskiet.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2943
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: .338 LM punt keuse voorstelle
Tipiese afstande?Drenalinjunkie wrote: Mon Feb 10, 2025 9:03 am Hornady 285gr ELD-M, ek het al baie koedoes, elande, zebras, wildebeeste ens met dit geskiet.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
Drenalinjunkie
- Hero Member

- Posts: 830
- Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am
Re: .338 LM punt keuse voorstelle
Vanaf 200-800mLategan1 wrote: Mon Feb 10, 2025 10:00 amTipiese afstande?Drenalinjunkie wrote: Mon Feb 10, 2025 9:03 am Hornady 285gr ELD-M, ek het al baie koedoes, elande, zebras, wildebeeste ens met dit geskiet.
Beste.
-
Lapua
- Sr. Member

- Posts: 481
- Joined: Wed May 03, 2017 7:26 am
Re: .338 LM punt keuse voorstelle
Hi Drenalinjunkie,
Mag ek vra, hoekom die ELD-M en nie die ELD-X nie? Die Bergers wat Capt. voorgestel het is hoendertande en ek gaan weg bly van Monometaal af om moontlikke expansion probleme uit te skakel.
Mag ek vra, hoekom die ELD-M en nie die ELD-X nie? Die Bergers wat Capt. voorgestel het is hoendertande en ek gaan weg bly van Monometaal af om moontlikke expansion probleme uit te skakel.
-
Drenalinjunkie
- Hero Member

- Posts: 830
- Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am
Re: .338 LM punt keuse voorstelle
Ek het hulle destyds ook gebruik vir kompetisie skiet en dit was vir my n mors van tyd om ladings op albei te doen. Die 285gr is n moerse stuk lood en skiet alles dood. Nooit enige iets met hulle gekwes nie.
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2111
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: .338 LM punt keuse voorstelle
My redenasie ook maar daai selfde moerse stuk lood maak moeilikheid as hy uit n blou boks kom.
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
-
Drenalinjunkie
- Hero Member

- Posts: 830
- Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am
Re: .338 LM punt keuse voorstelle
Die ELD-M’s maak mooi oop en pencil nie…Supacow wrote: Mon Feb 10, 2025 1:28 pm My redenasie ook maar daai selfde moerse stuk lood maak moeilikheid as hy uit n blou boks kom.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13524
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: .338 LM punt keuse voorstelle
ELD-M's is n bul van n jag koel
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Lapua
- Sr. Member

- Posts: 481
- Joined: Wed May 03, 2017 7:26 am
Re: .338 LM punt keuse voorstelle
Dankie julle,
Ek sal dan die ELD-M probeer.
Ek sal dan die ELD-M probeer.