Doppe Skoonmaak

Post Reply
obasch
Hero Member
Hero Member
Posts: 722
Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am

Doppe Skoonmaak

Post by obasch »

'n Vriend het vir my 'n klompie ou 8x60 doppe gegee om te smous.
My poging om dit met 'n vibratory tumbler skoon te maak was nie heeltemal suksesvol nie.
Is daar iemad in Centurion wat dit vir my met 'n sonic cleaner kan skoonmaak? Dit is ongeveer 50 doppe.
Alternatiewelik kan iemand dalk vir my die koeksoda/skottelgoedseep resep gee dat ek self kan probeer?

Oscar
nulagttwee 456 3565
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2943
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Doppe Skoonmaak

Post by Lategan1 »

Hierdie maak daai buitekante van die swart nekke mooi skoon. Brass borsel kan help met die hardegatte. Vee dan af om te neutraliseer met iets soos seep/water. (andersins los dit so vaalgeid).

Beste.
IMG_3612.jpeg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Doppe Skoonmaak

Post by Ratel »

2 liter coke bottel. Opgehoopte teelepel citric acid (wat vrouens gebruik om mee te bak). paar druppels sunlight skottelgoed seep. Half bottel lou warm water. Gooi doppe in skud aanmekaar vir so 5 tot 10 minute. Het mooi gewerk vir my voor ek sonic cleaner gekry het.
Maak 'n verskil
User avatar
Hano243
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Wed Jan 21, 2015 3:56 pm

Re: Doppe Skoonmaak

Post by Hano243 »

1 - 2 eet lepels wynsteensuur (afhangened van die aantal doppe) en n tee lepel sunlight liquid in lekker warm water werk goed.

Jy kan dit skud in n 2 liter coke bottel soos Ratel sê of sommer n ou roomys bak. Die wynsteensuur maak die carbon vlekke om die nek sag so as jy die doppe daar uit haal vat jy sommer n ou skottelgoed was sponsie en vee die nekke mooi skoon.
Hano
Lapua
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 481
Joined: Wed May 03, 2017 7:26 am

Re: Doppe Skoonmaak

Post by Lapua »

1 eet lepel wynsteensuur en n eet lepel sunlight per lieter gedistileerde water. Ek weet nie van die ander manne se ondervinding met kraan water nie, maar dit wil vir mu voorkom of die doppe dowwer uitkom as ek gewone kraan water gebruik.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Doppe Skoonmaak

Post by Ratel »

Moenie die doppe te lank in die wynsteen suur hou nie want hulle kry so 'n pienk kleur ++>: . Ek het aan die begin wynsteen suur gebruik wat net so goed werk maar daarna sitroen suur begin gebruik.
Maak 'n verskil
obasch
Hero Member
Hero Member
Posts: 722
Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am

Re: Doppe Skoonmaak

Post by obasch »

Dankie ouens, iemand het my gekontak wat die doppe vir my sal skoonmaak.
Ek hou in elk geval die "DIY" resep vir eendag.
Post Reply