Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek gooi nou maar 'n klip in die bos met my volgende navraag... Ek tref alle voorsorgmaatrels moontlik om te keer dat die coating van die punte afgekrap word met die seating proses. Ek het sover gegaan om Bullet Corp se expander aan te skaf en ek sny die doppe se bekke... Alle doppe (en ek het baie verskillende soorte) werk baie mooi, behalwe met STV doppe. Hierdie doppe expand veel moeiliker en krap daarna steeds die coating van die punte af met die seating proses.
Ondervind iemand anders dit ook - en is daar dalk raad? Probleem is dat ek heelwat van die STV doppe het wat ek nou nie kan gebruik nie...
Verskoon asb die britse benamings... Die Afrikaanse terme is dalk meer grieks
Hein. Voorspoed vir jou ook.
Wat goed werk vir my met die polymere coated punte is die Lee expander die. Wat ek wel gevind het is dat jy die dop se nek heelwat dieper moet "flair" om te verhoed dat die coating afgekrap word. Dit gee die dop amper 'n tregtervormige bek as ek dit so kan beskryf. Ek dink nie die maak van die dop gaan saakmaak as jy dit diep genoeg expand nie. Wanneer ek dan seating doen draai ek die seating die dan ongeveer 'n kwart draai dieper in wat tot gevolg het dat die bek van die dop 'n baie effense krimp het om dit weer na normaal terug te kry. Ek hoop dit help.
Jy kan maar daai stv doppe skrap. Ek sit ook met n boks vol van hulle. Hulle wande is dukker as die ander en dan gebruik jy nog silver rapids wat se diameter groter is as ander koels weens hulle tipe coating. Ek het ringe op my rapids gedruk weens te veel weerstand as jy seat. Gelukkig is daar beter coated koels op die mark. As jy lee progressive press gebruik kan jy die expander plug net so ver indraai voor hy stop teen shell plate. Ek het die lee en bullet corp expander plugs en gebruik die bullet corp ene saam met hulle seating plug ook. Ek wil nou net s&b doppe gebruik omdat hulle wande dunner is en beter werk met coated koels. Minder coating wat afkrap.
Nog n ding na daai stv eenkeer gesize is wil hulle nie eens kamer nie hulle druk so groot bulge onder. Moet hulle deur bulge buster sit om te maak werk. Nee wat 9mm doppe is darem nog goedkoop en baie ander soorte beskikbaar.
Iets wat ek wel ondervind het is dat die Silver Rapids se polymere bonded punte nie almal baue standard voorkom nie. Sommige seat maklik and ander nie. ek het nog so 1000 van hulle oor en gaan dan maar terug gaan na Frontier se CMJs wat wel duurder is maar 'n plesier om te laai.
Iets wat ek wel ondervind het is dat die Silver Rapids se polymere bonded punte nie almal baie standard voorkom nie. Sommige seat maklik and ander nie. ek het nog so 1000 van hulle oor en gaan dan maar terug gaan na Frontier se CMJs wat wel duurder is maar 'n plesier om te laai.
Ratel wrote: Thu Jan 02, 2025 12:40 pm
Iets wat ek wel ondervind het is dat die Silver Rapids se polymere bonded punte nie almal baue standard voorkom nie. Sommige seat maklik and ander nie. ek het nog so 1000 van hulle oor en gaan dan maar terug gaan na Frontier se CMJs wat wel duurder is maar 'n plesier om te laai.
Ek het nie ondervinding met spesifiek STV doppe nie. Ek gebruik egter enige dop wat voorkom en gebruik doodeenvoudig die "Lee Expander die". Daar is waarskynlik STV doppe tussen myne.
Sommige doppe werk makliker en ander moeiliker, maar met die nodige minimum geweld kan jy enige dop maak werk.
Wat ek wel doen is dat ek elke gelaaide rondte na die tyd toets in my 9mm "cartridge gauge". Die wat slaag, gaan na my patroonkissies toe. Die wat nie slaag nie, gaan na my "reject boksie" toe en daarna kyk ek of hulle in die pistool se kamer pas. Indien wel, skiet ek hulle as oefenrondtes uit. Die wat daardie toets steeds dop druk ek weer deur die seating die wat ek net effens dieper indraai, maar ek maak seker dat die totale lengte nie geraak word nie. Omrede ek nie naastenby maksimum ladings laai vir oefenrondtes nie, het dit nog nooit 'n probleem gegee nie. Sulke rondtes slaag gewoonlik daarna die toets.
Ek gebruik my expander die so dat ek die dop so "flare" dat die punt net-net by die bek kan indruk dan doen die pers die res. Dit is net enkele doppe (waarskynlik soos die STV) wat dalk effens die polimeerlagie kan afskraap. My argument is wat daarvan? Vantevore het ek suiwer loodpunte in my .45 en 9mm's geskiet sonder enige bekommernis.
Die laaste paar plasings handel oor Silver Rapids terwyl die vraag gaan oor Bullet Corp se punte. Ek gebruik albei en verkies Bullet Corp s'n omdat die kwaliteit en konsekwentheid op die oog af beter is. Ek moet egter by Bullet Corp bestel en dan wag vir die afleweringsdatum. Die Silver Rapids is gewoonlik op die winkelrak beskikbaar. Albei werk uiteindelik ewe goed; die een lyk net mooier as die ander.
Ek spandeer nie naastenby die tyd of moeite met pistoolrondtes as met geweer rondtes nie.
Skuus man ek sien nou jy gebruik bullet corp koels ek sien rooi dan dink ek aan silver rapids. Seker die bulletcorps is beter. Daar is zero mike en compi shot bullets ook. @OosKaapJagter Jy wil nie die coating afkrap om te vermy dat die lood in die loop groewe smeer.
Terloops Apm maak ook nou n cmj wat darem goedkoper as frontier is.