Opinies: Geweer dra oor die skouer.
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1111
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Opinies: Geweer dra oor die skouer.
Ek wonder maar wat jul opinies is van die metode van 'n jaggeweer so oor die skouer dra soos in baie jagvideos te sien? Ek praat nou van geweer op die skouer, loop vorentoe met een hand wat die loop vashou.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Opinies: Geweer dra oor die skouer.
Dit is 'n oraait tegniek solank niemand voor jou loop nie. Dit is nooit aanvaarbaar om 'n geweer na 'n mens toe te wys nie, baie dubbel manne is lief daarvoor om daai reël te vergeet
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Last edited by Eduard Venter on Sat Dec 28, 2024 10:24 am, edited 1 time in total.
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2465
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Opinies: Geweer dra oor die skouer.
N ou se sweet wat die staal laat roes pla my altyd, plus die takke ens. wat jou scope krap of iets by die slot/sneller kan hak hou my ongemaklik met dit.....dit voel (vir my) ook of n ou die geweer dan rond waai soos n vlag en dalk ook nog iemand in die gesig kan klap met die kolf.
....net my 1/2c
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
....net my 1/2c
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Opinies: Geweer dra oor die skouer.
To each his own, ek verkies loop na onder met visiere wat agter toe wys en sneller vorentoe, dis die manier van dra hoe ek die wapen die vinnigste in die skouer kan kry.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2140
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Opinies: Geweer dra oor die skouer.
Die meeste videos wys dat swaarkaliber gewere "Afrika-styl" (oor-die-skouer, loop vorentoe) gedra word terwyl die jagters nog op pad is; sodra dit ernstiger raak kom die geweer in die hande.
Ek het al gewonder of dit ontstaan het omdat die manne nie dra-bande gehad het nie? Of, omdat hulle die dra-bande afgehaal het dat dit nie vashaak nie?
n Gewone 308 (BRNO ZKK) raak na n ruk lastig sonder n draband.

- PietVis
- Newbie

- Posts: 39
- Joined: Sun Jul 16, 2017 11:50 am
Re: Opinies: Geweer dra oor die skouer.
Ek is geleer dat mens nie met 'n geweerband aan jou geweer naby gevaarlike wild kom nie. Mens wil nie die kans vat dat jou band aan 'n tak of 'n bos hak in 'n kritiese oomblik nie. Die band destabiliseer ook 'n geweer as mens rerig vinnig moet skiet.
Ek jag met 'n geweerband, maar haal die band af as ek nader aan gevaarlike wild beweeg.
Sent from my SM-G991B using Tapatalk
Ek jag met 'n geweerband, maar haal die band af as ek nader aan gevaarlike wild beweeg.
Sent from my SM-G991B using Tapatalk
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Opinies: Geweer dra oor die skouer.
Jy vra my opinie en daarom gee ek dit, moet my dus asb nie uithaal nie. Ek dink dis een of ander windgat metode om die swaarkaliber manne van die res te onderskei. Persoonlik dink ek dis nie veilig nie en om met swetende hande die loop heeltyd vas te hou, is op die langtermyn ook nie goed vir die metaal nie. Hoe laer die geweer vasgehou word en loop weg van ander wat saamstap, hoe beter. Ver afstande stap met swaar geweer en ammunisie is natuurlik vermoeiend.
- PietVis
- Newbie

- Posts: 39
- Joined: Sun Jul 16, 2017 11:50 am
Re: Opinies: Geweer dra oor die skouer.
Jong...win270 wrote:Jy vra my opinie en daarom gee ek dit, moet my dus asb nie uithaal nie. Ek dink dis een of ander windgat metode om die swaarkaliber manne van die res te onderskei. Persoonlik dink ek dis nie veilig nie en om met swetende hande die loop heeltyd vas te hou, is op die langtermyn ook nie goed vir die metaal nie. Hoe laer die geweer vasgehou word en loop weg van ander wat saamstap, hoe beter. Ver afstande stap met swaar geweer en ammunisie is natuurlik vermoeiend.
Jou opinie sal vinnig verander as jy net jou geweer in jou hand binne in 'n trop olifante staan.
Die laaste ding wat mens dan wil hê is 'n band wat aan jou geweer hang en aan 'n sekelbos kan vashak.
Sent from my SM-G991B using Tapatalk
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1111
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Opinies: Geweer dra oor die skouer.
Lekker terugvoering sover, dankie.
Ek kan insien dat 'n gevaarlike wild jagter kan besluit om sonder ' geweerband wil jag. Of die geweer oor die skouer dra 'n goeie alternatief is blyk debateerbaar.
Ek wonder of iemand met miltêre agtergrond kan lig werp op praktiese metodes van bv. R1 gewere dra oor lang afstande met die risko van dreigende kontak?
Ek kan insien dat 'n gevaarlike wild jagter kan besluit om sonder ' geweerband wil jag. Of die geweer oor die skouer dra 'n goeie alternatief is blyk debateerbaar.
Ek wonder of iemand met miltêre agtergrond kan lig werp op praktiese metodes van bv. R1 gewere dra oor lang afstande met die risko van dreigende kontak?
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1876
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Opinies: Geweer dra oor die skouer.
Ek het geen kennis van grootwild jag nie maar kan se dat ons tydens opleiding n R1 met band oor die skouer loop ondertoe gedra het en in een beweging die geweer moes kon skouer. Ek neem aan dis dalk heel anders tussen die goed met tanne en naelsJ le Roux wrote: Mon Dec 30, 2024 8:15 am Lekker terugvoering sover, dankie.
Ek kan insien dat 'n gevaarlike wild jagter kan besluit om sonder ' geweerband wil jag. Of die geweer oor die skouer dra 'n goeie alternatief is blyk debateerbaar.
Ek wonder of iemand met miltêre agtergrond kan lig werp op praktiese metodes van bv. R1 gewere dra oor lang afstande met die risko van dreigende kontak?
Maak 'n verskil
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Opinies: Geweer dra oor die skouer.
Die sogenaamde Afrika-drastyl is iets wat gereeld bespreking uitlok. My mening is dat sommige (en let wel SOMMIGE) mense die gewere so dra om hul hero's of die video-makers na te volg... soort van 'n windgat manier om die geweer te dra om by Win270 aan te sluit. Dié dra-metode het egter voordele want soos Pietvis genoem het, is 'n geweerband in die pad en belemmer dit jou skietwerk as daar vinnig geskiet moet word. Jy moet egter gewoond raak aan die Afrika-drastyl... in die begin vreet daardie geweer se voorlaai so in jou skouer dat jy kort-kort voel jy moet die geweer na die ander skouer verskuif. 'n Mens is ook geneig om die geweer se kolf teen takke te kap as jy nie aan die dra-metode gewoond is nie. Soos genoem kan veiligheid ook 'n probleem wees want jy weet nie wat die man agter jou doen nie. Ek wonder egter of daar statistiek bestaan oor hoeveel mense al gewond of doodgeskiet is deur die ou agter hom wat sy geweer Afrikastyl gedra het. Normaalweg neem 'n mens aan dat die geweer in oper terrein en sonder patrone in die kamer gedra word as jy die Afrikastyl wil gebruik. Die oomblik wanneer jy die ruigtes in beweeg en daar 'n kans is dat wild jou onverhoeds betrap, moet die geweer fisies in jou hande wees. Maar dan beteken dit dat jy eers moet stop en die geweer laai.
Ek sien sommige mense is bekommerd oor die sweet op die geweerloop. Vir my is 'n jaggeweer 'n gebruiksartikel... ek voel as jy bekommerd is oor sweet op die staal moet jy maar die geweer by die huis los of hom op die skietbaan gebruik met handskoene aan. Ek het 'n broertjie dood aan manne wat die hele tyd hul gewere loop en "bewonder en bewaar" en dan nie tot skiet kan kom as hulle moet nie. Om vir sulke manne PH te speel was altyd vir my moeilik en ek het sommer gou ongeduldig geraak as iemand nie 'n skietposisie kon inneem nie omdat hy bang was sy geweerkolf krap of die tradisionele roesblou kan beskadig raak, ens. Daarmee sê ek nie jy moet jou geweer opneuk soveel jy kan nie, maar daar is perke. 'n Geweer is vir my 'n gebruiksaartikel soos genoem.
Indien ek iemand gids en ons is in operige terrein, verkies ek dat hy die geweer oor sy skouer dra met die loop wat in die lug op wys. Met die metode waar die loop ondertoe wys met die visiere agtertoe en die snellerbeuel vorentoe het ek geen probleem as ek alleen jag nie maar ek het te veel gesien dat manne ook die geweer se loop oplig met die metode as hulle buk om onderdeur takke of ander versperrings te kruip en dan wys die tromp van die geweer reguit na jou rug as jy voor daardie persoon stap.
Een van die nadele van dra oor die skouer aan 'n band is dat dit 'n baie groot beweging verg om die geweer in aksie te kry. Wild tel daardie beweging maklik op en dit neem tyd. Vir my werk dit goed om die geweer in beide hande te dra (sonder 'n band) met die loop wat na my linkerkant toe wys (ek skiet regs) as ek in ruie bosveld jag en ek verkies dat die kliënt dit ook so doen. Ek laat ook die persoon die geweer laai (patroon in die kamer) maar ek druk hom dit op die hart dat ek my vrou se enigste man is en hy nie die geweer se loop in my rigting moet draai nie. Gelukkig het ek darem nooit 'n slegte ondervinding gehad nie.
Geweer-dra is soos baie ander dinge iets persoonliks en elkeen doen maar wat vir hom werk. Die belangrike ding is seker dat jy die terrein moet probeer lees en telkens vroegtydig jou dra-metode verander na gelang van omstandighede. Die gevaar bestaan natuurlik dat minder ervare jagters dan gedurig met die geweer sal loop en vroetel. OM dit te verhoed kan die PH telkens vir die jagter sê hoe hy sy geweer moet dra, maar dis ook 'n schlep. Geweerdra is nie altyd 'n maklike ding nie en miskien een wat ons soms heeltemal te veel probeer ontleed en verbeter. Wat ek wel weet uit ondervinding is dat as ek alleen jag, dit baie beter is om die geweer in beide hande te hê en dat dit gelaai moet wees in terrein waar ek enige oomblik 'n bok kan verwag wat op kortafstand te voorskyn kom. Ek het net een buffel in my lewe geskiet, so ek kan nie uitwei oor gevaarlike wild nie, maar kan noem dit was in baie ruie veld en my geweer was die hele tyd (sonder 'n band) in my hande.
Mooi loop

- tau
- Hero Member

- Posts: 3942
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Opinies: Geweer dra oor die skouer.
Geweerbande is soos camo klere. Regte jagter dra dit nie!!! Weet julle hoeveel jagte vat dit my al om my .375 se loop so merk te laat kry waat my hand hom vashou
?
Ek geniet dit om my geweer oor my skouer te dra. Vrek man as jy daai extra rondte in die loop druk en die veiligheids knip aansit raak ek sommer bewerig van opgewondenheid soos 'n St.6 laaitie voor sy eerste sokkie met die mooi meisie.
Party mense dra Stormers, Haaie en selfs Blou bul truie om hulle liefde vir iets te bewys. Ander mense waai vlagies by konserte.
Van ons hou van opdress soos die PH's van ouds en dan ons gunne soos Sullivan oor die skouer te dra. Ek werk heeljaar hard om vir 'n paar dae soos 'n wannabe te kan beweeg in die bos. Dit maak my gelukkig. Dit is of my Ruger oor my skouer en my belaglike jagboots aan my pote of cocaine en rave musiek. En ek like nie rave musiek nie.
Oja en geweer bande haak aan takke as jy in digte bos jag en kom in jou pad as jy soos Keanu Reev in The Matrix Buffels uit vreemde hoeke moet dood.

Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13526
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Opinies: Geweer dra oor die skouer.
Nou verstaan ek hoekom almal deesdae plastiek kolwe en silver gewere gebruik
Dink ek snuif eder n lyn by n rave in n disabled badkamer voor ek een van my gewere op n klip neer gooi om gou te skiet
Dink ek snuif eder n lyn by n rave in n disabled badkamer voor ek een van my gewere op n klip neer gooi om gou te skiet
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3942
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Opinies: Geweer dra oor die skouer.
Ja maar jy het verSTADifiseer. Dra seker fancy rooi en wit sneakers en eet by Starbucks.Capt. Yoda wrote: Mon Dec 30, 2024 1:45 pm Nou verstaan ek hoekom almal deesdae plastiek kolwe en silver gewere gebruik
Dink ek snuif eder n lyn by n rave in n disabled badkamer voor ek een van my gewere op n klip neer gooi om gou te skiet
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13526
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Opinies: Geweer dra oor die skouer.
Los jy my sneakers uit
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Opinies: Geweer dra oor die skouer.
Die vinnigste manier om die geweer in jou skouer te kry om te kan skiet, is om dit oor jou skouer te dra met die lope wat na agter wys.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- tau
- Hero Member

- Posts: 3942
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Opinies: Geweer dra oor die skouer.
Ek verstaan nie Oom. Hoekom is dit vinniger as jou voorste skiet hand wat reeds op die loop is en die wapen wat na die teiken se rigting wys? Met die wapen oor jou linker skouer as jy regs skiet.tripodmvr wrote:Die vinnigste manier om die geweer in jou skouer te kry om te kan skiet, is om dit oor jou skouer te dra met die lope wat na agter wys.
Bedoel oom sonder belt met kolf se “hak” in jou hand? Ek sal erken ek dra namiddag as ek moeg is so
Sonder ‘n belt dra mens ook baie die wapen in low ready in die hand.
Ek moet darem noem ek praat van oopvisier of geweer met reddot of baie ligte scope.
En ook ‘n gemaklike dra wapen.
Ek wil nie my 7mm of 300 dra sonder ‘n belt nie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
Andre308
- Hero Member

- Posts: 902
- Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am
Re: Opinies: Geweer dra oor die skouer.
Ek rus meeste van die tyd my geweer op die kussing wat bo die bakkie se dak is.
Lig hom op as ons met spoed n knop of duik in pad benader.
Lig hom op as ons met spoed n knop of duik in pad benader.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Opinies: Geweer dra oor die skouer.
Iets wat niemand tot dusver genoem het nie is om geweer hoog op skouer (horisontaal) te dra deur die bos, maak jou baie meer sigbaar en die loop kan selfs by tye effens weerkaats in die son. Hoe laer en met albei hande ferm op die geweer, is maar die beste om nie jou sigbaar te maak nie. As jy moeg raak, staan stil en luister en bekyk die omgewing om jou. Ja, soms moet mens spoed gee om byvoorbeeld wind-af te kom en dan vinnig en ver stap. Ek hou net nie van 'n metode waar die loop reguit na voor of reguit agtertoe wys en die sneller dalk net aan 'n tak kan vashaak nie.
Ek glimlag gereeld as ek sien hoe 'n PH self die jagter se geweer op 'n skietstok moet plaas en die jagter moet herinner dat die veiligheidsknip op skietposisie gedruk moet word EN na die skoot te vra om weer te laai. Mens sou verwag dat daardie basiese stappe reeds deel van die jagter se "instinkte" sou wees.
Ek glimlag gereeld as ek sien hoe 'n PH self die jagter se geweer op 'n skietstok moet plaas en die jagter moet herinner dat die veiligheidsknip op skietposisie gedruk moet word EN na die skoot te vra om weer te laai. Mens sou verwag dat daardie basiese stappe reeds deel van die jagter se "instinkte" sou wees.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3942
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Opinies: Geweer dra oor die skouer.
'n Gweer met band bat oor jou skour hang se loop tromp is hoër in die lig as een wat oor die skouer gedra word.win270 wrote: Tue Dec 31, 2024 6:38 am Iets wat niemand tot dusver genoem het nie is om geweer hoog op skouer (horisontaal) te dra deur die bos, maak jou baie meer sigbaar en die loop kan selfs by tye effens weerkaats in die son. Hoe laer en met albei hande ferm op die geweer, is maar die beste om nie jou sigbaar te maak nie. As jy moeg raak, staan stil en luister en bekyk die omgewing om jou. Ja, soms moet mens spoed gee om byvoorbeeld wind-af te kom en dan vinnig en ver stap. Ek hou net nie van 'n metode waar die loop reguit na voor of reguit agtertoe wys en die sneller dalk net aan 'n tak kan vashaak nie.
Ek glimlag gereeld as ek sien hoe 'n PH self die jagter se geweer op 'n skietstok moet plaas en die jagter moet herinner dat die veiligheidsknip op skietposisie gedruk moet word EN na die skoot te vra om weer te laai. Mens sou verwag dat daardie basiese stappe reeds deel van die jagter se "instinkte" sou wees.![]()
Sonder 'n belt word die geweer baie net laag gedra teen jou sy in een hand, wat hom minder sigbaar en ook vinniger in skiet posisie kry.
Nie dat ek baie jag ervaring met Groot 5 het nie, maar ek het redelik dagstappe gedoen en ons was belet om geweer belde te gebruik. ek het baie vinnig "fiks" geraak om my geweer ( FN FAL) in my linker hand te dra teen my sy.
Ooor spoed in die veld? Ja Kudu jag stop en luister. By Buffels en olifant jag moet jy die die "instap" baie keer so daar is nie tyd om die omgeweing te kyk nie die spoor lui jou na jou kontak punt nie jou gehoor nie. Ja die laaste stukkie, maar teen dan sou 'n gids en sy spoorsnyer al lankal vir die kinet dit gesê het.
As dit kom by MUZZLE Direction safety.
Ek stem ek kyk sommige youtube video's en gril soos die klient die PH point. Met jou geweer in jou hand of oor jopu skouer kan jy maklik die hoek waar teen die loop gedra word verander soos jy beweeg.
Ek sien baie PH's dra hulle geweer met sling so dat die geweer horisontaal agter teen sy rug hang, dit is nie net vir dra gemak nie, maar ook vir maklike hantering van jou verkyker.
Jong oor die PH wat die klient instruksies gee soos 'n swaap. Die PH sal vir die klient baie sê skiet wanneer ek sê, mik waar ek sê en hou op skiet of skiet as ek na jou tweede skoot so sê. Die jagter betaal groot bedrae vir die geleentheid om 'n Buffel of olifant te skiet, maar die PH dra die verantwoordfelikheid. Enige "gentlemen" jagter wag vir jy PH se instruksies. Veral met Buffels wil jy nie 'n tweede buffel skiet nie.
Jou adrenalien pomp, die recoil van jou grootwild kaliber druk jou van teiken af sou teen die tyd wat jy op teiken kom is die adrenalin reeds hoog en moet die jagter begelei word.
Weereens die grote, gewig en lengte van jou wapen gaan ook 'n reuse verskil maak.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6969
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Opinies: Geweer dra oor die skouer.
Ek het seker dan al eelte op my skouers.
My 404 se loop is al vir die 2de keer blink gedra.
Ek kan steeds my loop weg wys van wie voor my is, en doen dit ook so.
As geweer nie op my skouer is nie is hy in my hand, die terrein bepaal dit.
As hy eers sy lêplek op die skouer het dan sit hy mooi.
Tussen bosvarke oor honde, plase met buffels en dan self grootwild jag moes mens maar leer dat slings nie werk nie.

Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Opinies: Geweer dra oor die skouer.
Ek is maar 'n aanhanger van 'n goeie band/sling op 'n geweer vir buffel jag. Ek haal hom soms af in baie ruig veld maar as PH is daar baie situasies waar ek 'n verkyker in een hand het en 'n skietstok in my ander hand.
Ek het eenmaal lekker gelag toe ek 'n jag video sien waar die PH dat die spoorsnyer sy geweer dra terwyl hy die skietstok en verkyker werk. Ewe skielik storm die buffel en daar hol sy spoorsnyer weg met sy geweer. Gelukkig was die kliënt se skoot reguit op die stormende buffel, anders sou ons nie gelag het nie.

- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2943
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Opinies: Geweer dra oor die skouer.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- tau
- Hero Member

- Posts: 3942
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Opinies: Geweer dra oor die skouer.
Absoluut. As PH moet jy beheer van die jag en die dier wat geskiet word neem en dus gaan jy baie jou verkyker gebruik.Eduard Venter wrote: Tue Dec 31, 2024 1:48 pm Ek is maar 'n aanhanger van 'n goeie band/sling op 'n geweer vir buffel jag. Ek haal hom soms af in baie ruig veld maar as PH is daar baie situasies waar ek 'n verkyker in een hand het en 'n skietstok in my ander hand.
Watse wapen dra jy? Teleskoop of oopvisier?
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Opinies: Geweer dra oor die skouer.
My kommentaar was gerig op dit wat die opskrif aantoon nl. geweer oor skouer. Met die geweer na agter moet een van die hande die kolf vashou. Dit gee beter beheer as die geweer dan vinnig gebruik moet word. Dit sal help wanneer iets onvoorsiens gebeur en vinnig geskiet moet word. Ek verwys ook net na die jag van gevaarlike wild.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br