260 Remington reamer

Post Reply
Frikjordaan
Full Member
Full Member
Posts: 217
Joined: Wed May 11, 2011 9:35 pm

260 Remington reamer

Post by Frikjordaan »

Forum lede
Ek het 'n 260 Rem reamer met die volgende detail daar op:
260 Rem Fin.
PTG 10/03
Op die internet lyk dit asof die reamer deur Pacific Tool and Gauge Co vervaardig was.

Sal bly wees as iemand wat die soort van ding ken sal laat weet of dit 'n standaard reamer is ? en of dit geskik sal wees om 'n kamer te sny wat reg is vir 120 en 142/142 grein Sierra Gamekings en ook vir die VLD  139 grein Lapua Scenar koe?lpunte.
het ook heelwat AHS 120 en 140 grein koe?lpunte.

Het geen rede om 160 greiners te skiet nie.

Die reamer is nog nuut en, as ek nie verneuk was nie, het dit 'n geweersmit dit geleen net om een kamer te sny en die terugvoering was dat die geweer baie goed skiet.

Baie dankie en sal inligting waardeer.
Frik
Karasberge Namibi
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 260 Remington reamer

Post by Arnold »

Email vir PTG en vra vir hulle. Ek hoor die mense is behulpsaam en ek is seker hulle sal jou vraag beter kan beantwoord as iemand hier.
Frikjordaan
Full Member
Full Member
Posts: 217
Joined: Wed May 11, 2011 9:35 pm

Re: 260 Remington reamer

Post by Frikjordaan »

Hallo.
Nee, het net die Finisher reamer.
Het ook jul raad gevolg en vir hulle 'n epos gestuur.
het gou geantwoord dat dit 'n standaard reamer is maar dat hulle vir 'Target" 'n match reamer aanbeveel en dat dit $137 kos
Groete en baie dankie dat julle laat weet het.
frik
Karasberge Namibi
Frikjordaan
Full Member
Full Member
Posts: 217
Joined: Wed May 11, 2011 9:35 pm

Re: 260 Remington reamer

Post by Frikjordaan »

Arnold en Ludwig.
Onderstaande is die antwoord wat ek van PTG gekry het.

weet egter nie mooi wat beteken die aanbeveling wat hulle gedoen het nie neem aan dit verwys na skouerhoek en neklengte/vryboor?.
Kan julle dalk bietjie verduidelik.
Luister graag en baie dankie
Frik 

Frederick-



What you have is a standard SAAMI finisher? We recommend a 260 Match finisher with a .298 NK & .140 FB 1?-30 lead. The price is $138.00 in HSS with 5 weeks to delivery.



Adobe Acrobat X Reader (Free Download)

Thanks,

Kory Huske MCP, MCSE

Production /I.T. Manager - Web Administrator - International Sales

Pacific Tool & Gauge, Inc.

598 Ave C

White City, OR 97503-1031

Phone: 541-826-5808 Ext. 102

Fax: 541-826-8403

http://www.pacifictoolandgauge.com/
Karasberge Namibi
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 260 Remington reamer

Post by Arnold »

Ek sal moet sien of ek die reamer print kry wat gebruik is vir my 260AI wat eintlik 'n min spec 6.5-08AI is.
Ek dink my nek is .296, wat vir my steeds 'n bietjie los is. Hierdie dimensie gaan afhang van of jy nekke sny of nie.
Die freebore sou ek dat hulle dit sny vir 'n 123gr Lapua Scenar geseat tot op 'n TPL van 71.18mm of 2.8" met so 20 of 30 thou jump.

Lead angle, soos ek dit verstaan, verskil om by koeels aan te pas. Jy gaan dus jou lead angle verander as jy VLD koeels of gewone koeels gebruik.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 260 Remington reamer

Post by Arnold »

Ek gaan nou maar stilbly want van die goed weet ek nie veel nie...


Frik stuur my 'n pm met jou epos adres en dan stuur ek vir jou my reamer print asook die standaard 260 reamer print. Myne het 'n baie kort vryboor maar daai VLD koeels met die skerp punte kan mens steeds ver uit seat.
Post Reply