Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Forester wrote: Fri Oct 18, 2024 9:02 am
Is ek die enigste persoon wat wonder oor die olifant wat gejag is met 'n sagte punt?
Sover ek versttaan was dit backup nie die eerste skoot nie ek wil ook graag meer weet.
Dink vir hart lyfskoot sal daardie koeel mooi loop vir brein sal 'n soliede koeel meer vanpas wees.
Geno wrote: Tue Oct 15, 2024 7:06 am
Die van julle wat al lank genoeg hier is om te onthou van 'n sekere lid wat homself voorgegee het as 'n appy PH onder Mnr. Selby....
So is ek die naweek by n braai en ontmoet 'n man wat ek van nerens af ken. Ons chat bietjie jakkalsjag en so aan, en hy sê hy wil my vertel van 'n man wat geboer het in sy distrik op 'n vlak in die Oos Kaap. Die man is seker die grootste liegbek wat hy nog ooit ontmoet het reken hy. Ek vat 'n kans en vra of hy praat van xxx (dis nou die groot storieverteller van destyds op Jaracal se regte naam)
Sy oë rek wawyd oop en hy sê ja, hoe ken ek hom?
Ek vertel hom toe maar net dat ek al van die man se wolhaar stories gelees het
Pine se jaarlikse oes van wild in die Noord Kaap.doc
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Lyk my middelmanne en al dergelike smouse dwaal deesdae rond. Besigheid is besigheid. Middelmanne plaas darem julle pryse so dat ons weet of ons moet verbyhou of nie
KalahariKlong wrote: Sun Nov 24, 2024 11:04 pm
Oom Tripod ek het n skakel na al sy stories en nog meer, nie seker of ek dit mag plaas nie.
Na soveel jare en met 'n proviso dat die stories nie waar is nie dink ek nie dat dit skade kan doen nie, veral nie as dit bloot 'n skakel na hulle is nie.
PaulM wrote: Tue Nov 26, 2024 7:42 am
So van goeie stories gepraat, oom Martiens is baie stil deesdae. Ek hoop dit gaan darem goed met hom. Seker maar op safari êrens in Afrika.....
Ja oom Martiens se blikbeker is seker leeg. Koos sal jy namens ons met oom Martiens praat laat hy bietjie weer stories kan vertel?
Dag Manne
Het vanoggend met Oom Martiens gepraat. Hy was net so 'n bietjie besig met annerlike goete. Maar hy sê hy gaat kom kuier binne die volgende paar dae sodat ons weer jag kan praat omme kameeldoringvuur. Sodra hy hier was, sal ek dadelik sy storie om oordra.
Mooi loop
Last edited by Koos Barnard on Tue Nov 26, 2024 2:17 pm, edited 1 time in total.
Toe ek selfs nog jonger was, het ek die gewoonte gehad om die belangrikste deel van die Landbouweekblad eerste te lees. Dit was die binneblad van die agterblad.
Ja, daar weer die strokiesprent is. Al Doors, die Haan en Werfbobbejaan se petaljes.
Ons sou by Oom Jannie en Tannie Stella de Klerk aan huis kom op Bylsteel. Die nuutste Landbouweekblad het gewoonlik in die voorhuis gelê.
Toe ek so bietjie meer begin belangstel het in wat in die land aangaan, het ek ook die eerste blad van die geelbladsye bestudeer. Daar waar Manie ons ingelig het oor belangrike nuus en (Ek dink) Fred Mouton 'n gepaste skets bygevoeg het, wat die berig mooi opgesom het.
Toe my broer in meisies begin belangstel het, het ek toe 'n derde deel ontdek wat vir my pret verskaf het. Die Opsitkers!
Ek sou die briewe aan Manie vir my broer lees. Met smaak vir hom sê: "Hier is vir jou een!"
En dan sou ek die brief van 'n meisie vir hom lees wat smag na die buitelewe, 'n vroeë oggend koffie op die stoep, lang ente saam in die veld stap, hou van dans en goeie musiek. O-ja! Soms met die laaste sin wat lees: "Foto met eerste brief asseblief."
Net om terug te kom oor die Oom wat so mooi stories kon skryf.
Ek het baie gewonder, as hy dalks van die begin af gese het, dat sy stories fiksie is, of hy nie dalks baie bekend kon gewees het nie??????
Die man het definties n gawe gehad as dit by skryf kom.
Sou julle anders oor die man gevoel het, as hy nie gejok het nie?
Ja as hy gese het dit is hy in sy droom wereld wat daar skryf reken ek ons sou vandag nog saam gelees het maar toe kruis hy spore met hoof speurder babaleeu Geno
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Capt. Yoda wrote: Sun Dec 01, 2024 2:40 pm
Goeie etter kos n pakkie 308 A-frames al R2500
Gaan grou maar daardie pakkie bruinboks PMP koeëlpunte agter in jou herlaaikas uit. Ja, dit is daardie waarvoor jy te skaam is om dit te probeer verkoop of selfs te erken jy besit hulle.
Voor ons soveel begin oplees het, het menigte koedoes daarmee geval wat ook nie al die artikels gelees het nie.
Capt. Yoda wrote: Sun Dec 01, 2024 2:40 pm
Goeie etter kos n pakkie 308 A-frames al R2500
Gaan grou maar daardie pakkie bruinboks PMP koeëlpunte agter in jou herlaaikas uit. Ja, dit is daardie waarvoor jy te skaam is om dit te probeer verkoop of selfs te erken jy besit hulle.
Voor ons soveel begin oplees het, het menigte koedoes daarmee geval wat ook nie al die artikels gelees het nie.
Ek het gelukkig n klomp Pro Hunters wat nog daar agter in my kas le vir die maer jare
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.