Raad met keuse vir teleskoop

Post Reply
User avatar
Hano243
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Wed Jan 21, 2015 3:56 pm

Raad met keuse vir teleskoop

Post by Hano243 »

Ek is in die mark vir nog n lekker bosveld teleskoop. Ek gebruik op die meerderheid van my gewere Leupold se VX3's met die Varmint Hunter reticle en is bitter gelukkig met hulle, maar kry nerens nog een te koop nie.

Ek kyk nou na die nuwe VX-3HD. Ek het egter nie veel ondervinding met die nuwe VX-3HD's nie. Sien daar is 2 modelle, een met firedot reticle met side focus en een met duplex kruis sonder side focus. Is hier dalk manne wat kennis het van die 2 modelle en dalk kan help met die regte keuse?

Ek kyk ook na die Swarovski Z3 BT 4-12x50...
Hano
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Raad met keuse vir teleskoop

Post by jdpretorius »

Wat dalk van Lynx ?.....hulle kruis is amper nog beter vir my oë as die Leopold

Sent from my SM-A536E using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1113
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Raad met keuse vir teleskoop

Post by J le Roux »

Vir die Bosveld is eenvoudiger beter. Skote moet dikwels redlik vinnig geneem word, so mik 'n druk teleskope sonder fieterjasies werk goed.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
User avatar
Hano243
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Wed Jan 21, 2015 3:56 pm

Re: Raad met keuse vir teleskoop

Post by Hano243 »

jdpretorius wrote: Wed Nov 06, 2024 11:59 am Wat dalk van Lynx ?.....hulle kruis is amper nog beter vir my oë as die Leopold
Lynx LX3 met die SAH reticle werk goed en is verseker ook n opsie.
Hano
Leon Crous
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 429
Joined: Wed Jun 18, 2014 12:08 am

Re: Raad met keuse vir teleskoop

Post by Leon Crous »

Stem saam met Lynx en SAH reticle,
Kan virseker ook kyk na Zeiss se 3-12 x 44 of 4-16x44 opsies. Lekker ligte scopes met uitstekende glas en verskeie kruishaar opsies.
Gaan kyk maar deur verskillende teleskope en besluit dan.
Sterkte.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13581
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Raad met keuse vir teleskoop

Post by Capt. Yoda »

Daai VX 3 met die rooi kol is n bitter lekker bosveld scope
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Hano243
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Wed Jan 21, 2015 3:56 pm

Re: Raad met keuse vir teleskoop

Post by Hano243 »

Dankie vir julle raad en insette. Ek het een van die Lynx SAH teleskope op een van my gewere, maar hy is vir my effens groot en "bulky"
Capt. Yoda wrote: Wed Nov 06, 2024 6:48 pm Daai VX 3 met die rooi kol is n bitter lekker bosveld scope
Cappy ekt maar gegaan met die een, Fururama hardloop nou n lekker Black Friday special op hulle, so hys oppad ;)
Hano
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Raad met keuse vir teleskoop

Post by Pappabeer »

Het daai VX-3 maw die ou VX-R vervang? Dit is sslf n bitter lekker scope gewees vir sy geld
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Cobus Wessels
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Nov 26, 2022 2:41 am

Re: Raad met keuse vir teleskoop

Post by Cobus Wessels »

Ek het nou ook 'n Firedot aangeskaf. Baie beïndruk met die mooi fyn "dot"

Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk

User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Raad met keuse vir teleskoop

Post by tripodmvr »

Praktiese raad by teleskoop keuses.

https://youtu.be/0i0KA65k4bQ
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Raad met keuse vir teleskoop

Post by Hercules Louw »

Een van my vriende het n Leopold VX5 3-15x44 in die mark vir R16 000. Laat weet as jy belangstel.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8009
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Raad met keuse vir teleskoop

Post by Arnold »

Kyk gerus na die Delta Stryker 1-6. Baie lekker teleskoop wat ek op my 30-06 gebruik. Die illumination is so helder soos n red dot. Hy het n paar afmik punte op die reticle. Glas is ook baie mooi.

Image

Sent from my SM-A528B using Tapatalk

User avatar
Hano243
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Wed Jan 21, 2015 3:56 pm

Re: Raad met keuse vir teleskoop

Post by Hano243 »

Jis Oom Hercules, die is nou n goeie koop en bad timing vir my. Ekt laasweek my VX 3HD gekry.

Dankie vir al julle raad en insette.
Hano
Post Reply