Ek was erg tempted.
Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1876
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Maak 'n verskil
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
More.
Indien julle spam posts sien, moenie op dit reply nie asb.
Admin sal dit wel sien en optree.
Indien julle spam posts sien, moenie op dit reply nie asb.
Admin sal dit wel sien en optree.
Goed, beter, 6millimeter!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Party manne dink admin is ook spam.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Forester
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
*tong in kies*
@Lategan, daar is net een plek vir 'n Weimaraner - dit is op die agtersitplek van 'n cabriolet wat deur twee sagte seuns bestuur word in Clifton...
Ek het ondervinding met GSPs, maar het nou vir die eerste keer 'n Drahthaar hondjie. Ek sal hulle definitief aanbeveel!

Wynand
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13530
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Forester wrote: Wed Oct 02, 2024 9:31 am *tong in kies*
@Lategan, daar is net een plek vir 'n Weimaraner - dit is op die agtersitplek van 'n cabriolet wat deur twee sagte seuns bestuur word in Clifton...
Ek het ondervinding met GSPs, maar het nou vir die eerste keer 'n Drahthaar hondjie. Ek sal hulle definitief aanbeveel!
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2946
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Net so, hond ook o.a. vir die bloubloed adelikes!

Ek ht video probeer plaas, kry nie reg nie.
Het jou mooi GSP’s in aksie gesien. Ons nie ver van mekaar, dalk ‘n plan maak. Hulle raak mos gou vrinne sodra die voëls val!!
Beste.
Ek ht video probeer plaas, kry nie reg nie.
Het jou mooi GSP’s in aksie gesien. Ons nie ver van mekaar, dalk ‘n plan maak. Hulle raak mos gou vrinne sodra die voëls val!!
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
My een vriend se GSP se naam was Murphy - hy het sy naam gestand gedoen. Hardkoppig soos alle Duitsers.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2465
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Die "Murphy" ding klink of mans weer die skuld moet kry vir allestripodmvr wrote:My een vriend se GSP se naam was Murphy - hy het sy naam gestand gedoen. Hardkoppig soos alle Duitsers.
.....worder nogal wat is die vroulik van Murphy 
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- Witpietskiet
- Hero Member

- Posts: 762
- Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2946
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Net so…. Hulle maak mos nou ‘n fliek of iets hieroor:)
Margaret kan ook werk… maar dan is dit nou weer terug by ‘n manne verlekker.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
My opmerking was gerig op die moeilike natuur van die GSP - toevallig het die hond 'n pistool aangestrap aangehad.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Forester
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Oom Tripod, ek glad nie saam nie. Hulle is nie moeilik om te leer nie, die probleem is dat die meeste van hulle nie genoeg fisiese en verstandelike stimulasie kry nie. Mense sien 'n gefrustreerde hond as 'n moeilike hond, maar dis nie die geval nie. Daar word ook nie genoeg tyd ingesit nie, hulle is nie robotte nie.. Die stoepk@kkerkies, beagles ens. is moeilike honde...tripodmvr wrote: Thu Oct 03, 2024 8:52 am My opmerking was gerig op die moeilike natuur van die GSP - toevallig het die hond 'n pistool aangestrap aangehad.
Wynand
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
-
toxicsox
- Sr. Member

- Posts: 351
- Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Ek het 'n GSP. My vorige hond was 'n Weimaraner. So ek kan julle vertel van altwee. Die GSP is bitter baie werk. En net wanneer jy dink jy het reggekom dan bewys die GSP jou weer na watter tipe ADHD hy instaat is. Eerstens die GSP dink hy is 'n mens en somtyds dink ek ook die hond is meer kat as hond.... Alle akkedisse moet doodgemaak word. Alle voëls moet bekruip word en hartaanvalle gegee word. En dan is daar natuurlik die "spoke" wat die GSP sien. Eweskielik êrens in die lug sien die hond iets .... spoke. Die hond woon klasse by, swem die plaasdam vol die hele Saterdag maar van moeg word is daar ZERO. 20:00 vat sy haarself bed toe en dan is sy DOOD! Moet nie aan haar dan vat of pla nie. Sy is nou klaar vir die dag. Maar ook net totdat so 02:00 die oggend dan skyf sy van waar sy dood neergeval het na lepel lê in jou bed. Jy durf haar nie te probeer uitgooi nie - en as jy doen wag sy totdat sy jou hoor snork en dan is die lepel lê terug.
Hulle is fantastiese honde, vol energie en baie gretig om jou te wys net hoe stupid hulle kan wees en in watter vreemde posisie hulle aan die slaap kan raak. Myne kan ook nie wag vir as dit donderweer en hael nie. Sy hardloop grasperk toe, in die donderweer en weerlig en probeer elke haelkorrel opvreet soos dit val.... Ek sê maar vir almal - as jy daaraan dink om 'n GSP te kry, en jy bly nie op 'n plaas nie. Moet dit nie doen nie. 'n GSP is 'n Weimaraner wat cocaine met Red Bull afgesluk het en nou geeste en spoke sien - glo my.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2946
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Mooi geskryf Tox!
Daar is al vir my vertel ‘n GSP dink hy is ‘n John Deer trekker met ‘n ploeg!
Ek hou baie van hulle ook, werk uitstekend en baie gewild as jaghonde, maar vir my groot dorpserf en doel verkies ek die Weimi.
Daar is darem rustiger GSP, maar ongelukkig weet jy dit nie voortydig nie.
Beste.
Daar is al vir my vertel ‘n GSP dink hy is ‘n John Deer trekker met ‘n ploeg!
Ek hou baie van hulle ook, werk uitstekend en baie gewild as jaghonde, maar vir my groot dorpserf en doel verkies ek die Weimi.
Daar is darem rustiger GSP, maar ongelukkig weet jy dit nie voortydig nie.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
Martiens Bekker
- Full Member

- Posts: 200
- Joined: Wed Aug 10, 2022 4:37 pm
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Ek geniet die jag rasse maar hulle is oor die algemeen harder werk. Ek het 'n opregte bloedhond. Rigby is nou amper 10. Baie rustiger op sy ou dag maar as jong hond glo ek nie daar was 'n meer hardegat wese wat die Aarde bewandel het nie. Uitstekende neus. So groot soos wat hy is, is hy verskriklik bang vir wind. Sal ook min mense aanraai om die ras te kry. Maar vir my, bitter lief vir die hond.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Muphy se baas is gereeld natgepis as hy gaan sit het. Hardkoppig soos min gewees, maar ek het self gesien hoe hy 'n "blind retrieve" van 'n eend gedoen het en oor so 50m gestuur is en die eend gevind het. Die tragiese was dat sy dood deur sy voortvarendheid gekom het toe hy by die Vaaldam in 'n bloekomstomp vasgehardloop het. 'n Skerp spar het sy bors binnegedring en sy longe beskadig. 'n Baie treurige dag vir sy eienaar gewees.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2946
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Dit kan baie maklik gebeur, nie weens voortvarendheid nie
Wanneer hulle in hul ‘zone’ ingaan, op hoë spoed werk, is afgesaagde/gebreekte stompe/ afgeroesde staal heining pale/groot klippe tussen ryg bosse(renosterbos)/gate in grond ens. lewensgevaarlik. Gebreekte/gebrande ruig riete - waar voëls graag wegkruip, is net so gevaarlik, in my boeke van die gevaarlikste. Gewoonlik is riete ook naby water!
Hulle hardloop hulself maklik ter pletter. Honde hanteerders kan kieskeurig wees in watter tipe veld en omgewing hulle met hul honde jag. My eie hond al goed gesny.
Beste.
Hulle hardloop hulself maklik ter pletter. Honde hanteerders kan kieskeurig wees in watter tipe veld en omgewing hulle met hul honde jag. My eie hond al goed gesny.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7551
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
My lab is so onnosel hy hardloop sommer in n kroegstoel vas.
-
toxicsox
- Sr. Member

- Posts: 351
- Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Blind.Wouter Roets wrote: Fri Oct 04, 2024 9:32 am My lab is so onnosel hy hardloop sommer in n kroegstoel vas.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
@Wouter. Is dit nie die rede waarom jou whisky so vinnig minder word nie?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7551
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Een van die redes my Oom!
- tau
- Hero Member

- Posts: 3945
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
toxicsox wrote: Thu Oct 03, 2024 11:49 am Ek sê maar vir almal - as jy daaraan dink om 'n GSP te kry, en jy bly nie op 'n plaas nie. Moet dit nie doen nie. 'n GSP is 'n Weimaraner wat cocaine met Red Bull afgesluk het en nou geeste en spoke sien - glo my.
Ek sien daai hond sit bewe van opgewondenheid
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
toxicsox
- Sr. Member

- Posts: 351
- Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Vir diegene wat in Pretoria bly en Saterdag oggende boeremark toe gaan. As jy iemand sien wat met sy hakskene agter 'n GSP ploeg, groet maar, dit is ek wat daar boer.
-
Carel-Chris
- Jr. Member

- Posts: 53
- Joined: Fri Jul 22, 2022 8:44 am
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Sal bietjie op die uitkyk weestoxicsox wrote: Tue Oct 08, 2024 9:12 am Vir diegene wat in Pretoria bly en Saterdag oggende boeremark toe gaan. As jy iemand sien wat met sy hakskene agter 'n GSP ploeg, groet maar, dit is ek wat daar boer.
BRNO .22LR
BRNO 30-06
CZ 308W
CBC 12Br
Superbru kampioen 2023
BRNO 30-06
CZ 308W
CBC 12Br
Superbru kampioen 2023
-
toxicsox
- Sr. Member

- Posts: 351
- Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am
Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Net vir ou laas. Nie baie goeie speurders op Jaracal nie. Niemand het gesien dat die boom wat my hond daar uitgetrek het "uitheems" is nie :-)