Merk elke bok in die koelkamer / slagplek met "cable tie" en "tag" wat aan agterbeen vasgemaak is. Dit werk gewoonlik baie goed.Dolf014 wrote: Mon Sep 02, 2024 9:03 pm "Record keeping" by slag plek is super belangrik.
As jy Sondag oggend die jagters se bokke uitweeg, en daar is iewers n fout..............gaan jy kwaai kopkrap!!!
Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?
-
Forester
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am

Gee vir die "reserve representative PH" 'n paar kappe voor jy in die veld gaan, net vir sy senuwees...
Wynand
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13582
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?
Op n jag die jaar het almal bq gekuier so op die 2de laaste aand en die volgende ogend seker 300m uit die kamp uit ry die PH in die grootste erdvarkgat in die wereld in, jy kon hom amper van die maan af sien. Toe ons eventually uit kom stap ek na hom toe en gee sy Poweraid vir die tracker agter op en druk n Heineken in sy hand en se hom jy lyk my bq op jou senuwees vanogend.Forester wrote: Tue Sep 03, 2024 8:58 am Gee vir die "reserve representative PH" 'n paar kappe voor jy in die veld gaan, net vir sy senuwees...
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?
@Dolf14, dit is hier waar ons eenkeer ervaar het dat die karkasse wat flenters geskiet is skielik joune word.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13582
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?
Beste wat ek nog gesien het op n Sondag word n baba takbok somer n groot SWB bul as een ou vroeg moet ry. Ekt self in die NW een jaar n 54” koedoe bul in die kop geskiet en toe ek by die huis kom en vleis hang is dit n klein koedoe wat deur die boude, nek en blad geskiet is
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?
Seker die laaste keer wat jy saam met hulle gaan jag het.Capt. Yoda wrote: Tue Sep 03, 2024 4:32 pm Beste wat ek nog gesien het op n Sondag word n baba takbok somer n groot SWB bul as een ou vroeg moet ry. Ekt self in die NW een jaar n 54” koedoe bul in die kop geskiet en toe ek by die huis kom en vleis hang is dit n klein koedoe wat deur die boude, nek en blad geskiet is
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2595
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?
Eland geskiet, ingehanding by ‘n slaghuis, mooi vertel wat ek wou hê..
Kry my vleis terug gevries…
Toe ek die mince wou gebruik, is dit vrot! Res van die vleis 100%, maar die mince vrot, amper 22 kg se mince moes weg gooi!
Ja, en die slaghuis weet van niks..

Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?
Dagsê
Soms leer 'n mens dat koeëls glad nie binne-in 'n bok reageer soos jy verwag hulle moet doen nie. Ek help jagters uitneem op die Karooplaas waartoe ek toegang het en het onlangs 'n interessante ding beleef. 'n Jagter het 'n koedoebul op 265m geskiet met sy .308, gelaai met 150gr Siera Prohunter-koeëls. Sy lading is 43gr S335 maar hy besit nie 'n chronograaf nie en weet nie wat die koeëlspoed is nie. Die bok het baie skuins (amper reguit) na hom toe gestaan en hy het gemik om te tref waar die nek en bors bymekaar aansluit (op die regterkant van die bul). Toe die skoot klap, het die koedoe 'n ent gehardloop en neergeslaan op sy regtersy. By die dier aangekom, moes ons hom regdraai vir foto's en dis toe dat ek die bultjie onder die vel hoog op sy linkerboud sien. Ek het daaraan gevoel, besef dit kan dalk die koeël wees en dit dadelik uitgesny. Tot my verbasing haal ek toe die Prohunter uit net om te vind dit het glad nie omgeklink nie.
Toe ons die koedoe omrol, sien ons dat die koeël sowat twee handbreedtes verder agtertoe (en effens hoog) op die blad getref het as waar die jagter gemik het. Met die pens se uithaal het ons gesien dat die koeël tussen twee ribbes in is, 'n gat deur die regterlong gemaak het, deur die grootmaag is en toe verder agtertoe tot in die boud. Ongelukkig kon ons nie sien of daar enige vleisskade was nie want die man het die koedoe met vel aan saamgeneem huis toe dieselfde aand. Soos julle op die foto kan sien, is die koeël byna ongeskonde behalwe vir die groefmerke op die skag.
Dis lekker om groot bokke te jag maar soms is afwisseling ook goed en ek het hierdie jaar 'n paar dassies gaan skiet op 'n vriend se plaas met my .22 Hornet wat met 'n Aimpoint dot-sight toegerus is. Dis hier naby Stilbaai waar die dassies volop is. Hulle bly in kliphope wat gevorm is toe mense klippe uitgehaal het om lande skoon te maak. Met die dot-sight is die skietery uit noodsaak 'n kortafstand oefening maar dit het my herinner aan my kinderjare toe ons dassies met die .22LR en oopvisier geskiet het. Jy moet doodstil sit en wag dat die dassies uit die klipskeure kom en dan moet jy ook nie te veel woel met die aanlê nie anders laat spat hulle weer. Ek het 35gr V-max'e gebruik en die skietafstande het gewissel van so 35m tot 68m. Op 68m maak die rooi kolletjie nogal baie van die dassie toe, veral as hy reguit vir jou kyk en net die kop sigbaar is. Ek weet dus nie of ek veel verder as so 70m na 'n dassie sal kan skiet met die Aimpoint nie. In elk geval, dit was 'n baie lekker en rustige "jagondervinding". Die plaaswerkers het die dassies geëet en ek sal binnekort weer 'n draai by die dassieklippe gaan maak.
Mooi loop

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- JAGTERSREG-JRM
- Hero Member

- Posts: 2328
- Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?
n Groot enetjie wat ek die jaar besef het........Moenie dink as jy die groter ketties by die huis los "om jouself te beperk" en net rooibokke te skiet gaan jy nie koedoes skiet nie. Die klein .300 Blackout het n Rooibok en Kudubulletjie platgetrek en die 30-30 n koedoe koei. Mens kan jou soms lelik BLUF. Beide die kudus het nie 40 tree gegaan nie
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13582
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?
Nogals n groot "Kudubulletjie" daai
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- JAGTERSREG-JRM
- Hero Member

- Posts: 2328
- Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?
Jong is is n "bulletjie" in vergelyking met wat daar rondsluip. Nou nie die mooiste foto nie maar die oudjie was net onder 55" as ek reg onthou en het 192kg uitgeslag
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2955
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?
Dit is ‘n mooi bul! Dodelike skoot.
Beste.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
30-06
- Sr. Member

- Posts: 402
- Joined: Thu Aug 30, 2012 7:30 am
Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?
DankieCobus(Cobb) wrote: Thu Aug 29, 2024 9:39 am 20240829_091914_resized.jpg20240829_091922_resized.jpg20240829_091838_resized.jpg
Hoop fotos maak sin...eerste een is vir as jy moet lê en skiet.
Cheers
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7558
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?
Kerels
Ek het waargeneem dat ek ouer, dommer, stadiger word, moeiliker stap en slegter skiet. En dat ek eintlik net daar is om die rekening vir die kinders se bokke op te tel. Maar die ding wat my die meeste pla sowel as baie hartseer maak is dat ek sukkel om opgewonde te raak oor normale jag. Dit het eenvoudig net nie meer die bekoring wat ek vroeer ervaar het nie.
Groetnis
Wouter
Ek het waargeneem dat ek ouer, dommer, stadiger word, moeiliker stap en slegter skiet. En dat ek eintlik net daar is om die rekening vir die kinders se bokke op te tel. Maar die ding wat my die meeste pla sowel as baie hartseer maak is dat ek sukkel om opgewonde te raak oor normale jag. Dit het eenvoudig net nie meer die bekoring wat ek vroeer ervaar het nie.
Groetnis
Wouter
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2955
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?
Alles waar wat jy sê Wouter.
Ek het ervaar dat die groot lus siklies van aard is en kan verskil van jaar tot jaar. Dit is veral rompslomp wat mens kan afstomp.
Ek tel ook my kinders se rekeninge op… kry darem so bietjie liefde terug!!
Beste.
Ek het ervaar dat die groot lus siklies van aard is en kan verskil van jaar tot jaar. Dit is veral rompslomp wat mens kan afstomp.
Ek tel ook my kinders se rekeninge op… kry darem so bietjie liefde terug!!
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- JAGTERSREG-JRM
- Hero Member

- Posts: 2328
- Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?
WouterWouter Roets wrote: Thu Sep 05, 2024 8:05 am Kerels
Ek het waargeneem dat ek ouer, dommer, stadiger word, moeiliker stap en slegter skiet. En dat ek eintlik net daar is om die rekening vir die kinders se bokke op te tel. Maar die ding wat my die meeste pla sowel as baie hartseer maak is dat ek sukkel om opgewonde te raak oor normale jag. Dit het eenvoudig net nie meer die bekoring wat ek vroeer ervaar het nie.
Groetnis
Wouter
Daar praat jy waarheid ek wil nie eers meer agter n rooibok aanstap nie MAAR as jy praat van buffel of kat sal ek my sole deurloop. Hoeka weer n lelike jik wat begin pla!!
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
- heywillie
- Hero Member

- Posts: 1214
- Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm
Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?
Wouter, waaraan sal jy die toeskryf ? Te veel jag, uitskiet werk, te veel PH werk gedoen ?Wouter Roets wrote: Thu Sep 05, 2024 8:05 am
is dat ek sukkel om opgewonde te raak oor normale jag. Dit het eenvoudig net nie meer die bekoring wat ek vroeer ervaar het nie.
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13582
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?
Ek het nou met ons laaste jag uit 5 dae net een dag self gejag, die res van die tyd het ek maar mense en hul kinders probeer help en dit is vir my nou lekkerder om n jong man te help sy eerste bok skiet as om self agter n bok aan te loop. Ek is op daai punt nou waar die trip my meer opgewonde maak as die jag self, ek sal altyd onthou hoe ek dit nie kon verstaan laat my Pa op daai ouderdom/punt gekom het laat jag vir hom net oor die trip gegaan het en ek kon nooit verstaan hoe hy nie alles ook wou skiet nie, ek verstaan dit nou en nie net jag nie maar skiet in die algemeen.Wouter Roets wrote: Thu Sep 05, 2024 8:05 am Kerels
Ek het waargeneem dat ek ouer, dommer, stadiger word, moeiliker stap en slegter skiet. En dat ek eintlik net daar is om die rekening vir die kinders se bokke op te tel. Maar die ding wat my die meeste pla sowel as baie hartseer maak is dat ek sukkel om opgewonde te raak oor normale jag. Dit het eenvoudig net nie meer die bekoring wat ek vroeer ervaar het nie.
Groetnis
Wouter
As my laaitie saam is is my deel ook maar net om die rekening op te tel behalwe as daar varke betrokke is dan weet hy elke man vir homself.
Ek sit tans baie eder agter op die Cruiser met n koue goue en kyk hoe die jongmanne jag dan kan ek darem vinger wys as hul droog maak
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2466
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?
Boys julle wat sukkel om opgewonde te raak moet minder hoender, rump en skaap koop.....as jy moet skiet vir die pot, andres kry jy raas by die huis, maak jou gou weer opgewonde om in die bos te kom 
Ek't n Frenchi pel wat saam my leer jag het hier by ons. Ons deel ook wat die veld ons gee en praat vooraf vir watter bokke ons budget. Met meeste van die jag het ek hom gelos om te skiet....en dan die laaste dag besef ek moet gou plan maak. Agter op die bakkie met n cooler en dalk n kwesbok so once-in-a-blue-moon was nog lekker.
Laas jaar by Edwin kon Frenchi dit nie maak nie, so ek moes self die cooler vol kry. Die gogga het my omtrent opniet gebyt en daar he 4 bokke in n dag en n half van my kant af geval, met n nuwe speelding. Die ander manne wou later daai 30-0sukses se koeëls weg vat en my vasbind aan die tralies.... ek dink hulle het my die Frydag aand gif in gegee
Sent from my SM-A536E using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7558
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?
Manne
As ek so met van my pelle praat, veral die wat ook al redelik gejag het, dan word hierdie sentiment van my noggal redelik gedeel. Dit kom nou al n hele ruk en ek en my broer het nou al n hele paar hardekool vure laat uitbrand oor wat die rede daarvoor sou wees. In ons geval het ons dalk moontlik net eenvoudig te veel diere geskiet, so daai opgewondenheid om wel iets te skiet is eenvoudig net nie meer daar nie. Net die rondslomp met vleis op n Sondagmiddag na n harde trip sit my al klaar amper af van die hele trip. Nie een van ons kan glo dat iets wat vir ons so onsaglik spesiaal was nou so n ordinere gevoel gee nie.
Ja die een of twee trippies n jaar waar jy op groot spore loop het ook verseker iets hiermee te doen. Om op n oop konsessie te jag waar alles om jou draai maak verseker dat jou normale jagplaas voel soos letdown. Maar ek is bevrees, nee eintlik angsbevange dat selfs die trips sy bekoring kan verloor. Ek kan maar net bid dat dit nie die geval sal wees nie.
So paar opmerkings wat wel ook n bydrae kan lewer. Ons trips veral met die kinders saam, ontaard gewoonlik in n groot jaggroep. Plase het vandag eenvoudig nie meer die kapasiteit om 6 of 8 gidse saam jou in die veld in te stuur nie. Die norm is veel eerder hier rondom 2 na 4 toe. Meeste plase trek jy met n Cruiser of twee weg met n gids agter op. As daar bokke gewaar word word daar of direk op hulle geskiet, of die jagter klim saam met die gids of aspirant PH af en loop n kort entjie. Hierdie is ongelukkig die realiteit van plase en gaan ongelikkig al meer van toepassing raak.
Trips se duur word ook al hoe korter en daai jagtogte wat ons onthou waar jy vir drie dae agter n spesifieke koedoe of iets soortgelyk aangeloop het is ongelukkig iets van die verlede.
Ja Cappy jy is reg dit gee my deesdae baie meer plesier om die smile en opgewondenheid in die kinders se oe te sien terwyl ek met n yskoue drinkdingejie in my hand die hele spektakel sit en dophou.
Wat my verder pla is dat ek nie meer in die aande wakker le oor watter geweer ek volgende wil koop nie. Daar is ook nie meer die opgewondenheid oor n nuwe megafter of herlaaitegniek nie. Dis bleddie bad!

Wouter, dit klink vir my of jy ‘n hond moet kry en begin voëls skiet… 
Wynand
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1490
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?
Wel sit die maar op as 'n les geleer vir die jagseisoen... Volstruis se kind, kom ons noem hom maar ou Drickus, besluit toe sommer uit die blou hy wil my bietjie stoei. Gebreekte gewrig, 'n paar snye en blou kolle en 'n vol magasyn later besluit hy eers om van my af te klim en in 'n hopie te gaan lê en vrek. Ons almal weet volstruise is gevaarlik, maar wees maar versigtig daar buite. 
Sent from my SM-G973F using Tapatalk

Sent from my SM-G973F using Tapatalk
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13582
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?
Sterkte Eduard, so gewrig is n lastige dingEduard Venter wrote: Tue Sep 10, 2024 12:26 pm Wel sit die maar op as 'n les geleer vir die jagseisoen... Volstruis se kind, kom ons noem hom maar ou Drickus, besluit toe sommer uit die blou hy wil my bietjie stoei. Gebreekte gewrig, 'n paar snye en blou kolle en 'n vol magasyn later besluit hy eers om van my af te klim en in 'n hopie te gaan lê en vrek. Ons almal weet volstruise is gevaarlik, maar wees maar versigtig daar buite.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Pel van my skiet n groot RHB bul die jaar, mooi stuif agter die blad, skoot klap bok spring spring en is onderste bo.
Ons stop sy skeef teen die rand naby die bok en sy laaitie spring af, hy se nog vir hom passop daar by die die bok wag vir ons, ek dog nog nee wat die man is kla. Kom daar aan die die RHB wil op staan maar val en gee so skoppie. So staan ek die PH, my maat en sy laaitie en kyk hoe die RHB sy laaste asem uit blaas, so snork en stilte.
Ek steek n sigaret aan en hier wil die bok weer op staan en nie een van ons het n handwapen daar nie en die lang gewere is op die bakkie maar ek se vir die PH pasop laat ek die man se keel af sny maar as ek daai mes in sy keel/ligpyp druk gaan hy stoeie so staan wyd da agter hom. Daai bok skop my met sy agterpoor net onder my oor terwyl ek voor sy kop staan laat ek 4 summies daar teen die rand af maak, kom terug en ek sny die man van oor tot oor nous dit klaar.
Tel my camel op en hier besluit die RHB wat se kop aan n vel hang hys nogi kla nie hy staan weer op, met die is ek bo op hom en die PH druk sy mes agter die bok se kop in en doep da le die man nou stil.
Die tracker reverse die bakkie laat ons die man kan op winch want dis n size bok die, hak kabel op sy kop en sleep hom op.
Ek klim agter op die cruiser sodat ek sy agterpoot kan gryp en sy heup op tel laat hy nie hak nie, sleep hom lekker op en toe hulle die klap toe druk staan die RHB met die kabel om sy halwe nek en sy kop wat rond vlap op en besluit hys nogs kla nie. Die man spring so half bo op die een voorste bankie en verwurg hom verder en toe ek hom aan die stert plat/af trek skop daai man my net net langs my knater op my binne been laat ek soos en boeksak tussen die tralies in buig.
15min wat ek wens iemand het n go pro gehad maar ek het daai bok en sy lus vir die lewe bitter jammer gekry.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1490
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?
Dankie Cap, gewrig kom darem mooi aan volgens die dr.
Ja nee 'n bok is 'n snaakse ding partykeer. Mens kan baie maklik seerkry as mens haastig raak. Ek dink daai hartbees se vleis gaan taai wees!
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Ja nee 'n bok is 'n snaakse ding partykeer. Mens kan baie maklik seerkry as mens haastig raak. Ek dink daai hartbees se vleis gaan taai wees!
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2466
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Wat was jou grootste waarnemings gedurende 2024-jagseisoen?
Jis, sterkte mater !... ek hoop daai hand is sommer blitsig weer reg.Eduard Venter wrote:Wel sit die maar op as 'n les geleer vir die jagseisoen... Volstruis se kind, kom ons noem hom maar ou Drickus, besluit toe sommer uit die blou hy wil my bietjie stoei. Gebreekte gewrig, 'n paar snye en blou kolle en 'n vol magasyn later besluit hy eers om van my af te klim en in 'n hopie te gaan lê en vrek. Ons almal weet volstruise is gevaarlik, maar wees maar versigtig daar buite.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan