Arken Teleskope

Post Reply
User avatar
pwdejager
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 489
Joined: Tue Sep 03, 2019 2:26 pm

Arken Teleskope

Post by pwdejager »

Ek moet se dat ek weereens verstom is oor wat jy kry vir die prys met Arken teleskope.

Ek het nou al met baie verskillende teleskope geskiet, en verkoop ook Delta teleskope wat uitnemende glas in het.

Ons het die naweek n Klein Doppie Gong kompetisie gaan skiet in Darling, en omrede my kompetisie maat (span kompetisie) onlangs vir hom n 243win aangeskaf het, het ons besluit om die kompetisie met ons Jag Gewere in 243win te gaan skiet. Ons alby het Arken EPL4's op gehad. Hy met x24 vergroting en myne met x16 vergroting.

Die naaste staal plaat was op 280m en die verste op 989m. Gemiddelde was die staal op 500m gewees.

Nou kyk ek was maar bekommerd, die wind het gewaai (soos hy altyd by Darling waai) gemiddeld so tussen 4-6m/s, en omrede dit op n werkende plaas is, het mens bitter min terugvoering gesien op skote was mis.

Ek is egter ongelooflik beeindruk dat ek met n FFP teleskoop met max 16 vergroting nie een keer gesukkel het om impakte te sien nie. En dat ek altyd n goeie beeld gehad het.

Nou kyk ek wil nie redeneer oor watter teleskoop die beste glas, tracking ens het nie, maar vir n teleskoop onder R10k weet ek nie of mens enigsins beter kan kry as Arken nie.
IMG-20240831-WA0014.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Perry de Jager
Beretta Mod71 .22LR
CZ P07 (EDC)
CZ 455 .22LR
Tikka T3x CTR 6.5 CRD
Tikka T3x Varmint Hunter 300WSM
Bergara B14R 308Win
Ralph Badenhorst 6GT
Remington 870 12Boor
Whisky17
Newbie
Newbie
Posts: 44
Joined: Fri Mar 05, 2021 5:14 pm

Re: Arken Teleskope

Post by Whisky17 »

Ek het ook n ELP4, spesifiek gekoop vir my 260.
Sodra ek die vergroting verby x20 vat, dan kry ek nie die glas in fokus nie, maak nie saak waar ek die parallax stel nie.
Ek ondervind dit vanaf 100m tot 400m, in verskillende lig kondisies?
Is dit normaal vir die Arken of mis ek iets?
Ek dink dis n puik kruishaar, en die glas is helder op "lang" afstand indien ek die vergroting onder x20 hou.
User avatar
pwdejager
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 489
Joined: Tue Sep 03, 2019 2:26 pm

Re: Arken Teleskope

Post by pwdejager »

Ek het die EPL in 4-16 en nog nooit 'n probleem gehad nie. Ook die SH4 6-24 en EP5 5-24 en ondervind dit ook glad nie. My vriend wat saam my skiet het die EPL in 6-24 en hy ondervind dit ook nie.

Ek sou aanbeveel jy vat hom terug, hulle waarborge is excellent!

Maak ook seker jou eyepiece is reg ingestel.
Perry de Jager
Beretta Mod71 .22LR
CZ P07 (EDC)
CZ 455 .22LR
Tikka T3x CTR 6.5 CRD
Tikka T3x Varmint Hunter 300WSM
Bergara B14R 308Win
Ralph Badenhorst 6GT
Remington 870 12Boor
Post Reply