Mono koeels en bloed skade
-
SmitH
- Sr. Member

- Posts: 453
- Joined: Tue Feb 16, 2010 11:36 am
Mono koeels en bloed skade
More. Wil graag hoor wat julle te se het oor die onderwerp. N vriend van my skiet n kudu bul in die nek n vriend van hom bewerk sy kudu maak wors ens die ou stuur vir hom n foto van bloed in die kudu se boude sal hy vir hom se dit is die tiepe koeel wat hy skiet wat dit veroorsaak. Nou hy skiet n 300wm met 175 gr mono koeels. Ek jag al vir 40 jaar nog nooit van sulke nonsens gehoor nie en ek skiet ook net mono koeels . Wat hy eintlik wil se ons skiet koeels want sy 7mm maak minder skade met Hornady SST .
Groete SmitH
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Mono koeels en bloed skade
Daar is baie moontlike oorsake anders as die koeel wat jy gebruik.
Het dier gehardloop, was hy reg uitgebloei, was gesleep?
Ek het al vleisskade gesien met voorlaaiers wat jou sal bang maak!!!
My opinie is die bloed in boude eerder weens kneusing agv val of omdat dier nie behoorlik uit gebloei is nie.

- Rudi Fischer
- Hero Member

- Posts: 1835
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Mono koeels en bloed skade
Is die Bok dadelik gebloei na die skoot.
Ek het al gesien dat bokke wat met kop of nek skote geskiet is wat nie gebloei is nie, meer bloed in hulle spiere het as n bok wat hard long geskiet is wat baie inwendige bloeding gehad het.
Maar daai kan ook agv van die val wees (kneusing) soos n blou kol

Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2126
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Mono koeels en bloed skade
Hierdie gaan weer 'n interessante topic wees. Help my reg as ek verkeerd is, vleis kan nie kneus indien die hart nie meer klop nie? Ek sou se daai karkas is nie reg gebloei nie, of dit is 'n ou kneusplek voordat die bok geskiet is!
-
SmitH
- Sr. Member

- Posts: 453
- Joined: Tue Feb 16, 2010 11:36 am
Re: Mono koeels en bloed skade
Bok het gehardloop maar is nie gesny dat hy uit bloei nie
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1540
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Mono koeels en bloed skade
Ek dink die man wat sê dit is die koeël se skuld van die bloed in die boudvleis hou nie van mono's nie, so alles is nou die koeël se skuld. Ek kan nie sien hoe daardie mono die rede is nie. Ek dink ook die bok is laat uitbloei na 'n nek/kop skoot nie. Met 'n hart/long skoot bloei dit in die borsholte in.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1876
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Mono koeels en bloed skade
Ek dink nie hier is genoeg inligting om met sekerheid te kan se wat die bloeding veroorsaak het nie. Daar is baie faktore wat die hoeveelheid bloeding seker kan beinvloed. Maar ek sou ook se een moontlike rede kan wees omrede die bok nie uitgebloei was nie. Ek sukkel egter om te verstaan hoe hy die skoot in die nek en die bloeding op die boude bymekaar uitbring. Ek wil nie spoke opjaag nie maar hoe seker is hy die vleis is dieselfde koedoe wat hy geskiet het?
Maak 'n verskil
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2465
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Mono koeels en bloed skade
Daar het nie dalk n stukkie skrapnel (petal) af gebreek en hom in die boud getref het nie ?
Ek was by toe n ou n eland met n 375H&H in die nek geskiet het en toe ons hom wou laai, agter gekom het n stukkie van die koeël het afgebreek en nog n eland, wat agter n bos gestaan het, netjie agter die oor getref en mors dood....raar maar waar.
Sent from my SM-A536E using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1349
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Mono koeels en bloed skade
Dis die tipe storie wat jy vir jou vrou vertel as jy by die huis kom met twee elande, maar die budget was net vir een.jdpretorius wrote: Fri Aug 23, 2024 1:46 pmEk was by toe n ou n eland met n 375H&H in die nek geskiet het en toe ons hom wou laai, agter gekom het n stukkie van die koeël het afgebreek en nog n eland, wat agter n bos gestaan het, netjie agter die oor getref en mors dood....raar maar waar.
- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1284
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Re: Mono koeels en bloed skade
... Raar maar waar... maar dit gebeur... Ek self het 'paar jaar terug 2 koedoes met 1 skoot uit die 375 opgetel.... Budget heeltemal daarmee heen... Gelukkig 3 getuie gehad onder wie die boer self teenwoordig wasToxxyc wrote: Fri Aug 23, 2024 1:52 pmDis die tipe storie wat jy vir jou vrou vertel as jy by die huis kom met twee elande, maar die budget was net vir een.jdpretorius wrote: Fri Aug 23, 2024 1:46 pmEk was by toe n ou n eland met n 375H&H in die nek geskiet het en toe ons hom wou laai, agter gekom het n stukkie van die koeël het afgebreek en nog n eland, wat agter n bos gestaan het, netjie agter die oor getref en mors dood....raar maar waar.
- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1284
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Re: Mono koeels en bloed skade
Ek dink jou eerste sin is dalk baie naby aan die oorsaak vir daardie bloeding. Ek skiet laasjaar'n koedoekoei met die 300WSM gelaai met 180g Norma Bondstrikes tussen die oë.... Koedoekoei val mooi en ons sny keelaf, los om uit te bloei en gaan laai by die slagkamer af. 2 dae later is die jag verby en by die huis gekom hang ons die bokke in die koelkamer. Ek bewerk self die bokke en kry 'n redelike stukkie van die koeëlmantel met 'n stuk lood in die rugstring toe ek dit uitsny vir biltongjdpretorius wrote: Fri Aug 23, 2024 1:46 pm Daar het nie dalk n stukkie skrapnel (petal) af gebreek en hom in die boud getref het nie ?
Ek was by toe n ou n eland met n 375H&H in die nek geskiet het en toe ons hom wou laai, agter gekom het n stukkie van die koeël het afgebreek en nog n eland, wat agter n bos gestaan het, netjie agter die oor getref en mors dood....raar maar waar.
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13524
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Mono koeels en bloed skade
Ek het nog altyd bokke in die veld gesny of pens getrek ma laaste 5 jaar jag en saam n groep wat die bok laai en aan gaan. Nou ons skiet op n 4dag trip so 1.2ton se skoon vleis en ek het nog nie gesien laat die vleis enigsins anders lyk as hy geslag word nie. Daai merke op die vleis was daar voor hy gevrek het
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Mono koeels en bloed skade
As ek jou vinger met n 2 pond hamer pap slaan gaan jy dalk in jou broek sk@t maar dis nie die hamer se skuld nie. Daar kan geen manier wees wat n projektiel in die nek bloeding in die boude veroorsaak nie
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 956
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Mono koeels en bloed skade
Skiet in die nek maar daar is bloeding in die boude???
Dit klink soos die storie van die 88-jarige omie wat vir die dokter vertel sy 23-jarige bruid is swanger. Die dokter sê toe: "Oom, verlede naweek het ek gaan jag met "blanks". Ek lê toe aan op 'n koedoe en toe ek die skoot aftrek, slaan daardie koedoe sowaar dood neer met 'n perfekte kopskoot."
"Aikona", sê die oom, "iemand anders moes daardie skoot geskiet het."
"Presies die punt wat ek wou maak oom.", sê die dokter toe.

- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Mono koeels en bloed skade
Hier was meer as 10 jaar terug n lekker gesprek hieroor. Jammer om te sien baie van die manne wat toe aktief deelgeneem het is nou nie meer juis hier betrokke nie.
viewtopic.php?t=22954
viewtopic.php?t=22954
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3067
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Mono koeels en bloed skade
Iets wat ek nou oor so 22 jaar se jagte observeer het. Bladskote spesifiek op groter bokke(wildebeeste en koedoes hoofsaaklik)
Groter kalibers wat stadig skiet met premium punte(9.3x62 met 286gr Rhino @ 2200fps) wat dwarsdeur penetreer het los vir my ‘n beter bloedspoor as bv ‘n 300WM wat ‘n 180greiner @ 2900fps gooi(ook dearsdeur die bok)
Die bokke hardloop amper ewe vêr na die skoot
Ek dink die groter frontale area gee ‘n groter permanente wondkanaal wat maak dat die bloed makliker na buite kom?
Sent from my iPhone using Tapatalk