Toets van Guide TU 651 LRF Thermal scope

Post Reply
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1887
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Toets van Guide TU 651 LRF Thermal scope

Post by jaracal »

Ek het die geleentheid gekry om die Guide TU651 LRF Thermal teleskoop vir ongeveer 'n maand te evalueer. Ek besit en jag tans met 'n Pulsar Thermion 2 XQ50 wat my Pulsar XQ38 vervang het. Ek het die Guide op my 6mm Creedmore gemonteer aangesien ek nie die Pulsar van my 204 Ruger wou afhaal nie. Verdere fotos en inligting oor modelle kan ook kan gesien word op hulle website https://www.guideir.com/products/therma ... /tugen2lrf.
WhatsApp Image 2024-07-20 at 09.27.48_fe599084.jpg
Die verskil in die 2 “thermal scopes” is dat die een is die "Top of the Range" van Guide en die Pulsar XQ50 "Middle of the range" model van Pulsar is, albei modelle prys ongeveer R75 000-00.

Ek het Pulsar gekies bo die ATN aangesien die ATN op daardie stadium meer komplikasies (Freeze frame en ander) gehad het. Ek was nog op geen stadium ongelukkig met my Pulsar nie en het sover (meer as 18 maande) nog geen probleme ondervind met die XQ50 nie.

Die Guide het 640x480 IR Resolution sensor met 'n 1440x1080 Display en die Pulsar XQ 50 het 'n 384x288 IR Resolution Sensor met 'n 1024 x 768 Display wat beteken dat jy 'n beter beeld sal sien met die Guide en dat die hitte beeld ook duideliker sal wees met die Guide as met die Pulsar op papier.

In werklikheid is dit ook presies wat gebeur het, veral wanneer die vergroting hoër verstel was. Die beter “Resolution”en beter “display” het beter vertoon op groter vergroting waar die Pulsar se beeld vinning blokkies wys (vertoon blokkies ipv glad soos wanneer ‘n foto te veel vergroot word).

Ek is baie beïndruk met die teleskoop en is daar 18 jakkalse geskiet met die Guide in die amper 30 dae wat ek die teleskoop gehad het.
IMG_6887 (1).jpg
Hier volg 'n paar video's wat ek geneem het met die Guide:
https://www.youtube.com/shorts/yMGe21z-s0Q

Die Guide se rangefinder werk op 'n blokkie regs onder die kruishaar middelpunt. Dit was eers 'n groterige oop blokkie en het ek nie geweet watter deel om te gebruik om die korrekte meting te kry nie. Ten 2de was die afstand regs bo in wit geskryf wat verdwyn het in die wit agtergrong van die "White Hot" keuse van kleur soos onder gesien kan word.
AJCH9170.JPG
Nadat ek met Jacques en Reynier gepraat het, het hulle die vervaardigers gekontak en was die groot blokkie vervang met ‘n kleiner blokkie met ‘n sagteware opdatering. Die kleur is met die opdatering na blou verander wat dit nou maklik maak om te lees.
WhatsApp Image 2024-07-20 at 09.27.51_11b3b1c8.jpg
Dit is die eerste keer dat ek ‘n ingeboude laser rangefinder in ‘n thermal scope gebruik het en was dit net ‘n plesier. Ek kon dus met sekerheid sê wanneer die jakkals binne 220m was om te skiet. Ek sien daar is ander make wat "ballistic calculators" het wat ek glo ook 'n omwenteling sal wees om jakkalse verder te skiet sonder om te probeer raai waar om te vat.
Ek het die rangfinder op ons skietbaan getoets en was dit op op 200m en 300m met 1mm en .7m veskil.
WhatsApp Image 2024-07-20 at 09.27.51_6137fc74.jpg
Die voordele wat die Guide bied bo die Pulsar vir dieselfde prysklas was die volgende:
• Jy kry jy ‘n beter resolusie, wat se beeld duideliker is veral op die groter vergrotings.
• Die teleskoop kom met ‘n ingeboude Laser Rangefinder en ek het bome op rante gemeet tot 1300m sonder enige problem.
• Die Guide kom met 2 x los batterye en een wat in die teleskoop self is maw 3 batterye waar die Pulsar slegs 1 x los battery en een x vaste battery het.
• Die Guide se batterye, een op een, hou langer as die van die Pulsar al word die range finder op “continuous ranging” gesit.
• Guide het ‘n rooi liggie wat na groen verander wanneer die battery in die teleskoop vol gelaai is terwyl jy die Pulsar moet aansit en binne in die “viewfinder” kyk of die battery gelaai is. (Baie frusreerend, alhoewel op ‘n skaal van 0-10 is dit seker ‘n 1 wanneer daar tussen teleskope gekies sal word)
• Die Menu knop sit bo op die scope (waar ‘n gewone scope se hoogte verstelling is) wat dit maklik maak vir linker en regterhand skuts waar Pulsar se Menu aan die linker kant sit soos ‘n Parallax knop wat dit vir ons “Lefties” moeilik maak om by die menu uit te kom.
• Jy kry in die Guide packet ‘n stel ringe vir ‘n picatinny rail alhoewel ek ‘n stel medium ringe sou verkies ipv hoë ringe wat voorsien word.

Ander verskille:
• Die boonste knop by Pulsar is vir die los battery waar die Guide s’n aan die regterkant sit.
• Pulsar se herlaai poort is waar die wind verstelling op gewone telescope sit en Guide se herlaai poort is agter regs op die teleskoop.
• Die Guide het ‘n ingeboude geheue (memory) van 128 gig wat wonderlik is en word dit per app afgelaai na jou foon.

Albei teleskope het ‘n app wat afgelaai word en kan stroom na jou foon of tablet. Ongelukkig kan die Guide teleskoop nie direk klank opneem soos die Pulsar nie maar kan jy met jou foon opneem wat dan klank insluit.

Een vereiste van enige scope is dat dit nie moet uitstel as dit onder normale omstandighede gebruik word nie. Ek ry met my geweer in my skietstoel vasgemaak gereed om te gebruik en word die geweer redelik rondgeruk met die paaie wat gery word. Ek kan bevestig dat die Guide wel “point of impact” gehou het en dat dit ook na die opdatering van sagteware dieselfde point of impact gehou het.

Wat ek wel sou verkies het is dat die laser rangefinder op die teleskoop se kruishaar gewerk het ipv. in ‘n blokkie regs onder die kruishaar middelpunt. Daar is ook ‘n funksie van “Ranging assistance zeroing” wat seker soos ‘n ballistic calculator werk maar ek het nooit by die funksie uitgekom om te toests, te gebruik en of dit wel so werk nie.
Die Pulsar XQ50 het daarinteen strepies wat jy kan gebruik om afstand van ‘n sekere grote dier te bepaal maar is dit baie oneffektief en nie akkuraat nie. Die XP50 LRF van Pulsar sien ek verkoop tans vir R130 000-00, ‘n wesenlike verskil van die Guide.

‘n Paar dinge wat die vervaardigers kan verander is as volg:
• Die kruishaar keuses is veral in die “Dot”(kolletjie) te klein en raak dit weg, ongeag die kleur. Dit sal goed wees om die dikte te kon kies of meer keuses te hê met dikker kolletjies of kruishaar diktes
• Die helderheid van die kruishaar word ipv ligter net ‘n donkerder kleur. Maw geel raak oranje, ligte blou raak ‘n donker blou. Wit en groen is amper al kleure wat ligter raak.
• Die Laser Rangfinder moet op die middel van die kruishaar werk ipv regs onder in ‘n blokkie.

Soos enige toerusting het dit ook sy beperking. Ek het nog steeds ‘n problem ondervind met jakkalse wat hulle self tussen klippe bevind en was dit moeilik en selfs onmoontlik om die jakkals uit te ken met die "heat signature" waar alles wit was agv die klippe wat ook warm was op daardie stadium. Dit was eers met die beweging van die jakkals dat ek dit kon sien maar is dit ‘n probleem van alle thermal scopes.

‘n Ander probleem is ook die uitkenning van diere soos ‘n Kaapse Vos, Bakoor en Maanhaar jakkals. Alhoewel die beeld beter was is dit nog steeds moeilik om te bepaal watter van die genoemde diere dit is. Indien die diere naby is kan jy die bakoor se ore uitken of sien hoe die maanhaar loop en meer van ‘n krom rug het as die rooi jakkals maar dit is amper onmoontlik om ‘n kaapse vos en jakkals uit te ken. Op die manier wat hulle inkom kan jy dit wel sien maar indien die dier skielik daar staan is dit baie moeilik om te onderskei.

Die vraag is of ek die Guide met die Laser Rangefinder sal kies bo die Pulsar as ek op die stadium een moet kies en sal ek verseker op die stadium (vir dieselfde geld waarde) wel die Guide kies bo die Pulsar, maar soos met alles nuut sal tyd ons leer of die Guide net so betroubaar is soos die Pulsar.

Ter afsluiting kan ek se dat die invoerders vir lede van Jaracal wat in die mark is vir 'n Thermal scope en meer inligting oor die Guide produkte wil bekom na https://thermals.africa toe kan gaan. Daar is tans n afslag kode (RR2024) van toepassing op die produkte wat so 10% afslag sal wees.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Toets van Guide TU 651 LRF Thermal scope

Post by Capt. Yoda »

Baie nice review, dankie uncle!
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1879
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Toets van Guide TU 651 LRF Thermal scope

Post by Ratel »

Indrukwekkend. Tegnologie verbeter daagliks
Maak 'n verskil
Post Reply