.223 Rem Akkurate flyers?

User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2955
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Lategan1 »

OU OP EINDE

Verder hiertoe.

[voltooi]

Die beste groep van die onderskeie tegnieke laaste hier geplaas t.w. #3, vorm nou deel van 10 lotte op dieselfde manier voorberei, ouer sowel as nuwe groepe. Die gemiddelde hiervan is 0.66 MOA, 100-300m afstande, swak/sterk wind en 3 tot 6-skoot groepe ingesluit.

Die uitskiet/flyer groepe het sedert ek met hierdie proses begin het, afgeneem van 1.89 MOA tot 1.19 MOA.

Ek het 2 aspekte verder verbeter nl:
1) Die lot toets doppe fyner uitgeklas, geweeg maks. 0.9gr verskil.
2) Koeëls basis tot ogief uitgeklas, gemeet maks. 0.001” verskil.

My uitskieters is konstant beperk, vir die enkeles steeds met my minus die skutfout, is daar ook ‘n moontlike oplossing.

Daar is duidelike interessante voorkomste wat ek met verloop in aparte draad sal plaas.

Beste.
Last edited by Lategan1 on Mon Jul 15, 2024 6:23 am, edited 2 times in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2955
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Lategan1 »

NUWE ONDERWERP BEGIN

Verdere uitbreiding van die bespreking in die oorspronklike OP t.w. verwysings, verdere ontwikkeling en kennis opgedoen oor moontlike redes vir die teenwoordigheid van uitskieters in die .223 Rem.

Paar tipiese kommentaar uittreksels wat baie aspekte van die .223 weergee:

“The secret to 223 or 223ai in a bolt gun is getting the right chamber and bullet.”

“223 will do EXCELLENT
YOU NEED A EXCELLENT BBL...1/14 twist a chamber cut for 50-55 gr bullets excellent brass full prep sorted decent powder several out there today
excellent bullets not bulk 55's( Hornady's 50vmax in green has shot .204 in one of my 223's)
a solid stock that matches a front and rear rest
top end high quality scope...even for 100 yards.
been there done that have the reamer.“

“The 223 has a long skinny powder column compared to the short fat ones we see these days. Larger es and sd are an indication the powder is not burning consistently from round to round so that is where improvement can be found. More neck tension, crimping, hard jam on the front end. Different primer on the back end. Faster powder in the middle.“

“The biggest factor to "my" rifle has been headspace. Using the old "close the bolt on the case" method, I found my headspace was at .005 off to the loose side. Obtaining and using a RCBS Micrometer, I now set my dies to 0.0 headspace (+- .001). This has been the biggest factor in making the rifle a dependable 1/2 MOA shooter.”
Last edited by Lategan1 on Mon Jul 15, 2024 6:42 am, edited 9 times in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2955
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Lategan1 »

IMG_1112.png
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2955
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Lategan1 »

Gavin van Ultimate Reloader se super akkurate .223 “custom build trainer”. Let op sy ES/SD.
IMG_2942.jpeg


Goeie ES/SD info.
https://forum.accurateshooter.com/threa ... s.4091229/
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Lategan1 on Sat Jul 27, 2024 11:10 am, edited 7 times in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2955
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Lategan1 »

Die vloei van die brass na vuur verdik meer soos waar die wit lyne aandui. Tussen die punte is daar as’t ware ‘n holte. Jack Neary verwys spesifiek hierna. Slegte nuus vir o.a. konstante nekspanning en konstant dieselfde “bullet release”. Wisselende druk en elevasie!

My S&B dop, reeds gedoen met reamer. Feitlik al my doppe vertoon so. Dikker by bek en nek/skouer aansluiting.
IMG_2957.jpeg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Lategan1 on Sat Jul 13, 2024 7:36 am, edited 7 times in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2955
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Lategan1 »

Eric Cortina met Jack Neary, top top “benchrest” 100-300yds skut met 6PPC.

Hierdie kyktyd is lank, baie leersaam en bied baie vir .223 skuts wat ‘n akkurate geweer wil hê.

https://youtu.be/T3jBsxhLejM?si=6oZ7uLJKy2RA7lSU

https://youtu.be/Ord0NguzRXU?si=dbZM8e94m8ofQxxW
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2955
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Lategan1 »

My beste vorige 100m finale #3 groep in sterk wind, GROEN.
Herhaal op mooi dag, alles identies, 5-skoot in ROOI.

Opsigtelik, beide groepe het ‘n uitskieter links bo.
Die gesamentlike groepe toon steeds ‘n duidelike neiging na ‘n dubbelgroep, met die uitskieters wat deel vorm van die sekondêre groeperings links bo.

Ongeag Libbok se drift of Frans staan vas, hierdie is middelmatige groepe op 100m. Wat wel goed is, is die algemene waterlyn/waterline, dit toon goeie konstante lading/druk/vertikale vir afstand potensiaal met goeie elevasie voldoening. Hierdie groepe is ‘n goeie “weather report!”.
IMG_2122.jpeg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Lategan1 on Sat Jul 13, 2024 1:43 am, edited 6 times in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2955
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Lategan1 »

Kantnota, kyk hoe maklik met die 50gr Sierra Varminter, 21 skote. Selfde lot doppe as 55gr, voorbereiding alles dieselfde. Het hierdie tussenin gedruk om die algemeen bekende 50-53gr akkuraatheid te bevestig.

100m TPL ontwikkkel, 200 & 300m teleskoop kalibrasie.
IMG_2069.jpeg
IMG_2066.jpeg
IMG_2067.jpeg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2955
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Lategan1 »

Hierna is die volgende gedoen of bevestig deur GS. Enige onvoorsiene of skelm veranderlikes dus uitgeskakel.

Pillar bedding nie gekrimp, geen speling, loop vry.
Kroon steeds 100.
Loopgroewe en leade 100.
Geen koolstofring.
Timney sneller 1.8-2.0pd.
Monteer sterker teleskoop 4-16x50.
Slagdoppe het soms kraters getoon. Slotkop slagpengat nuut gebus en slagpenpunt geometries rond poleer.
Slot/slagpen gediens.
Bolt locking lugs lapped, (Rem 700).

Geweer gezero, groepe netjies, kraters weg en slagdoppe mooi glad.
Last edited by Lategan1 on Sat Jul 13, 2024 1:25 am, edited 2 times in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2955
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Lategan1 »

Base to Ogive (BTO) kontrole skiet met verskillende lengtes BTO koeëls en effek op POI.

Ek klas my laaste 100 Sierra Varminter 55gr koeëls, waarvan 3 elk onderskeidelik korter en langer meet as res. Die balans se BTO ES = 0.002”.
Hulle verder geklas en verdeel in 2 groepe met ES = 0.001” elk. (Het slegs die 1 lot hier geskiet)
Algehele ES van die 100 koeëls dus = 0.0045”.
My kontrolegroep is teiken #3 met #1 & #2 die uitskieters. Sien onderskeie BTO op teiken.

Koeëls nie geklas volgens gewig of totale lengte nie.
Doppe dieselfde voorberei soos vorige beste groep #3.
Doppe van vorige groepe geklas ES = 0.9gr. Hierdie groepe se doppe fyner geklas met ES = 0.6gr.
Doppe anneal.
Doplengtes ewelengte gesny.

Waarneming en gevolgtrekking:
Jammerlik was daar slegs 3 uitskieters elk, sou graag groepe van 5 wou skiet. Kontrolegroep= 4-skoot (5de se dopnek gegaan). Nieteenstaande, sou dit bes moontlik nie die sigbare resultate veel of enigsens affekteer het nie. Geen skote is geroep en koue skoot nie ingesluit nie.

Die groepe se MOA is baie goed,
Die middelpunt POI van onderskeie groepe verskil drasties, plaas 3 teikens denkbeeldig bo op mekaar vir ‘n goeie perspektief.

Die elevasie van #2 #3 is dieselfde, rigting verskil heelwat, BTO verskil die grootste tussen die 2 groepe,

Die elevasie van #3 #1 verskil beduidend met BTO wat minste verskil. Die rigting is effe diagonaal, ‘n aanduiding van die tipiese diagonale dubbelgroep! So ook #2 & #1.

Groep #1 0.63 MOA toon ‘n vertikale effe uitskieter. Kon wees weens enige rede, ook skutfout. Skoot is nie geroep nie, ek lees die teiken soos wat dit is. Mens kan die skoot laer manipuleer of uitlaat, dan die 2-skoot middel POI ook vergelyk teenoor die ander. ‘n Goeie voorbeeld hoekom 5-skoot groepe statisties belangrik is.

Die presisie meting en uitklas volgens die BTO word in Bob Green se aanhangsel breedvoerig bespreek, (ek plaas weer) Jack Neary sowel as Berger Bullets Bryan Litz, beklemtoon dit. My resultate strook daarmee, onnodig om dus verder daaroor uit te brei.

https://greensrifles.com/new-product-page

200m, geen wind.
IMG_2918.jpeg
IMG_2920.jpeg
IMG_2922.jpeg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Lategan1 on Fri Aug 09, 2024 9:32 am, edited 10 times in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2955
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Lategan1 »

Hiermee my navorsing, naslaan vir kruisverwysing, grafieke & data van my pad gestap.
Die vraag in die draad wat gevra het, hoekom gooi die .223 so uitskieters, het toevallig saamgeval met my soeke na antwoorde vir dieselfde probleem. 2 goeie groepe en dan ‘n patetiese een. Dit het my motiveer om die huiswerk dieper te neem.

Ek deel graag, dalk leer iemand saam en vertrou dat toegewyde skuts op die forum met goeie ervaring, veral tegnies, die vrymoedigheid en lus sal hê om te deel. Niemand se kop gaan afgebyt word nie!

Ek insinueer geensins Jannie-weet-alles en hierdie is die absolute nie, daarvoor het ek heeltemal te min GS-tipe meganiese ervaring en kennis in die wêreld van so baie veranderlikes. My benadering is o.a. ook om te luister na ongekwalifiseerde stellings of opinies. Die waarheid is in die wingerdboord, mielielande of op die fabrieksvloer. Dit is ‘n eie uitdaging om dit te bevestig of die oorwegende moontlikhede.

Op persoonlike vlak, my belangstelling is akkuraat skiet, skiet, skiet. :) Ek wil dit wat ek het, optimaal akkuraat kan aanwend. Die blindelingse “equipment race” sonder goeie basiese kundigheid, vaardigheid of vir ‘n spesifieke fokus/doel, laat my effe koud. Stellings wat die internet skrywes vol is, bv. die BBB wat elkeen hier ken, is vreeslik relatief en ontmoedig dalk net diegene wat met minder middele ook wil probeer. Goeie voorbeeld hiervan, die prysvriendelike vrystelling van Howa gewere destyds, het baie ook die kans gegee om te begin skiet of jag. Natuurlik sal daar enkeles wees wat sê hy kan en wil! Ook welkom.

Die oorspronklike @JGZ skakel en gesprekke oor die baie toepaslike vraag, is aangeheg by my 1ste plasing.

Beste.
Last edited by Lategan1 on Sat Jul 13, 2024 3:52 pm, edited 1 time in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2955
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Lategan1 »

IMG_2952.jpeg
IMG_2953.jpeg
IMG_2954.jpeg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2955
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Lategan1 »

Inligting aangaande die grafieke.

Rekord van groepe oor +_ 5 jaar. Groepe ingesluit is nie selektief gekies nie, maar voor die voet. My oefengroepe teen tyd is uitgesluit, maar het die irritasie wakker gemaak. Dit is nie veranderlik spesifiek per lot en absoluut nie, maar oor breë algemeen, behalwe lotte 4 & 5 wat BTO uitklas behels het.

Hoeveelheid groepe in die onderskeie lotte, (3-, 4-, 5- & 6-skoot) is op grafiek getoon. Alle groepe is met dieselfde S&B doppe, Fiochi slagdoppe, S321 kruit @ 3240 of 3260 vps (tpl wysiging) en Sierra Varminter 55gr koeëls geskiet.

Lot 1
Std Lee FS matrys. Gewone 2-3th kopspasie. Groepe met lading en TPL “sweet spot” bepaal. Resultate wisselend, meer af as op. Vind houtkolf drukpunt. Geen komponente geklas nie, alles voor die voet.

Lot 2:
Meer van dieselfde, steeds wegkruip/wisselvallige probleem. Stel Remington sneller na 2.1pd.
Verwyder “FS expander ball” permanent,
Gebruik ook LCND.

Lot 3:
Sny sportloop se kroon oor,
Evalueer Lee Collet Neck Sizer NS vs FS.
Vergelyk swaarder vs ligter LCND greep,
FS toon beter herhaalbare konstantheid met laer ES/SD,
NS alleen het soms duidelike wisselende slotsluit getoon met swakker ES/SD, gevolglik swakker groepe,
Begin beter resultate kry met effe ligter NS greep,
Vervang std BDL houtkolf met Boyd At One - gepak,
Installeer Timney Elite 2pd sneller,
Gebruik NS & FS in kombinasie, beter resultate,
Evalueer kopspasie verstellings, besluit op 1 - 1.5th.
Anneal elke 2de herlaai, later elke keer,
Klas doppe 2 groepe,
Ervaar 1ste werklike verbetering,
Doplengtes altyd korrek,

@ einde van die lot:
Skil dopnekke buitekant 80-90%,
Gebruik “inside reamer”, verwyder deegnekke,
LCND funksioneer hierna merkbaar konstant, “bullet seating” ook drasties meer egalig,
Gebruik .222 exp mandrel,
200/300m groepe steeds wisselvallig,

Lot 4:
Klas doppe in groep met ES = 0.9gr,
Doppe “partial” FS kopspasie tipies 0,0005, 0.001” maks,
Handhaaf FS/NS kombinasie + exp mandrel,
Klas koeëls BTO met ES = 1th (.001”),
Drastiese verbetering,
Slegs enkele swak groep weens 1 uitskieter, indien dit ignoreer, is dit vergelykbaar met lot 5.

Lot 5:
Doppe fyner uitgeklas ES = 0.6gr,
Doppe voorberei soos in lot 4,
Koeëls BTO geklas soos getoon op teikens,
Lot 5 groepe toon duidelik die dubbelgroep POI weens die onderskeie BTO lengtes,

Soos een van die geplaasde aanhalings meld, kan ek onomwonde sê dat die uitklas van koeëls volgens die BTO, net so ‘n groot verbetering gelewer het soos enige ander aspek in my herlaaipraktyk, nie noodwendig groter nie.

Die knap kopspasie was nog ‘n groot verbetering.
Alle klein verbeteringe het saam opgetel/stacked.

Ander meldbare veranderlikes en beheer van die bekende swak ES weens o.a. sy relatiewe lang dun kruit kolom is; keuse van kruit en slagdoppe, goeie 100% ontbranding en voordeel van ‘n 26” loop. Alles vir minder elevasie op langer afstande. Jack Neary verwys na die belangrikheid van die totale “ignition/combustion system”.

Dit vir ‘n ander keer. Die teiken sal praat.

Beste.
Last edited by Lategan1 on Tue Oct 01, 2024 7:42 am, edited 26 times in total.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13576
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Capt. Yoda »

Genade
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2955
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Lategan1 »

My algemene gevolgtrekking en enkele ander waarnemings.

Hierdie swak en goeie resultate is behaal met sg. gemiddelde komponente. Min twyfel daaroor dat die gebruik van bv. premium Lapua-doppe en die moderne beste koeëls, onmiddelik beter en uitstaande resultate KAN lewer nie. (Verw. na my BTO meting verskille tussen onderskeie koeëls elders)

Dit op sigwaarde volgens my suggereer nie dat hierdie uitskiet voorkomste weens sekere inherende eienskappe, nie teenwoordig is nie, wel dalk net goed verskans. Verwys na bv. en o.a. hoe die Amerikaners hordes verskillende throat/keëllengtes/freebore gebruik om nie hulle koeëls se dravlak in kontak met die gevreesde skouer/nekaansluiting se verdikking binne die dop te bring nie. (Ook vir meer kruit volume met swaarder koeëls) Dit nog voordat die nare donut vorm. Die bekende .223 Wylde (+- 1.5 teenoor Rem 3grade leade) en ISSF 0.169/4.3mm reamer vir ‘n langer keël en swaarder/langer koeëls, is bekende voorbeelde. Dit sonder die aanwending van “neck inside reamers”. Ter agtergrond.

Terug by die grafieke.
1. Kleinste groepe/MOA van die onderskeie lotte handhaaf vir alle praktiese doeleiendes, ‘n horisontale tendens. Dit beteken ongeag hoe ek my praktyke en tegnieke verander het, wanneer alles grotendeels saamval, die kleinste groepe gelyk is. Die hoeveelheid klein groepe het wel toegeneem, nie noodwendig verklein nie.
2. Die gemiddelde van die groepe het aanvanklik geleidelik verklein, toe drasties.
3. Die grootste en belangrikste verbetering is die swakste/uitskiet groepe wat na aanvanklike stadige verbeterings, drasties verbeter het soos lot 4 & 5 aandui. Die redes spreek vanself, sien veranderinge by lot 4/5 herlaaitegnieke aangebring.

Die uitkoms hiervan toon duidelik hoe die uitskietgroepe drasties verminder en met enkele uitsondering, elimineer word om sodoende die keuse van komponente optimaal te laat presteer. Die gemiddelde groepe het primêr verbeter deur die swakkes te verminder. Ek reken dat eers wanneer hierdie sirkel voltooi is, kan die verdere verbetering van konstante klein groepe, die primêre fokus raak. Veral in die .223 met sy alombekende ES/SD Achilles heel.

Dit bring ons by ‘n lede voorstel, “fire class” die doppe en gooi sogenaamde defekte doppe uit. Vir my is daar geen gesonde praktiese rede om dit te doen alvorens hierdie presisie pad nie gestap is nie. Dit is tog die rede hoekom mens herlaai in die 1ste plek, HERHAALBARE KONSTANTE, die wetenskap van herlaai.

‘n Oneffektiewe klein kaliber/kort nek .223 Rem gooi graag uitskieters, o.a. die tipiese dubbelgroep. Dit is goed dokumenteer, soos ook uitgewys deur ons lede asook my ervaring. Hopelik kon ek hiermee die uitdagings bepaal en uitlig. Dit word algemeen aanvaar dat die .223 Remington maklik herlaai, maar super akkurate herlaai resultate, is ‘n ander storie.

Die vraag is eenvoudig: Hoe kry jy ‘n standaard sport/varmint .223 rakgeweer om konstant super akkuraat te skiet?

Beste.
Last edited by Lategan1 on Sat Dec 21, 2024 5:57 pm, edited 2 times in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2955
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Lategan1 »

Ek deel graag, dalk leer iemand saam en vertrou ook dat toegewyde skuts op die forum met goeie ervaring, veral tegnies, die vrymoedigheid en lus sal hê om te deel.

Hierdie lange skrywe is opgedeel vir praktiese en moeilike edit redes op die selfoon.

Sien aangedui waar ou draad eindig en waar hierdie NUWE ONDERWERP BEGIN. My plasings op die oue hiernatoe oorgedra vir bymekaar en agtergrond.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Wouter Roets »

Lategan

Ek sien jy is nie al een wat sukkel met n 223 nie...
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2955
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Lategan1 »

Wouter Roets wrote: Mon Jul 15, 2024 2:39 pm Lategan

Ek sien jy is nie al een wat sukkel met n 223 nie...
Ja nee kyk, as daai bliksempie ‘n .222 in sy hande gehad het, was Trump op 170m nie meer met ons nie. :)

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Ysterkat
Full Member
Full Member
Posts: 226
Joined: Wed Jan 16, 2013 8:01 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Ysterkat »

Ons almal sukkel darem nie met n 223 nie

Sent from my SM-A336E using Tapatalk


Image
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2595
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by JohanvB »

Lategan, jy maak my moeg hoor!!! ;D ;D
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2955
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Lategan1 »

@ysterkat, briljant.

Bietjie meer tegniese detail asb?

Looplengte?
Loopdraai?
Kruit?
Es/sd?

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Ysterkat
Full Member
Full Member
Posts: 226
Joined: Wed Jan 16, 2013 8:01 am

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Ysterkat »

Howa 223 Stainless BB
24" duim 10 twist
321 kruit
53gr Vmax @ 3380v/s
ES 30v/s
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13576
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by Capt. Yoda »

Ysterkat wrote: Thu Jul 18, 2024 6:11 am Howa 223 Stainless BB
24" duim 10 twist
321 kruit
53gr Vmax @ 3380v/s
ES 30v/s

Genade jy sal laat mense nou hul polse begin sny, hoe op aarde is dit moontlik om so groep op 500m met n 30fps ES te skiet......
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: .223 Rem Akkurate flyers?

Post by tripodmvr »

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply