Annealing Arc vs Quick Anneal

Enige iets tov messe.
Post Reply
User avatar
Kallie Fernhout
Hero Member
Hero Member
Posts: 992
Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm

Annealing Arc vs Quick Anneal

Post by Kallie Fernhout »

Is hier manne wat ondervinding het met een van die twee plaaslike induksie annealers.

Soos ek verstaan werk die Arc op n "Glow Value". Ek is nie heeltemal seker oor hoe die Quick annealer werk nie of hy net tyd gebaseer is nie. Ek wil net bietjie my huiswerk doen voor ek die sneller op een van die twee trek.

Indien jy ondervinding het kom plaas dit asb op die draad dan leer ons almal.

Groete
User avatar
Kallie Fernhout
Hero Member
Hero Member
Posts: 992
Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm

Re: Annealing Arc vs Quick Anneal

Post by Kallie Fernhout »

Hier is n paar interessante opmerkings en toetse gedoen deur manne in die buiteland met die Quick anneal.

https://www.snipershide.com/shooting/th ... s.7196152/
Forester
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am

Re: Annealing Arc vs Quick Anneal

Post by Forester »

Ek het geen ondervinding met Arc nie, maar gebruik wel die Quick Anneal. Ek is baie gelukkig met die produk en dit kan tot die groot nitro express doppe anneal. Wat vir my belangrik is, is die ondersteuning. Hulle is baie vinnig om vrae te antwoord en raad te gee.
Wynand

470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
User avatar
Rawstorne
Full Member
Full Member
Posts: 122
Joined: Mon Oct 10, 2022 6:26 pm

Re: Annealing Arc vs Quick Anneal

Post by Rawstorne »

Ek het 'n ARC tweedehands gekoop. Skaars 200 doppe gedoen toe die masjien in die mark kom.

Ek het vir ARC Precision 'n e-pos gestuur om die handleiding te bekom.

Nie net het ek die handleiding per e-pos terug ontvang nie, maar ook 'n oproep vanaf Van Zyl, die eienaar van ARC Precision. Hy het geweet wie se masjien ek gekoop het, op grond van die serie nommer, en aangebied dat ek enige tyd kan kontak maak as ek enige vrae het.

Ek is baie beïndruk met ARC se induksie uitgloei masjien maar, selfs meer beïndruk met die ondersteuning en naverkoopdiens.

So rukkie terug het ons 'n effe van 'n probleem ervaar met kort doppe. Van Zyl het 'n oplossing gegee deur my verstellings te laat verander en my genooi om die masjien by ARC te kry, wanneer dit my pas, vir 'n sagteware opgradeering.

Met die volgende geleentheid is die ARC saam Pretoria toe.
Toe die masjien die dag daarna aan my terugbesorg word, was daar baie meer opgradeerings gedoen as net sagteware. Alles sonder enige koste.

Ek is werklik beïndruk en beveel graag die produk en maatskappy aan.
Post Reply