Beste "Hydration Pack" met lae profiel

Post Reply
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Beste "Hydration Pack" met lae profiel

Post by DWB »

Hi Manne.

Aangesien ek nou maar effens rond van profiel is, het ek ñ behoefte vir ñ rugsak wat 2.5 tot 3l water kan vat en dalk ñ ekstra 5 rondte houer, toilet papier en ñ nood verband of 2.

Ek jag af in toe op baie rowwe areas waar water bitter belangrik is, met net die minimum op my rug ekstra.

So ek soek ñ sak met ñ plat profiel veral bo by die skouers wat nie uit staan as ek moet buk om onder deur ñ tak te gaan ens.

Met ñ groter sak haak ek aan als vas 😀.

Ek loer na Camelbak, maar is oop vir opsies.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Dumbluck
Hero Member
Hero Member
Posts: 561
Joined: Mon Sep 21, 2015 12:08 pm

Re: Beste "Hydration Pack" met lae profiel

Post by Dumbluck »

Dit kan dalk goedkoper wees om vir jou 'n lekker klein rugsak te soek of een gebruik wat jy klaar het.
Dan koop jy net vir jou 'n hydration bladder en sit hom los in.

https://www.takealot.com/water-bladder- ... ID94788332
of Mr Price sport

Ek gebruik dit so in my skiet en WSAR rugsak.
Altwee rugsakke het gelukkig 'n extra gedeelte agter sodat ek dit nie in die hoof kompartement hoef te sit nie, het ook toutjies bo op hom mooi in plek te hou.

Ek is tns oorsee ma sal fotos neem en oplaai as ek weer by die huis is.

Die bladders is goedkoop, ek is seker as jy 'n dedicated camelback rugsak koop en sy bladder breek gaan jy sukkel om weer die regte een te kry.
Adriaan Barkhuizen
facebook instagram youtube
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2592
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Beste "Hydration Pack" met lae profiel

Post by JohanvB »

Het so pas die rugsakkie gekoop, baie nice!

https://sniperafricaonline.com/edc-bag? ... 5077340531
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Beste "Hydration Pack" met lae profiel

Post by DWB »

Dankie manne.

Ek het soortgelyke sakke, maar soos genoem staan hulle te hoog uit bo my rug as ek moet buk.

Ek het so vermoede die een gaan dalk werk:
https://www.futurama.co.za/camelbak-the ... k-3l-black
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
B Five
Full Member
Full Member
Posts: 211
Joined: Mon Jan 22, 2018 7:34 am

Re: Beste "Hydration Pack" met lae profiel

Post by B Five »

Waar gaan jy jou ekstra patrone en lunchbar sit in daardie camelback?
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Beste "Hydration Pack" met lae profiel

Post by DWB »

Ek dra darem nie ñ lunchbar nie :D

Maar dit gee julle dalk ñ idee van die tipe profiel waarvan ek praat.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1617
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: Beste "Hydration Pack" met lae profiel

Post by Gian_dP »

Ek het so First Ascent sak. Baie lae profiel met klein sakkie om ekstras in te dra.

https://www.campcraft.co.za/product/fir ... -backpack/

Sent from my SM-S921B using Tapatalk

_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Basjan123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 448
Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm

Re: Beste "Hydration Pack" met lae profiel

Post by Basjan123 »

USWE Outlander 2L backpack kyk bietjie hierna ook
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Beste "Hydration Pack" met lae profiel

Post by Apie »

Skommel die water in die bladders soos ‘n half vol waterbottel?

Die naweek gejag en die bokke was skaars en wild, hoe sagter mens kan beweeg hoe beter.

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1617
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: Beste "Hydration Pack" met lae profiel

Post by Gian_dP »

Apie wrote:Skommel die water in die bladders soos ‘n half vol waterbottel?

Die naweek gejag en die bokke was skaars en wild, hoe sagter mens kan beweeg hoe beter.

Sent from my iPhone using Tapatalk
Wanneer jy die bladder volmaak, moet jy al die ekstra lug uitdruk, dan skommel dit glad nie.

Sent from my SM-S921B using Tapatalk

_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Beste "Hydration Pack" met lae profiel

Post by alecjohnson »

Lae profiel gaan jy sukkel om die te klop:
https://www.aonijie.info/product-page/windrunner-pro-8l
https://www.aonijie.info/product-page/a ... ithwind-5l

Ek sal vir jag die 8l aanbeveel

Ek het een 8l en 'n 5l, hulle is super lig, voor dra ek 2 500ml bottels en 2l op rug, en dan is daar lekker plek vir die res. Jy kry wat heelwat duurder is in die langafstand hardloop rugsakke, die is die beste waarde vir geld gewees aangesien ek myne gekry het vir R1300 op special.

Gebruik soft flasks in skouerband gedeelte en groot bladder agter in, ek gooi in die sak as ek gaan oefen op ons Namibia pad 4.5l water in daai sak saam. met snacks en tools, daar is nie sein vir hulp soek nie.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Beste "Hydration Pack" met lae profiel

Post by DWB »

Dankie Manne!

Hierdie lyk ook nogal of dit kan werk, net nie seker van die shoulder straps en skiet nie, maar dit lyk nogal na besigheid.

https://www.tradeinn.com/bikeinn/en/usw ... lsrc=aw.ds
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
saswart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 482
Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm

Re: Beste "Hydration Pack" met lae profiel

Post by saswart »

Deon vir iets met 'n lae profiel, kyk gerys na 'n fanny pack...

Ernstig, kyk na ietsie groter as die een wat jy genoem het. Daardie is baie netjies, maar daar is nie plek vir iets anders as die water nie. Sit jy iets in, gaan jy die bladder puncture. Groter sak hoef jy nie hele volume te gebruik nie. Kyk na iets soos die Camelback Mule / Ambush of iets soortgelyk (nordiske het soortgelyke een).

Ek het ook al soos Alec genoem het my hardloop sak oorweeg, maar die maak amper soos 'n bra om jou vas (omrede jy hol soek jy nie water wat rond beweeg nie). Dit sal great wees maar ek het gedink dit gaan my "ingeperk" laat voel. Ten minste as jy in die aand verdwaal sal die reflektors daarop jou maklik sigbaar maak :)
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2150
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Beste "Hydration Pack" met lae profiel

Post by Koos Barnard »

Dagsê
Sommer net iets anders om in gedagte te hou... Voordat ek van die kamp, bakkie of huis veld toe stap, drink ek soveel water as moontlik. Dit help dan dat ek minder water hoef saam te dra veld toe. Weet nie of dit vir almal sal werk nie, maar dit werk vir my.
Mooi loop
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Beste "Hydration Pack" met lae profiel

Post by Apie »

Ek het so goedkoop china mall sakkie met 1 ‘strap’ wat skuins oor jou bors gaan en net op 1 skouer. Ek swaai hom partykeer om dat hy voor op my bors ook sit.

Hy is nou nie super duper nie maar hy werk lekker.

Ek het 1 dag met my Camelback gejag met 2 skouer ‘straps’.

My 416 Rigby was op die jag gebruik, ‘n vlakvark het skielik in ‘n oopte voor ons verskyn. Ek het op een knieg afgesak, geweer in die skouer gesit en geskiet.

Die teleskoop het my lekker hard getik want die geweer se skopkussing het nie lekker gebyt op die skouer ‘strap’ nie en toe verby my skouer gegly en half onder my kieliebak ingeskuif.

Vark is darem net daar bokveld toe….

So wees bedag om jou geweer mooi te skouer as jy met ‘n rugsak jag!

Sent from my iPhone using Tapatalk
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Beste "Hydration Pack" met lae profiel

Post by Apie »

Ek het so goedkoop china mall sakkie met 1 ‘strap’ wat skuins oor jou bors gaan en net op 1 skouer. Ek swaai hom partykeer om dat hy voor op my bors ook sit.

Hy is nou nie super duper nie maar hy werk lekker.

Ek het 1 dag met my Camelback gejag met 2 skouer ‘straps’.

My 416 Rigby was op die jag gebruik, ‘n vlakvark het skielik in ‘n oopte voor ons verskyn. Ek het op een knieg afgesak, geweer in die skouer gesit en geskiet.

Die teleskoop het my lekker hard getik want die geweer se skopkussing het nie lekker gebyt op die skouer ‘strap’ nie en toe verby my skouer gegly en half onder my kieliebak ingeskuif.

Vark is darem net daar bokveld toe….

So wees bedag om jou geweer mooi te skouer as jy met ‘n rugsak jag!

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Beste "Hydration Pack" met lae profiel

Post by DWB »

Dankie Manne, ja die roer en die sak moet saam werk.

Sien daai sak was so oulik lyk het net 'n 2L bladder...

Ek sal maar iewers moet kom waar mens die goed kan toets en voel. Maar waar dit is weet ek nie.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 624
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Beste "Hydration Pack" met lae profiel

Post by ZKK »

Ek het many moons ago vir my n camelback 3l gekoop.
Die rugsak werk baie lekker, maar ek het nou die dag gesien dat hulle amper onbekostigbaar geword het.
As myne die dag die gees gee, sal ek nie weer n camelbak koop nie agv die prys.

As ek weer een moet kry, sal ek vir my net die bladder koop by n sports winkel, en dan sal ek dat iemand n rugsak uit leer, of kuns leer maak.
Die voordeel van leer, is dat dorings minder daaraan vashaak as n materiaal sak met lussies en katoeters.

Ek laat gewoonlik dat die gids my camelbak dra, en klop hom net op die skouer as ek n paar slukke moet vat.

Groete
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Beste "Hydration Pack" met lae profiel

Post by DWB »

Het toe danksy Geno die Kameelrug ThermoBak® 3L 100oz Mil Spec Crux bestel.

Gaan 'n klein "pouch" aan hom vas maak vir die ekstras.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Post Reply