Goeiedag Almal
Ek is nie seker as hulle hierdie jakkals se tande tel of ek oud of jonk is nie, maar ek is nou 64 en baie moeg om net in die stad (Pretoria) voor 'n rekenaar te sit. Waarvoor is ek regtig lief - Skiet. Nie net eenkeer 'n jaar een skoot op 'n bok nie, maar sommer baie en dit lyk my dit is wat hulle Verminting noem. Mmmm Willem Verminting, hier kom ek - haha
Nou is ek ernstig besig om myself voor te berei vir hierdie laaste paar jaar in my lewe terwyl ek nog vol lewe is.
Ek het net 'n .22 en 'n .303 en .5cal PCP wat ek redelik goed ken. Ek het nou pikatini rails op elkeen gesit sodat ek enige scopes daarop kan sit.
- Dan het ek 'n .243 gaan koop waarvoor ek nou vir die lisensie wag.
- Dan het ek 'n haelgeweer 12Br Mossberg present gekry - Wag vir sy lisensie
- Dan het ek 'n baie nice Thermal scope bekom (Infiray TH50), maar nog nie die regte ding onder die scope nie, dit gaan die .243 wees vereers.
- Dan het ek belê in 'n klein skietstoel ek dink die ding gaan doen.
- Dan het ek selfs 'n klein roeper bekom - Foxpro Patriot en hom staangemaak op 'n lekker driepoot
- Dan sien ek my bakkie gaan dit nie maak nie - 1800 Chev Utility - Sal moet gaan. Gaan more kyk na ou Hilux 4x4 wat reeds al bietjie ingerig is vir jag, met tralies op en 'n winch wat die blykbaar die varke ens kan laai.
So dis waar ek nou trek, in afwagting dat die gewere heeltel uitgesorteer moet word, maar wat kort ek (Bo en behalwe genoeg tyd) - Nou kort ek:
- kennis van jakkalsjag - kursus of twee - by wie? Wanneer?
- jagplek - Binne 100 van Pretoria vereers en
- die regte vriende wat my dalk bietjie kan saamvat en touwys maak rondom
- Jakkalsjag - Was darem al 'n keer of 2 saam met 'n neef in die Vrystaat - (Alhoewel ek nog nie self mag geskiet het nie)
- Varkejag - Nog nooit in my lewe 'n Bosvark gejag nie - sal dit bitter graag wil doen.
- ek sal nie jul kliënte steel nie. Ek sal op die ou einde my eie jagplekke / kliente gaan soek as ek dink ek is gereed om te begin geld vra.
Hoor graag van julle.
Klink na 'n lekker forum - bietjie besig kon nog nie by al die lees uitkom nie - sê maar as ek sekere etiek oortree. Dalk mag my eerste post net Hallo gewees het. Mooi dag
Nuwe Lid - WillemZ
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2943
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Nuwe Lid - WillemZ
Welkom Willem, deeglike bekendstelling!
Ek glo die jakkalsmanne sal uitreik na jou toe.
Beste.
Ek glo die jakkalsmanne sal uitreik na jou toe.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 

