Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Uitsonderlike gedrag wat ons nie aldag sien nie. My verstaan van die ou bulle is dat hulle "dagha bulle" genoem word. Die gh word soos in gala uitgespreek.
These animals then get the nickname Dagha boys. Dagha is the Zulu name for mud and refers to the buffalo spending a lot of their past time in mud wallows.
ˈdɑːɡə /, / ˈdaɡa
dagha, noun / ˈdɑːɡə /, / ˈdaɡa / Forms: daager, daga Show more Origin: Afrikaans, IsiZulu, IsiXhosa Show more a. Building mortar, used for laying bricks and for plastering walls and floors, previously made chiefly of mud or ant-hill soil and sometimes mixed with cow-dung and/or blood; now often a mixture of soil, sand, and lime.
Net soos jy sê. Nie dat die nasies n geskrewe taal gehad het toe ons distriks komesarisse hulle gevra het wat plekke se name was nie, maar ons sien dit nou gereeld in plekke se naamveranderinge.
Die Tugelarivier is nou die uTukela. Luister gerus as bv Zuma Nkandla uitspreek. Dit kom uit as Nghandla. Dieselfde geld vir die hele groep van Ndebele-stam tale.
Ek neem nou aan (en aannames is gevaarlik...) dat op n konstruksie site as die bouers van die gemende sement praat as dagha dat dit ook van die selfde oorsprong af kom?
Korrek. Kyk na my plasing hierbo. Soos hulle noem was dit eers die modderbeslag waarmee die tradisionele hutte gebou is. Dit is later toe vir sement en beton mengsels gebruik.
Net so vir interessantheid... Die sogenaamde "dagha boys" is mos maar bekend as die ou bulle wat modder rol. Nou man moet oplet as jy buffel jag, want die jonger bulle is ook soms vol modder tot so 'n mate dat mens nie die bosse en gesig so duidelik kan sien nie, dan kan mens 'n oepsie maak. Dalk 'n simpel observasie, maar dalk kan dit iemand bietjie verleentheid spaar in die jagveld eendag. Kyk maar mooi, moet nie aanneem 'n modder buffel is 'n ou jagbare dugha boy nie. Dit is wel meeste van die tyd een van hulle.