9mm Herlaai
- RUPERT
- Hero Member

- Posts: 1192
- Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm
9mm Herlaai
Dagse manne
Ek het nou maar besluit dat die tyd nou vir my reg is om n pistool te kry.
Ek besluit toe op die CZ PO7 9MM agv ander se raad. Ek gaan voel en bekyk die wapen en alles voel net reg.
Nou wag ek maar geduldig vir die aansoek ens.
Ek herlaai al reeds vir die afgelope 10+ jaar maar het nie n idee wat hoe n 9mm gelaai moet wort nie.
is daar n hoofie op ons forum wat my beter kan help of kan iemand my verwys na inligting wat my kan help?
Ek ken myself en weet dat die koop van rontes nie by my gaan werk nie en sal graag self my rontes wil laai.
Groete
Rupert

- Jaco vdW
- Hero Member

- Posts: 695
- Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm
Re: 9mm Herlaai
Hi Rupert
Ek kan van 9mm self nie vir jou veel sê nie, maar ek glo dit wat ek die laaste amper 15 jaar ervaar het met my .40 en later .45 ook sal geld vir die 9mm.
Vir beide gebruik ek RCBS se carbide dies, so die proses is dieselfde ongeag van die kaliber - dis net maklik om te standardiseer!
Tipies sal ek my doppe de-cap en dan skoonmaak. Was in n sitroen-suur oplossing met n druppel seep, en dan tumble as hulle droog is. 'n Nat tumbler sal die proses vergemaklik, maar ek werk met wat ek beskikbaar het. Op die skoon doppe hoef jy nie smeermiddel te gebruik met die carbide dies nie, so dit elimineer 'n skoonmaakstap na vorming.
Verder laai ek met my gewone pers waarmee ek vir die gewere laai. Ek skiet nie ernsitg kompetisie of hoë volume nie, so die pers werk goed genoeg vir my doel. Vir die manne wat wel kompetisie skiet, werk die progresiewe perse baie goed.
Ek het al n paar duisend Josyd gegote koeëls uitgeskiet sonder enige probleem. Hulle is ook die goedkoopste opsie, maar lood koeëls verg wel meer skoonmaak. CMJ werk ook baie lekker, sonder die groot skoonmaak.
Vir dra ammunisie is die algemene wysheid om iets te koop met n goeie reputasie, en dit te toets deur jou wapen. Hier het 9mm n groot voordeel, want daar is net n beter verskydenheid meer geredelik beskikbaar.
Ek het wel n paar pakke Hornady XTP koeëls gekoop, so in geval van nood, kan ek darem n redelike billike rondte laai vir dra.
Verder sê die manne wat al in grillerige situasies was, koop genoeg magasyne, en meer as genoeg ammo!
Met so ongeveer 4gr per rondte, kry jy lekker baie rondtes uit n blik kruit, dit maak slagdoppies en koeëls by ver die duurste komponent van die laai.
Verder, hou jou oë oop op die skietbaan, daar is elke Saterdag n ou wat n pakkie patrone kom uitskiet, en die doppe net so weg gooi. Jy sal amper nooit 9mm hoef te koop nie.
Geniet die proses, maar wees gewaarsku, die ding skiet baie meer patrone as n geweer uit op n Saterdagoggend!

Baie dankie Jaco
Nou vir die loading data.
Gebruik ek bv Hornady se data om n algemene ronte telaai of behandel ek hom soos wat ons meet met die gewere
bv: Die meet van TPL, Dop volume, spoed, brf, OBT om by die "regte" lading uit tekom

- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1876
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: 9mm Herlaai
Goeie raad wat Jaco gee.
Jy se dat jy reeds vir 10 jaar herlaai. Dit help baie want dan is die basiese dinge onder die knie.
Daar is 'n paar klein verskille tussen herlaai vir handwapen en herlaai vir geweer.
Handwapen is soos reeds gese belangrik om carbide decapping dies te kry. Die voordeel is jy hoef nie doppe te lube soos met geweer nie.
'n ander verskil is dat jy jou doppe se nekke verkieslik so 0.5mm selfs tot 1mm (afhangend van die koeelswat jy gebruik) moet expand/flair. Dit vergemaklik die bullet seating proses.
Hier is die proses wat ek volg
-deprime die doppe
-was in sonic cleaner
-expand die nekke
druk slagdoppies
-gooi kruit (vir gewone baanskiet laai ek naby aan die minimum lading) ek gebruik die betrokke kruit vervaardiger se minimum lading en as dit nodig is verhoog ek dit met so 0.2gr op 'n slag. Meet maar deur die chrony om veilig te wees.
-druk die koeels
meet die ammunisie en maak seker die TPL is reg ander gaan jou wapen nie cycle nie
Ek is sommer opgewonde vir jou part. Stuur my 'n PM met jou post net adres dan skenk ek jou 500 once fired 9mm doppe om jou op die pad te sit.

Maak 'n verskil
- RUPERT
- Hero Member

- Posts: 1192
- Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm
Re: 9mm Herlaai
Hi Ratel
Baie dankie. Ek Pm jou
Baie dankie. Ek Pm jou
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 956
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: 9mm Herlaai
Moenie dinge onnodig wil kompliseer nie. Pistoolrondtes is baie meer vergewensgesind as presisie geweer rondtes.
Koop watter pistoolkruit ookal beskikbaar is, asook enige slagdoppies. CMJ koeëlpunte werk lekker, maar het duur begin raak. Die loodkoeëls met 'n polimeerlagie werk uitstekend. As jy laasgenoemde gebruik, moet jy net jou doppe effens meer "flare" sodat jy die koeël kan laai sonder om die plastiek af te skil.
Pasop net vir 'n te lang TPL. Dit veroorsaak dat die koeëlpunt vassteek in die groewe voordat die pistool behoorlik in "battery" gaan. As jy daarna probeer om weer te span om die storing uit te sorteer, kan die koeëlpunt agterbly en net die doppie kom uit, met kruit oral. Jy kan belê in 'n 9mm "case gauge". Jy kan ook doodeenvoudig 'n plonk toets doen met jou pistool se loop. Laat val 'n fabrieksrondte in die kamer en doen dieselfde met jou herlaaide rondtes. Jy sal onmiddellik sien as daar 'n probleem is.
Ek hou van 'n lading so in die middel vir baanrondtes. Te laag en jou pistool sal nie wil "cycle" nie. Te hoog en jy plaas onnodige stremming op die komponente. As jy eers met die speletjie begin, gaan jy binnekort baie laai. Dit is nie nodig om so presies te wees met pistool ladings nie. Met 'n lading in die middel maak 0,1 grein hoër of laer as die gemiddelde geen noemenswaardige verskil nie. Jy kan dus jou "powder dispenser" gebruik en hoef net so nou en dan jou ladings te bevestig.
Aanvanklik het ek doppe gesorteer. Deesdae kyk ek net dat daar nie Berdan doppe tussenin is nie. Verskillende doppe maak ook nie 'n noemenswaardige verskil nie.

- Vloot
- Newbie

- Posts: 36
- Joined: Sun Feb 10, 2013 1:20 am
Re: 9mm Herlaai
Hi Rupert,
Ek dink die advies is uitsteked.
Vir my die 2 hoof risikos by pistool laai en skiet is:
Dit is heelwat makikker en kan gebeur dat jy dubbel ladings in n pistool laai. Afhangend van die tipe dryfmiddel. Iets wat nie regtig moontlik is met n geweer nie. Maar nog nooit gesien of ondervind het nie. Die uitkoms nie mooi nie.
Tweedens wat ek al bie gesien het in pistool skiet is dat daar temin of green dryfmiddel gelaai is nie. Sogenaamde Squib load. Dit is in opsig self nie n probleem as jy daar aan aandag gee nie. Want die risiko kom met die skiet van die volgende rondte met die vorige een nog in die loop.
Let op vir die twee.
Geniet hom.
Groete
Vloot

Doen wat jy kan met wat jy het, waar jy is.
Die Wat WEN: Doen die regte goed, reg.
Die Wat WEN: Doen die regte goed, reg.
- RUPERT
- Hero Member

- Posts: 1192
- Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm
Re: 9mm Herlaai
Dankie vir julle raad manne. Is daar n tegniek om die tpl temeet soos bv hoe ons die gewere sin meet?
Groete
Groete
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1876
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: 9mm Herlaai
Die vervaardiger sal jou gewoonlik se wat die TPL is vir 'n spesifieke koeel. Maak maar net seker die koeel druk nie vas voor teen die groewe nie, soos hierbo gese.RUPERT wrote: Wed Apr 10, 2024 8:10 am Dankie vir julle raad manne. Is daar n tegniek om die tpl temeet soos bv hoe ons die gewere sin meet?
Groete
Maak 'n verskil
- Jaco vdW
- Hero Member

- Posts: 695
- Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm
Re: 9mm Herlaai
Ek meet die TPL met n vernier, letterlik van voor tot agter! Nie op n ogive of so nie.
Soos hierbo genoem, effens korter is OK, te lank keer dat die pistool sluit (in battery gaan).
In terme van die kruit laai, soos Ooskaapjagter sê, gooi sommer met jou powder dispenser. Ek sal elke 5de of 10de lading op die skaal sit, en kyk dat dit nog reg is. Tipies mik ek vir 5.2gr in my .40S&W, so ek laat alles tussen 5.1 en 5.3gr gaan. Indien hy meer afwyk, dan sal ek weer stel, maar ek kan amper nie onthou dat dit al gebreur het nie.

- Stukkies
- Newbie

- Posts: 45
- Joined: Thu Feb 29, 2024 11:30 am
Re: 9mm Herlaai
Ek stem, ek meet my .40S&W met 'n gly passer (vernier) van kop tot tone en maak seker dit laai indie magasyn. Vir die poeier meet ek met die powder dispenser, 5.6gr en weeg so elke 10de keer om seker te maak.Jaco vdW wrote: Wed Apr 10, 2024 9:46 am Ek meet die TPL met n vernier, letterlik van voor tot agter! Nie op n ogive of so nie.
Soos hierbo genoem, effens korter is OK, te lank keer dat die pistool sluit (in battery gaan).
In terme van die kruit laai, soos Ooskaapjagter sê, gooi sommer met jou powder dispenser. Ek sal elke 5de of 10de lading op die skaal sit, en kyk dat dit nog reg is. Tipies mik ek vir 5.2gr in my .40S&W, so ek laat alles tussen 5.1 en 5.3gr gaan. Indien hy meer afwyk, dan sal ek weer stel, maar ek kan amper nie onthou dat dit al gebreur het nie.
_____________________
Howa 300 PRC
303 British 1917 Original
Glock 27 40 S&W
Star M40 9mm par
Howa 300 PRC
303 British 1917 Original
Glock 27 40 S&W
Star M40 9mm par
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: 9mm Herlaai
Ek het 'n Lee stel...watter die doen die flaring??OosKaapJagter wrote: Tue Apr 09, 2024 6:54 pm As jy laasgenoemde gebruik, moet jy net jou doppe effens meer "flare" sodat jy die koeël kan laai sonder om die plastiek af te skil.
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1876
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: 9mm Herlaai
Die powder thru expanding die doen die werk. Hoe dieper jy die die indraai in die press hoe meer flair hy die dop. Gewoonlik los die expander 'n mooi merk aan die binnekant van die dop se bek. Jy kan daarvolgens verstel. Vir gewone CMJ doen ek so 0.5 mm maar vir die polymer coated silver rapids doen ek bietjie meer as 1mm om te vehoed dat die dop se nek die coating en lood afskil.Cobus(Cobb) wrote: Tue Apr 23, 2024 10:27 pmEk het 'n Lee stel...watter die doen die flaring??OosKaapJagter wrote: Tue Apr 09, 2024 6:54 pm As jy laasgenoemde gebruik, moet jy net jou doppe effens meer "flare" sodat jy die koeël kan laai sonder om die plastiek af te skil.
Cheers
Maak 'n verskil
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: 9mm Herlaai
Dankie, dis nou die enigste DIE wat ek nie probeer het nieRatel wrote: Wed Apr 24, 2024 6:50 amDie powder thru expanding die doen die werk. Hoe dieper jy die die indraai in die press hoe meer flair hy die dop. Gewoonlik los die expander 'n mooi merk aan die binnekant van die dop se bek. Jy kan daarvolgens verstel. Vir gewone CMJ doen ek so 0.5 mm maar vir die polymer coated silver rapids doen ek bietjie meer as 1mm om te vehoed dat die dop se nek die coating en lood afskil.Cobus(Cobb) wrote: Tue Apr 23, 2024 10:27 pmEk het 'n Lee stel...watter die doen die flaring??OosKaapJagter wrote: Tue Apr 09, 2024 6:54 pm As jy laasgenoemde gebruik, moet jy net jou doppe effens meer "flare" sodat jy die koeël kan laai sonder om die plastiek af te skil.
Cheers
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2139
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: 9mm Herlaai
Patroonlengte is nie so krities in handwapens nie. Kyk na die lengtes wat gegee word, en bly daarby.
Hier is baie inligting oor 9mn ladings:
http://www.gunsite.co.za/forums/showthr ... compendium

HeinM
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Re: 9mm Herlaai
Ek laai al 25 jaar 9mmP. Het eers 'n Star M30 opgeskiet en is nou besig met 'n G19. Die Glocks hou van warmer ladings anders gaan jy stovepipes kry.
My vrou se Beretta APX ook.
Sny die primer pockets met elke herlaaislag DEEGLIK anders sal jy baie primers verloor as jy dit seat... Die goed is mos nou juis vrekduur en skaars...
Ek laai loodpunte met coatings. Die Lee expander krap die coating af (en dan kry jy baie lood in die loop), so ek het Bullet Corp se expander insert gekoop. Hy loop mooi in die Lee Powder Through die. Seat die punte diep genoeg anders kry jy ook soms voerprobleme.
Net my 2 sente
Mooi naweek daar!

Last edited by HeinM on Fri Apr 26, 2024 11:36 am, edited 1 time in total.
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1876
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: 9mm Herlaai
Hein hoe bedoel jy die expander die krap die lood af? Die die flair mos die dop se bek na hoe groot jy dit wil he.HeinM wrote: Fri Apr 26, 2024 11:33 am Ek laai al 25 jaar 9mmP. Het eers 'n Star M30 opgeskiet en is nou besig met 'n G19. Die Glocks hou van warmer ladings anders gaan jy stovepipes kry.
My vrou se Beretta APX ook.
Sny die primer pockets met elke herlaaislag DEEGLIK anders sal jy baie pimers verloor as jy dit seat... Die goed is mos nou juis vrekduur en skaars...
Ek laai loodpunte met coatings. Die Lee expander krap die coating af (en dan kry jy baie lood in die loop), so ek het Bullet Corp se expander insert gekoop. Hy loop mooi in die Lee Powder Through die. Seat die punte diep genoeg anders kry jy ook soms voerprobleme.
Net my 2 sente
Mooi naweek daar!
Maak 'n verskil
-
HeinM
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Re: 9mm Herlaai
Dit is nie net die dop se bekrand wat die coating afkrap nie... As jy die dop dieper expand is dit beter. Laai 'n paar dummies en trek dan die punte. Jy sal verbaas wees hoeveel coating afgekrap is...Ratel wrote: Fri Apr 26, 2024 11:35 amHein hoe bedoel jy die expander die krap die lood af? Die die flair mos die dop se bek na hoe groot jy dit wil he.HeinM wrote: Fri Apr 26, 2024 11:33 am Ek laai al 25 jaar 9mmP. Het eers 'n Star M30 opgeskiet en is nou besig met 'n G19. Die Glocks hou van warmer ladings anders gaan jy stovepipes kry.
My vrou se Beretta APX ook.
Sny die primer pockets met elke herlaaislag DEEGLIK anders sal jy baie pimers verloor as jy dit seat... Die goed is mos nou juis vrekduur en skaars...
Ek laai loodpunte met coatings. Die Lee expander krap die coating af (en dan kry jy baie lood in die loop), so ek het Bullet Corp se expander insert gekoop. Hy loop mooi in die Lee Powder Through die. Seat die punte diep genoeg anders kry jy ook soms voerprobleme.
Net my 2 sente
Mooi naweek daar!
As jy die dop se bek te wyd flair - Met die gewone Lee opset, dan steek dit vas in die seater die.
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 956
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: 9mm Herlaai
Hein, waarmee seat jy jou primers?
Ek werk al vanaf 1990 met gewone hand primers vir verskeie kalibers en het nog nooit aan die primer pockets geraak nie. Hoe kry die primers skade? Dit is nie 'n sarkastiese vraag nie, maar ek sou graag wou weet vir indien ek eendag iets anders gebruik.
Die Lee expander die kan ook nie die coating afkrap nie. Dit is juis die matrys wat die dop se bokant effens flare om te verhoed dat die coating afgekrap word. As iets die coating sou afkrap, sou dit juis die dop self wees tydens die seating proses.
Vir iemand wat eksklusief net die loodpunte met coatings in volumes laai, is die Bullet Corp expander nuttig. Vir my wat so paar honderd rondtes per maand laai en skiet, is dit 'n oplossing vir 'n probleem wat nie bestaan nie.

- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3124
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: 9mm Herlaai
As jy 9mm doppe se primer pockets nog moet sny het jy te veel tyd op hande of skiet nie so baie. As jy met n progressive press laai kan jy dit nie doen tensy jy voor die tyd elke dop eers sit en deprime op n single stage dan kan jy maar netsowel die progressive gelos het. Ek wil gou n paar honderd rondtes he en soek die korste pad daarvoor wat nogsteeds betroubare ammo sal lewer.
Dit is so dat die gewone lee expander nie heeltemal reg is vir coated koels en dat daar altyd n paar skote sal wees wat die rook draai dan weet jy die coating was af gewees. Die bullet corp expander werk mooi vir die tipe koels. Coated koels is ons voorland met die pryse van cmj deesdae. So jy moet maar doen wat werk.
Sent from my SM-A245F using Tapatalk
Dit is so dat die gewone lee expander nie heeltemal reg is vir coated koels en dat daar altyd n paar skote sal wees wat die rook draai dan weet jy die coating was af gewees. Die bullet corp expander werk mooi vir die tipe koels. Coated koels is ons voorland met die pryse van cmj deesdae. So jy moet maar doen wat werk.
Sent from my SM-A245F using Tapatalk
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1876
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: 9mm Herlaai
Ek het nog nooit gesukkel met primer seat op 9mm nie. Wat ek wel onlangs ondervind het met 223 is dat sommige vervaardigers primer pockets crimp omdat sommige polisie departmente militere spec ammo verlang. Dan moet jy die krimp weg sny of met swaging die uithaal.
Maak 'n verskil
-
HeinM
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Re: 9mm Herlaai
Jammer dat ek nou-eers reageer. Ja, ek moes seker genoem het dat ek destyds baie S&B primers vir goedkoop gekry het - en toe baie daarvan gekoop het. Dit is hulle wat sukkel om te seat. Met CCI en Fiocchi het ek geen probleme nie.OosKaapJagter wrote: Fri Apr 26, 2024 3:10 pm Hein, waarmee seat jy jou primers?
Ek werk al vanaf 1990 met gewone hand primers vir verskeie kalibers en het nog nooit aan die primer pockets geraak nie. Hoe kry die primers skade? Dit is nie 'n sarkastiese vraag nie, maar ek sou graag wou weet vir indien ek eendag iets anders gebruik.
Die Lee expander die kan ook nie die coating afkrap nie. Dit is juis die matrys wat die dop se bokant effens flare om te verhoed dat die coating afgekrap word. As iets die coating sou afkrap, sou dit juis die dop self wees tydens die seating proses.
Vir iemand wat eksklusief net die loodpunte met coatings in volumes laai, is die Bullet Corp expander nuttig. Vir my wat so paar honderd rondtes per maand laai en skiet, is dit 'n oplossing vir 'n probleem wat nie bestaan nie.
En ja, dis die dop wat die coating afkrap as dit nie genoeg expand word nie.
Mooi aand daar!
- RUPERT
- Hero Member

- Posts: 1192
- Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm
Re: 9mm Herlaai
Hi Julle slim manne.
Help gou weer asb.
Soos genoem het ek n CZ PO7 9X19MM gekoop en is besig met die aansoek.
Sal n 9x21 Die reg wees vir die herlaai van n 9x19?
Dankie

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13524
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 9mm Herlaai
x19 se dop is bq korter as ek dit nie mis het nie, behalwe dit kan ek nie sien hoekom jy nie met hulle sal kan laai nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1876
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: 9mm Herlaai
Ja dit sal werk. Jy moet net die die reg opstel vir die korter dop.RUPERT wrote: Fri May 24, 2024 8:36 am Hi Julle slim manne.