Goeie Middag
Ek is n nuwe lid en wil myself graag voorstel.
Ek is John Fraser en is woonagtig in Gauteng. Ek het onlangs my eerste jaggeweer lisensie ontvang en gaan ook dan so my eerste jag doen in die volgende twee weke waar sy moet bloedtrek. Ek het vir myself n Howa 1500 in 0.308 aangeskaf.
Ek sien uit om meer kennis te verkry in die herlaai area asook ander relevante informasie wat alles met die gepaard gaan.
JF
Nuwe Lid
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Nuwe Lid
Welkom. Ek neem aan jy het reeds 'n jaglading ontwikkel of gebruik fabrieksammunisie?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Arries
- Newbie

- Posts: 1
- Joined: Tue Apr 23, 2024 7:41 pm
Re: Nuwe Lid
Hallo, ek is 'n nuwe lid, Arno Ferreira en woon in Uitenhage. My jagroer is 'n Howa 1500 30-06 en ek trek haar nou reg vir die komende jagseisoen.
Ek jag gewoonlik met Sierra Pro hunter 180gn wat bekostigbaar is en mooi groeppeer maar dit het nou so skaars geword dat ek oorgeskakel het na Hornady ELD-X 178gn en probeer nou ladings kry wat gaan werk. Ek gebruik S365. Het darem nog van die Sierra's so ek is darem nie in die rooi nie maar wil graag die Hornadys uitsorteer.
Groete
Arno