Hond internasionaal vlieg

Post Reply
User avatar
likweD
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Mon Apr 13, 2015 9:32 pm

Hond internasionaal vlieg

Post by likweD »

Goeiedag lede,

Ek is hier om bietjie raad te vra.

My 10 jaar oue rifrug moet vir die eerste keer vlieg een van die dae (oor so 6 weke). Nou ek het hom nog nie vee-arts toe gevat om seker te maak hy is fisies reg nie, maar hy is baie aktief en tree nog glad nie soos 'n ou hond op nie so ek glo als sal uit check.

My versoek is vir enige raad wat julle dalk het om hom voor te berei vir die ervaring? En enige raad oor om diesnverskaffer te gebruik of self reelings te tref.

Vriendelike groete,

Halvar
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Hond internasionaal vlieg

Post by tripodmvr »

Google "emigrating with animals" en daar is goeie raad oor jou kwellinge.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
likweD
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Mon Apr 13, 2015 9:32 pm

Re: Hond internasionaal vlieg

Post by likweD »

Dankie oom Driepoot. google het baie inligting.

Ek sal wel ook ander se ervaring wat dit dalk self aangepak het waardeer.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Hond internasionaal vlieg

Post by tripodmvr »

Ek het nie soiets al probeer nie, maar een van my neefs het dit jare gelede gedoen en dit het hom amper meer gekos as om sy meubels daar te kry. Die hond gaan sekerlik vir ten minste 'n maand in kwarantyn moet bly.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Zuku
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm

Re: Hond internasionaal vlieg

Post by Zuku »

Een van my vriende vat nou 2 honde na Sjina. So R 100/120 K vir reis en kwarantyn (2 weke), uitgesluit lokale veearts verslae/inspuiting ens.
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 903
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Hond internasionaal vlieg

Post by Andre308 »

Kontak die Suid Afrikaanse Skaaphond vereeniging. Hulle lede neem gereeld in die buiteland deel en sal vir jou raad kan gee uit ondervinding.

Jou hond se spuite moet ook op datum wees en jy gaan onder anderere n vervoer permit moet kry vir die hond.

Jou veearts sal jou goeie leiding moet gee met n slaap/kalmeer middel wat die hond sal moet kry vir die uitstappie. Toets die voorgestelde middel ook voor die tyd op die hond en kyk dat die gewensde reaksie gekry word en die tyds duur ooreen stem met die vlug tyd.

Groete
Andre
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 903
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Hond internasionaal vlieg

Post by Andre308 »

Zuku wrote: Sat Apr 20, 2024 4:49 pm Een van my vriende vat nou 2 honde na Sjina. So R 100/120 K vir reis en kwarantyn (2 weke), uitgesluit lokale veearts verslae/inspuiting ens.
Baie geld hierdie vir vleis uitvoer. >:D
User avatar
likweD
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Mon Apr 13, 2015 9:32 pm

Re: Hond internasionaal vlieg

Post by likweD »

Baie dankie! Sal hulle kontak.

Sal die week ook die veears sien.
Post Reply