Eland Bul

User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: Eland Bul

Post by GreyGhostGear »

Tobie,

die groot meneer lyk vir my na die Lord Derby Eland, ook bekend as die Giant Eland en kom voor in Sentraal en Wes Afrika.
In Suider Afrika kry jy die Cape Eland (wat ons ken), die Livingstone Eland(Bots/Zim/Mozam ens.) en East African Eland (ook bekend as Patterson's Eland - kom in Tanzanie voor).

Die Lord Derby is heelwat groter en sy SCI minimum is 101" vs bv. die Cape Eland 77" as ek dit nou reg het..
User avatar
Boesman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Sat Jun 05, 2010 11:03 pm

Re: Eland Bul

Post by Boesman »

Sjoe! Daai ou se dik bo-arms laat die horings nog langer lyk!
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Eland Bul

Post by Flip Nel »

Jagmaar

Daai is verseker 'n lord Derby, ek hoor hulle is taamlik groter as ons gewone eland, bly darem 'n mooi dier
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Eland Bul

Post by .::Alwyn-U::. »

Ja hulle is nie soveel swaarder in gewig as ons gewone kaapse eland nie, hulle horings is wel baie langer! Het net al 'n opgestopde shoulder mount gesien, die horings lyk uit proporsie as mens gewoont is aan die "gewone" eland..
Hy staan omtrent so mens hoogte by sy skouers se die man toe vir my..  en ek dink die minimum rowland vir hom is 44 7/8"

Groete
Alwyn
User avatar
tobie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 96
Joined: Sun Nov 15, 2009 12:40 pm

Re: Eland Bul

Post by tobie »

wel sal n paar mooi trofees maak
Jy kan maar hardloop, maar ek sien jou!!!
Post Reply