Forester wrote: Fri Feb 09, 2024 8:52 am
Pierre van der Walt verduidelik dit mooi in sy boek "African Dangerous Game Cartridges". Ek sal dit weer moet lees om die detail te onthou, maar dit kom daarop neer dat alle koeëls tuimel binne die dier en dit is wat dit so moeilik maak om 'n soliede koeël te kry om reguit te penetreer.
Die volgende is spesifiek van toepassing op expanding/soft koeëls. Hy verduidelik wat gebeur deur die Greenhill formule:
Twist = (150 x D2)/L
D2 = koeël deursnee in duim kwadraat
L = koeël lengte in duim
Water is 900 keer digter as lug en word gebruik as proxy vir die dier (omdat dit 80% water is). Wat dit beteken is dat dieselfde lengte koeël 30 keer vinniger moet draai binne in water om stabiel te wees. Die syfers wat hy gebruik as voorbeeld:
Unexpanded
Deursnee: 0,375”
Lengte: 1,507”
Twist vereis: 1:14
Lug stabiel draai/sekond: 2229
Water stabiel draai/sekond: 66870
Expanded:
Deursnee: 0,75”
Lengte: 0,747”
Twist vereis: 1:113
Lug stabiel draai/sekond: 276
Water stabiel draai/sekond: 8283
Wat ons dus help met reguitlyn penetrasie is die feit dat die koeël korter word, maar is geneig om te tumble/flip omdat dit so onstabiel is binne die dier voordat/terwyl die koeël oopmaak.
Ek hoop hierdie dra dit reg oor. Ek kan regtig hierdie boek aanbeveel.