Naand almal
Ek wil graag verneem of iemand asb kan help met n kontak of n kontak no wat werk by die mase .... plek.
My vrou kom van Brasiliee en ons is nou al 20 jaar getroud.In hierdie tyd kon ons nog nie suksesvol aansoek doen vir haar vir n permanente verblyfs permit nie.
Haar laaste aansoek is nou al 7 jaar hangende .
Sy het n geleentheid of vir haar werk oorsese oudits te doen maar haar visa en permit hou haar terug.
Dit neem nou alles in haar lewe oor en fustrasie het nou al n breekpunt bereik.Dit daar gelaat.
Ons dien nou elke 3 jaar n tydelike werks permit in en dit hou haar hier,maar dis elke keer onkoste,vigs toets ens ens.
As iemand asb weet van iemand wat daar werk of net n foon kan optel ,groot asb pm my.Geen telefoon nommers bestaan meer nie. Dit lui die een dag en die volgende dag is dit af en weg.
Ek sal dit bitter baie waardeer,
As die mods vind dat die post nie vanpas is nie en of nie op die regte plek is nie kan julle dit maar verwyder.
By voorbaat baie dankie
Johan
Ps ;Home affairs het so n groot backlog dat hulle besoekers wat se visas verstryk en wie dit graag wil verleng,aanmaan om eerder die land te verlaat voordat die aansoek ingedien word.
Dit volgens die Brasiliaanse konsulaat
Enough said
Home affairs Immigrasie kantore Johannesburg
-
afrikanerbloed
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Sat Dec 10, 2011 2:07 pm
-
afrikanerbloed
- Sr. Member

- Posts: 300
- Joined: Sat Dec 10, 2011 2:07 pm
Re: Home affairs Immigrasie kantore Johannesburg
Jammer
Ek het nagelaat om te noem dat dit is vir die immigrasie kontore,Johannesburg,glo die enigste kantoor in die land.
Ek is woonagtig in die Wes Kaap
Dankie
Johan
Ek het nagelaat om te noem dat dit is vir die immigrasie kontore,Johannesburg,glo die enigste kantoor in die land.
Ek is woonagtig in die Wes Kaap
Dankie
Johan
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Home affairs Immigrasie kantore Johannesburg
http://www.dha.gov.za/index.php/contact ... cal-office
Hulle noem dat hulle immigrasie aansoeke hanteer.
Hulle noem dat hulle immigrasie aansoeke hanteer.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 956
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Home affairs Immigrasie kantore Johannesburg
http://www.dha.gov.za/images/PDFs/DHA_S ... ressed.pdf
Kyk van bladsy 9 af verder.
Staatsdepartemente werk so:
Elke lui amptenaar is soos 'n eenrigting klep.
Die kleppe werk so dat as jy van onder af kla, klap die klep toe in jou gesig.
Jy moet dus op 'n hoër vlak kla, want van bo na onder maak die kleppe oop.
Kla dus en eskaleer dit elke keer na 'n hoër vlak.
Sodra diegene in hoër posisies gepla word, vra hulle vir die onder hulle wat gaan aan.
Dieselfde amptenaar wat jou ignoreer omdat hy/sy op ete wil gaan, spring nogal as die Streekhoofkantoor vra wat gaan hier aan.
Wanneer die amptenare weet jy los nie hulle optrede daar nie, maar verkla hulle, begin hulle om hulle werk te doen.
Ek het al telkemale ervaar dat as jy stilbly, wen die lui een wat nie sy of haar werk doen nie. As jy deurdruk en jou klagtes eskaleer, kom dit wel by iemand uit wat begin om vuur te maak onder die ondergeskiktes.
Maak dit duidelik aan elkeen by wie jy kla dat jy verwag hy/sy sal die probleem oplos, maar indien nie gaan jy dit met sy/haar baas opneem.
Dit werk nog altyd vir my.
Dit mag bietjie geduld verg, maar dit is duidelik die onderste klep klap al die laaste twintig jaar in jou gesig toe.

Baie dankie almal
Ek sal vanaand as ek tyd het gaan lees op daai bladsye
Dankie
Johan
Ek sal vanaand as ek tyd het gaan lees op daai bladsye
Dankie
Johan
- 3006
- Sr. Member

- Posts: 456
- Joined: Mon Jul 04, 2011 3:13 pm
Re: Home affairs Immigrasie kantore Johannesburg
Jy het n PM